#HoeNou?!

#HoeNou?! is 'n insiggewende oudioreeks wat allerlei alledaagse name, gebruike, kosse en dinge op 'n pittige manier ondersoek en verduidelik waar dit vandaan kom. Die reeks word ontwikkel en aangebied deur Su-an Müller-Marais (bekende radio- en TV-aanbieder) en Gerhard van Huyssteen (professor in taaltegnologie en Afrikaanse taalkunde aan die Noordwes-Universiteit). Die reeks word moontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning van Afrikaans.com en word tegnies versorg en versprei deur Maroela Media. Weeklikse episodes word op verskeie streekradiostasies uitgesaai en is beskikbaar op Afrikaans.com, Maroela Media en HoeNou.co.za.
Weekly Afrikaans South Africa Education
52 Episodes
24 – 44

Oor troupande en troupante

Die troupant is ʼn wonderlik veelkleurige voël wat inheems aan Afrika is. As jy Krugerwildtuin toe gaan, sal jy hulle dikwels in die droeër mopaniegrasvelde aantref. Maar hoekom skryf ons “troupant” met ʼn ⟨t⟩, terwyl ʼn trouring – wat ook ʼn “troupand” genoem word – met ʼn ⟨d⟩ geskrywe word?…
10 Sep 2021 12 min

Oor witvoetjie en skobbejak

As jy witvoetjie by ʼn skobbejak sou soek, sou jy die guns van ʼn ongunstige persoon wou wen. Maar waar kom hierdie woorde vandaan, en het hulle iets met mekaar gemeen? Kom ons delf dieper in ons interessante taal saam met Su-an en Gerhard.
3 Sep 2021 12 min

Wat is die verskil tussen poeding en nagereg?

Praat jy van malvapoeding of malvanagereg? Wat is die verskil tussen poeding en nagereg? Su-an en Gerhard gesels in hierdie aflewering oor die herkoms van dié twee woorde en hoe hulle van mekaar verskil.
27 Aug 2021 11 min

Oor kwêla, kwaito en ander dansmusiek

As jy ʼn klomp mense gelukkig wil maak, gee vir hulle musiek en laat hulle dans – veral Suid-Afrikaners – en die verskeidenheid onder ons reënboog is legio! Kom luister wat Su-an en Gerhard te sê het oor eg Suid-Afrikaanse danssoorte soos kwêla, kwaito, bokjol en sokkie.
20 Aug 2021 13 min

Wat is die oudste dans in Suid-Afrika?

Dans is waarskynlik so oud soos die mensdom self, indien nie ouer nie. Maar wat is die oudste dansvorm wat in Suid-Afrika bestaan. Su-an en Gerhard gesels in hierdie aflewering ook oor hoe dans in die menslike brein geprosesseer word.
13 Aug 2021 13 min

Hoekom dans mense?

Of jy nou dans met ʼn rooi rok, of dans op die tafels: Dans en die Suid-Afrikaanse kultuur is sinoniem met mekaar. Su-an en Gerhard gesels in hierdie aflewering oor hoekom mense dans en wat die oudste dansvorm in Suid-Afrika is.
6 Aug 2021 13 min

Om vir iemand in die bresse te tree

Wat beteken dit as jy sê Kolmuis vreet wasgoed? Of wat is die “bresse” in die idioom “om vir iemand in die bresse te tree”? Op Afrikaans.com se webwerf is pragtige visuele uitbeeldings van ’n hand vol Afrikaanse idiome. Su-an en Gerhard gesels oor ’n paar hiervan, asook waar enkeles…
30 Jul 2021 13 min

Waar kom kondensmelk vandaan?

Het jy ook kleintyd kondensmelk uit die blik gelê en suig? Of doen jy dit dalk steeds vandag? Su-an en Gerhard gesels oor die herkoms van kondensmelk en spesifiek ook oor daardie ander Suid-Afrikaanse gunsteling: gekookte kondensmelk.
23 Jul 2021 12 min

Om te sweet of nie te sweet nie

Waarskuwing! Sensitiewe ruikers mag hierdie inhoud aanstootlik vind. Min mense hou van die reuk van ou sweet. Ons gebruik dus allerlei middels om óf te voorkom dat ons sweet, óf om die reuk van sweet te verdoesel. Maar hoekom sweet ons, en wat is die verskil tussen deodorant en antiperspirant…
16 Jul 2021 14 min

Oor swernote en swerkaters

Die skelwoord “swernoot” is een van die oudste skelwoorde wat in Afrikaans opgeteken is. Oor "swerkater", daarenteen, weet ons bitter min. Su-an en Gerhard gesels oor die twee woorde se taboewaarde en waar hulle vandaan kom.
9 Jul 2021 11 min

Waar kom drake vandaan?

Hoe oud was jy toe jy vir die eerste keer van drake geleer het? En aan hoeveel flieks of stories kan jy dink waarin daar drake voorkom? Su-an en Gerhard gesels in hierdie aflewering oor waar hierdie mitiese gediertes vandaan kom en watter belangrike rol hulle steeds in ons moderne…
2 Jul 2021 11 min

Om die draak te steek

Waarom sê ons jy kan die dráák met iemand steek? En wat op aarde is die kluts wat jy so maklik kan kwyt raak? Op Afrikaans.com se webwerf is pragtige visuele uitbeeldings van 'n hand vol Afrikaanse idiome. Su-an en Gerhard gesels oor 'n paar hiervan, asook waar enkeles vandaan…
25 Jun 2021 12 min

Hoekom eet mense vis en tjips op Vrydae?

Ruil jy soms jou vleisie vir ʼn vissie? Vas jy tussen etes of op sekere dae? Die stryd tussen vleis en vis word al lank gevoer, en mense doen dit vir verskeie redes – van geloof tot gesondheid. Su-an en Gerhard gesels oor hoe een van die gebruike in die…
18 Jun 2021 11 min

Waar kom katte en honde vandaan?

Wat was ons eerste troeteldiere? Waarom sê ons “dit reën katte en honde”? Su-an en Gerhard gesels oor die oorsprong van ons bekendste troeteldiere en die herkoms van die woorde “kat”, “hond” en die Engelse “dog”.
11 Jun 2021 13 min

Oor feekse en rooikoppe

Ons vergeet dikwels van ouderwetse – en eintlik mooi – skelname soos “skurk” en “boef”, of “niksnuts” en “lieplapper”. Su-an en Gerhard gesels oor die woorde “feeks” en "helleveeg" se taboewaarde en waar hulle vandaan kom. Hulle vra ook of mense aanstoot neem as hulle die woorde "rooikop" en "wortelkop"…
4 Jun 2021 11 min

Waar kom Monopoly en brug vandaan?

Hou jy ook van bord- en kaartspeletjies? En wat is jou gunsteling? Tydens die grendelperiode in 2020 het baie gesinne opnuut speletjies soos Monopoly en brug ontdek. Su-an en Gerhard gesels oor die herkoms en gewildheid van dié twee bekende speletjies.
28 May 2021 12 min

Om te lieg soos ’n almanak

Weet jy hoe vertaal ons “like a bull in a China shop” in Afrikaans? Of wat dit beteken as iemand vir jou sê jou Saterdag is langer as jou Sondag? Of hoekom sê ons iemand lieg soos ʼn almanak? Op Afrikaans.com se webwerf is pragtige visuele uitbeeldings van 'n hand…
21 May 2021 12 min

Oor kerrievis en paasbolletjies

Herfstyd in Suid-Afrika bring eiesoortige geregte na ons tafels: gestoofde kwepers en vla; ligte soppe met seisoenale sampioene; konyn- of wildsvoëlpasteie. Dit is ook ʼn tyd wat veral geassosieer word met ingelegde kerrievis, maar wêreldwyd ook met paasbolletjies. Su-an en Gerhard gesels oor waar dié twee geregte vandaan kom.
14 May 2021 12 min

Oor die bekendste “star-crossed lovers” ooit

Die liefde is nie altyd maanskyn en rose nie, soos die vele verhale van gedoemde paartjies in die literatuur getuig: Romeo en Juliet, Lancelot en Guinevere, Tristan en Isolde, en Mark Anthony en Cleopatra. Su-an en Gerhard praat oor waar die uitdrukking “star-crossed lovers” vandaan kom, en hoe ons vandag…
7 May 2021 14 min

Wie was Don Juan en Casanova?

Daar is baie Afrikaanse woorde vir mans wat rokjagters is, soos “casanova”, “don juan”, “gigolo”, “pierewaaier” en “haantjie”. Maar wat noem ons die vroulike teenhanger van ʼn rokjagter? Su-an en Gerhard gesels oor die herkoms van al hierdie woorde en soek saam-saam na ʼn geslagsneutrale term.
30 Apr 2021 13 min
24 – 44