Preek Opnames

Vind hier opnames van ons mees onlangse preke.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Christianity
83 Episodes
1 – 20

Erediens - 21 April 2024

Prediker: DJ Muller Teks: Handelinge 4 Tema: Hoe lyk mense wat geroep is? In die kerklike jaar, staan die vierde Sondag van Pase as Goeie Herder-Sondag óf Roepingsondag (Vocation Sunday) bekend. Dit is die Sondag waartydens kerke regoor die wêreld fokus op die feit dat Christus, die Goeie Herder, mense…
21 Apr 22 min

Erediens - 14 April 2024

Prediker: Nadia Muller Teks: Johannes 21:1-19 Tema: Jesus se aangenome kinders Ons is deur God gemaak en ons behoort aan Hom, maar sonde het ons kom wegruk. Jesus het ons opnuut kom aanneem as Sy eie. Nou leef ons as kinders van God. Vandag gesels ons oor wat dit vir…
14 Apr 25 min

Erediens - 17 Maart 2024

Prediker: Nicolette Bester Teks: Johannes 18:1 – 11 Tema: Bekers vol aggressie en bekers vol genade Nicolette is ‘n teologiese student aan die Fakulteit Teologie in Stellenbosch. As deel van teologiese studente se opleiding, moet hul tydens hul finale jare tydens eredienste, onder toesig van ‘n leraar, preek en die…
17 Mar 19 min

Erediens - 03 Maart 2024

Prediker: Dr. Coenie Burger Teks: Fil 3:1-10 Tema: Ons wil Jesus sien - Sy geskiedenis en ons getuienis oor Hom. Vandag gaan ons onder andere die misverstande rondom Jesus Christus ondersoek. Ons besef dikwels nie die sentrale rol wat Hy in die Christelike geloof beklee nie. 'n Breër begrip van…
3 Mar 38 min

Erediens - 18 Februarie 2024

Prediker: Nadia Muller Teks: Mat. 4 en 6 Tema: Om te vas of nie te vas nie... Lydenstyd is 'n belangrike periode van 46 dae in ons kerkkalender wat gewy word aan intensiewe besinning oor Jesus se kruisdood en opstanding. In vandag se tema hanteer ons die essensie van Lydenstyd,…
18 Feb 18 min

Erediens - 11 Februarie 2024

Prediker: Nadia Muller Teks: Mar. 10 & Mat. 18 Tema: Wie was Jesus vir die kinders van Sy tyd? In die antieke tyd het kinder die laagste denkbare sosiale status ervaar. Toe het Jesus gekom en die sosiale strukture van sy tyd uitgedaag en omgekeer, veral ook in hoe Hy…
10 Feb 17 min

Erediens - 04 Februarie 2024

Prediker: Nadia Muller Teks: Markus 8:27-31 Tema: “Wie sê julle is ek?” Ons skop ons jaartema, “Die jaar van JESUS”, met die volgende twee vrae af: - Wie WAS Jesus? - Wie IS Jesus? Dié twee vrae gaan kort-kort op die tafel kom in die volgende jaar, want ons moet…
4 Feb 23 min

Erediens - 12 November 2023

Prediker: Nadia Muller Teks: Luk. 5:1-11 Tema: 5de deug: Bruikbaarheid Elkeen van ons wil op ons sterfbed lê en voel “ek was bruikbaar” en “ek kon ‘n verskil maak”. Waar begin dit? Wat is die sleutel tot bruikbaarheid vir ons wat bely dat ons in Christus glo?
12 Nov 2023 29 min

Erediens - 05 November 2023 (Deaf Friendly + Doop)

Prediker: Nadia Muller Teks: Fil. 4:1-13 Tema: 4de deug: Tevredenheid (contentment) Wat presies is die ervaring van vrede/tevredenheid? Is dit net ‘n gevoel of iets wat ervaar word wanneer sekere dinge in plek val? Of is dit meer?
5 Nov 2023 37 min

Erediens - 29 Oktober 2023

Prediker: Nadia Muller Teks: 2 Petrus 1:1-15 Tema: 3rde deug: “Godliness” Wat beteken dit? Godsvresend, Goddelike natuur, lewe wat God dien, lewe met Godsvrug.   Dit is baie meer as net 'n morele en mooi lewe leef, dit gaan oor die besef dat God se teenwoordigheid in ons lewens blywend…
29 Oct 2023 27 min

Erediens - 15 Oktober 2023

Prediker: DJ Muller Teks: Gen. 18, Jer. 5 Tema: Betroubaarheid “Afstootlik vir die Here is vals lippe, maar hulle wat betroubaar optree geniet Sy goedkeuring.” God soek eerlike mense, mense wat eerlik is in alles wat hulle doen, mense wie se praat en stap dieselfde is, mense wat hul beloftes…
15 Oct 2023 31 min

Erediens - 08 Oktober 2023

Prediker: Nadia Muller Teks: Romeine 5:3-5 & 2 Samuel 22:29-35 Tema: Veerkragtigheid/Uithouvermoë Vir die volgende paar weke gaan ons gesels oor Christelike Deugde. In hierdie opname praat ons oor Veerkragtigheid/Uithouvermoë. Dit is goed om gesond te eet en te oefen, genoeg te rus en stiltes in jou lewe in te…
8 Oct 2023 33 min

Erediens - 01 Oktober 2023

Prediker: DJ Muller Teks: Rom. 12 Tema: “Ek wens ek was ’n monnik”   Ons praat oor hoe ‘n mens ‘n toegewyde gelowige kan wees, terwyl jy vergaderings moet bywoon, skool-kar ry, wasgoed was en rugby kyk.
1 Oct 2023 32 min

Erediens - 24 September 2023

Prediker: Nadia Muller Teks: Eks. 14 & Ps. 114 Tema: God gee die nodige, nie noodwendig die begeerlike.   God gee wat ons nodig het, en nie noodwendig wat ons wil hê nie. God se voorsiening is altyd eerste vanuit ‘n plek van liefde, dan mag. Vertrou ons werklik dat…
24 Sep 2023 30 min

Erediens - 10 September 2023 (Koninkryk Reeks - Deel 5)

Prediker: Nadia Muller Teks: Matteus 19:21-26 Tema: Opofferings in die Koninkryk van God Ons vra 2 belangrike vrae: 1. Wat in my lewe moet ek opoffer, wat keer dat ek met totale oorgawe aan God gehoorsaam kan wees? 2. Hoe lyk volmaaktheid in my oë vs God se oë?
10 Sep 2023 26 min

Deaf Friendly Erediens - 03 September 2023 (Koninkryk Reeks - Deel 4)

LW: Hierdie diens was Deaf Friendly. Terwyl Nadia preek, praat sy ook in gebare. Dit is die rede waarom dit anders as haar normale "preek-stem" klink. Prediker: Nadia Muller Teks: Matteus 18:1-5 Tema: KoningsKINDERS In God se Koninkryk is alles anders as in die wêreld. Die wêreld sê: “wees volwasse,…
3 Sep 2023 23 min
1 – 20