GROOTfm 90.5 Die Groot Trek

Die Groot Trek

Doepie hou van adrenalien, nuwe uitdagings en om altyd die gek te skeer. Hy is die tipe ou wat die grap in enige gesprek sal raaksien en uitwys maar kan self baie opgewerk raak oor situasies wat mense nie altyd wil aanspreek nie. Hy het tog ‘n sagte hart en sagte plek vir mense. Daar is nooit ‘n ‘dull moment’ saam met Doepie nie en mens is nooit regtig seker wat volgende gaan gebeur nie. Dit waarborg egter dat die #GrootTrek ‘n program is wat jou op die punt van jou stoel gaan hou vir ‘n volle drie ure.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
367 Episodes
24 – 44

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van - Haarstilis

Vandag kuier Luzaan De Kock van Hair by Luzaan by ons om te gesels oor haar loopbaan as haarstilis. Ons het ook n hele paar vrae oor die gesondheid van jou hare gevra en van lekker stories wat mens net in n salon sal vind.
19 Feb 37 min

#DieGrootTrek - H2A Boer Ruan kom kuier

Daar is soveel Suid-afrikaners wat al boer in die buiteland en na GrootFM luister dat ons nie meer kan byhou nie. Een van die Boere is Ruan en hy luister gereeld. Hy het vir Doepie en Nina kom kuier net so voor hy weer terugkeer Amerika toe en het kom…
16 Feb 19 min

#DieGrootTrek - Liezel van Intiem

Dis baie maklik om verlief te raak maar hoe bly 'n mens verlief. Dit is wat Liezel van Intiem kom bespreek asook ons heel eerste "Liewe Liezel" brief van n luisteraar af kry bietjie aandag.
15 Feb 28 min

#DieGrootTrek - SONA 2024 bespreking met Ayanda Alie van BOSA

Ayanda is die voormalige woordvoerder van minister van vervoer Fikile Mbalula en is huidiglik die kommunikasie bestuurder vir Build One SA. Ons gesels bietjie oor alles wat die president belowe het gedurende sy State Of The Nation speech laas week en wat die verkiesing moontlik vir ons kan inhou.
13 Feb 25 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van - BLOEMIS

Alan is ons eerste gas vir 2024 se dag in die lewe van. Hy is al vir jare n bloemis en het ook die inhuldiging van Madiba gedoen destyds asook Naas Botha se heel eerste Troue. Net voor valentynsdag gesels ons oor watse blomme die jaar gaan uitstaan en hoe…
12 Feb 27 min

#DieGrootTrek - Prof. Julie Coetzee oor goggas wat ons dam skoon maak.

Prof. Julie Coetzee is van die Rhodes Universiteit se sentrum vir Biologiese kontrole en doen al vir jare navorsing oor indringer plant spesies in ons damme en riviere. Sy gee vir ons meer inligting oor die toestand van die Vaal Rivier en Hartebeespoortdam en ook hoe die klein goggas wat…
6 Feb 59 min

#DieGrootTrek - Doepie word geskok (Groot Vrees 3)

So Doepie is nie baie lief vir elektrisiteit nie en met luisteraars wat gevra is om in te skryf vir Groot Vrees 3 het Sonet besluit dis n goeie idee as Doepie probeer een van sy vrese oorkom in die ateljee. Doepie was nie baie beindruk met die plan nie.
5 Feb 25 min

#DieGrootTrek - Peet Bothma roei 3000 myl!

Dit klink amper soos n horror movie, alleen in die see met niemand naby jou nie en jy moet op n klein roeiboot 3000 myl alleen aanpak deur storms en groot golwe om veilig by jou bestemming aan te kom. Wel dis dalk nie bedoel vir ons almal nie maar…
1 Feb 35 min

#JouGrootKuier - Kosie Beukes

Vir ons heel laaste Groot Kuier ooir het ons besluit om die 16 jarige Kosie Beukes te nooi om ons te kom bederf met bietjie boeremusiek en te vertel hoekom hy die tipe musiek wil bekendstel aan jong mense.
31 Jan 25 min

#DieGrootTrek - Grootgeld met Thys van Everest Wealth

Dis ons heel eerste inloer van die jaar saam met Thys van Zyl van Everest Wealth. Ons loer na al die gebeure van 2023 en hoor ook wat sy advies is vir jou finansies in 2024 en wat die jaar moontlik vir ons kan inhou.
30 Jan 24 min

#DieGrootTrek - Buitelandse Luisteraars gaan stem

Daar is soveel Suid-Afrikaners al in die buiteland dat indien hulle almal stem ons plaaslike verkiesing se uitslae 'n groot verandering kan inhou. Ons loer in by n paar van hulle en hoor of hulle gaan stem en of hulle weet wat die proses is om in die buiteland te…
25 Jan 25 min

#JouGrootKuier - Liezel Pieters

Die ongelooflike talentvolle Liezel Pieters kom loer weer in op die Groot Trek. Sy is 'n goeie vriend van die program en sy slaan elke keer asems weg as jy akoesties kom optree in die ateljee. Haar Roxette tribute show gaan aan die jaar en ons hoor wat 2024 vir…
24 Jan 31 min

#DieGrootTrek - Kubersekuriteit

Ons almal ken iemand wat se sosiale media blad dalk "Gehack" was. Mety tegnologie wat daagliks verander is dit nodig om te weet wat die gevaartekens is en hoe om jouself aanlyn veilig te hou. Jaco-Louis Kruger is Leier van Sisteme en Sekuriteit by Akademia en kom verduidelik n paar…
23 Jan 30 min

#DieGrootTrek - Frank Rautenbach

Ons het hom leer ken as Tiaan op 7de Laan, maar Frank Rautenbach het al naam gemaak in groot films plaaslik en internasionaal. Hy gesels vandag met Doepie en Nina oor sy 2 nuwe shows wat op TV is in SA en ook hoe hy n balans in sy lewe…
22 Jan 31 min

#DieGrootTrek - Brendan Peyper oor OP MY EISH

Die Seisoen 3 bachelor van Op My Eish, Brendan Peyper kuier by ons vandag. Ons hoor bietjie meer oor sy soeke na liefde, of hy die proses geniet het en Jo Black loer ook in om vir ons te vertel wat hy moes doen as Brendan se "Wingman".
18 Jan 28 min

#JouGrootKuier - Mari Bosman

Mari Bosman kuier in die ateljee vandag en vertel ons bietjie meer van hoe haar nuwe musiek wat later die jaar vrygestel gaan word die mark gaan oorvat.
17 Jan 22 min

#DieGrootTrek - Liezel van Intiem (Detox jou verhouding)

Nie net het ons nodig om na die lekker vakansie te detox nie maar ons kan ook die nuwe jaar afskop met 'n detox van ons verhouding. Liezel van Intiem kom loer in met 'n paar lekker praktiese wenke hoe om dit te doen en ook waarom dit nodig is.
16 Jan 35 min

#DieGrootTrek - Twenty4Seven Gesels met Doepie & Nina

Die band het vir hulself n groot naam gemaak in Suid Afrika met snitte soos "Slave to the music" en dit was ook die eerste cd wat Doepie gekoop het destyds met sy eerste sakgeld. GrootTrek span Doepie en Nina gesels met Nance, Jacks en Hanks oor hulle Retro Toer…
15 Jan 12 min
24 – 44