Boekkeuse

FINE MUSIC RADIO  |  Podcast , ±58 min episodes every 3 weeks, 5 days  |  Broadcast schedule  | 
Elke maand gesels Amanda met 'n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Dit word gekombineer met korter boekresensies en pragtige Afrikaanse treffers - sommige met 'n tikkie nostalgie wat ver terugreis na die verlede. Hierdie program is 'n moet vir elke boekwurm of liefhebber van Afrikaanse letterkunde.

Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
21
JUL

Boekkeuse - 21 July 2021

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Ons program vandag fokus op die digkuns –Immigrant, ‘n keur uit die gedigte van Elisabeth Eybers en Bester Meyer se vertaling, Die vlug van ‘n vreemdeling, van die Palestynse digter, Magmoed Darwiesj en Joan Hambidge se jongste bundel, Nomadiese sterre, kom ook aan die beurt.
Ook onder bespreking is Isa Konrad se roman, Toekomsmens, Pieter van Zyl se Verhale van hoop en Anton Mȕller se memoire, Ek onthou.
‘n Keur uit die werk van Elisabeth Eybers onder die titel Immigrant is deur Ena Jansen saamgestel. Dit is haar vierde bloemlesing uit Eybers se digkuns. Sy is nou aan die woord.
16
JUN

Boekkeuse - 16 June 2021

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Ons program vandag fokus op die digkuns – ‘n keur van gewyde gedigte word deur Helena Conradie en Christa Thom lees wat opgeneem is in ‘n DVD, God die Digter. Joan Hambidge bespreek twee digbundels Disteltyd van Marlies Joubert en Heenkoms van Meyer van Rensburg.
19
MAY

Boekkeuse - 19 May 2021

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Ons program vandag fokus op fiksie – twee romans onder bespreking, My naam is legio van Madelein Rust en Marita van der Vyver se ‘n Baie lang brief aan my dogter en S J Naudé se kortverhaalbundel, Dol heuning.
21
APR

Boekkeuse - 20 Apr 2021

Drie romans is onder bespreking, 'Rooiborslaksman' van Marinda van Zyl, Erwin Mortier se 'Wanneer die gode slaap' en Peet Venter se 'Dooies praat weer'.
Belangrik ook is drie nuwe digbundels wat bekend gestel word: Gerard Scholtz se 'Stipstaar' en Bernard Odendaal se 'Nootvas. Kwashaal. Stapel.' Joan Hambidge lees drie gedigte voor uit haar nuutste bundel, 'Nomadiese sterre', wat pas verskyn het. Jeugboeke kry ook aandag.
17
MAR

Boekkeuse - 17 March 2021

Ons program vandag fokus op fiksie – drie romans, Slagoffer van Francois Smuts, Hugo Claus se Verdriet in België, en Henda Olivier se Die goeie suster. Ook De Waal Venter se vertaling van Tomas Tranströmer se gedigte uit Sweeds. Kinder-en jeugboeke kry aandag, asook Richard Steyn se biografie oor genl. Louis Botha. Spesiaal vandag is ons bekendstelling van Joan Hambidge se jongste digbundel, Konfessies, kaarte en konterfeitsels, wat pas verskyn het.
17
FEB

Boekkeuse - 17 February 2021

Dis ‘n baie spesiale program vandag. Ons stel die CD Wasgoedlyn bekend met vyf liedjies daaruit en bied besprekings aan van Man uit die dode van Chris Karsten, Skadukant deur Rina Cloete, Skepsel van Willem Anker, Antjie Krog se versdrama, Oog op die môre en Nataniel se kortverhaalbundel Dun, dik, thin, thick. Ons kinder-en jeugboekprogram kry aandag, asook ‘n besondere niefiksie werk, Plekname van Suider- Afrika. Ons aanbieders is Joan Hambidge, Riette Rust, Nadea Victor en Amanda Botha.

8 episodes