#HoeNou?!

#HoeNou?! is 'n insiggewende oudioreeks wat allerlei alledaagse name, gebruike, kosse en dinge op 'n pittige manier ondersoek en verduidelik waar dit vandaan kom. Die reeks word ontwikkel en aangebied deur Su-an Müller-Marais (bekende radio- en TV-aanbieder) en Gerhard van Huyssteen (professor in taaltegnologie en Afrikaanse taalkunde aan die Noordwes-Universiteit). Die reeks word moontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning van Afrikaans.com en word tegnies versorg en versprei deur Maroela Media. Weeklikse episodes word op verskeie streekradiostasies uitgesaai en is beskikbaar op Afrikaans.com, Maroela Media en HoeNou.co.za.
Weekly Afrikaans South Africa Education
52 Episodes
12 – 32

Oor doktore en lektore

Die persepsie bestaan soms dat universiteitsmense vreeslik gesteld is op hulle titels, terwyl ander mense nie ʼn snars omgee oor die verskil tussen ʼn lektor en ʼn dosent, of tussen ʼn professor en ʼn doktor nie. Su-an en Gerhard gesels oor universiteitsberoepe, -poste, -titels en -aanspreekvorme.
3 Dec 2021 14 min

Waar kom "mos" vandaan?

As daar mos nou een woord in Afrikaans is wat hoegenaamd nie maklik in Engels vertaal kan word nie, is dit die woord “mos”. Su-an en Gerhard het na die oorsprong van dié veelsydige Afrikaanse woord gaan soek.
26 Nov 2021 11 min

Hoekom het ons neusmukus?

Party mense sê ʼn mens mag nie in ordentlike geselskap jou neus snuit nie, laat staan nog snuif. Maar wat nou gemaak as die vog in jou neus wil uit? Wat doen jy dan? Su-an en Gerhard klets oor ʼn potensieel taai en onooglike onderwerp: neusslym.
19 Nov 2021 12 min

Wat is die duiwel se oorkussing?

Wat het jy geleer is die duiwel se oorkussing? Nuuskierigheid? Ledigheid? Luiheid? En waarvoor is die duiwel bang? Vir ʼn knapsak, aambeeld of slypsteen? Speel saam met Su-an, terwyl Gerhard haar idioomkennis op proef stel.
12 Nov 2021 11 min

Waar kom katjiebotter vandaan?

Hoe gereeld eet jy en jou gesin heerlike toebroodjies met grondboontjiebotter en stroop? Of het dit ʼn taboe geword in ons gesondheidsbewuste samelewing? Hoe dan ook, Su-an en Gerhard praat oor die oorsprong van grondbone en grondboontjiebotter.
5 Nov 2021 13 min

Hoekom nies 'n mens?

Is jy een van daardie mense wat hard en duidelik nies, of onderdruk jy jou nies so goed as moontlik? Het jy geweet dat dit gevaarlik kan wees om jou nies te onderdruk? Su-an en Gerhard verken enkele mites en waarhede oor nies.
29 Oct 2021 13 min

Oor strooijonkers en blommemeisies

In tradisionele troues is die bruidsgevolg uitgebreid: van die ouers van die bruid en bruidegom, tot die strooimeisies en strooijonkers, blommemeisies en hofknapies. Is daar ʼn rede vir so ʼn groot gevolg? Su-an en Gerhard maak troupraatjies en verklap waarom bruidsmeisies eintlik almal soos die bruid moet lyk.
22 Oct 2021 13 min

Oor bruide en bruidegomme

Om verloof te raak en voor die wet te trou, is ʼn kulturele gewoonte wat in Antieke Egipte ontstaan het. Su-an en Gerhard verken in hierdie episode die herkoms van twee van die belangrikste deelnemers aan ‘n troue: die bruid en bruidegom.
15 Oct 2021 10 min

Hoekom drink ons heildronke?

By troues en ander feeste drink ons graag ʼn heildronk op iemand. Maar wat het “dronk” met “heildronk” te make, en waarom sê ons “gesondheid” terwyl ons ‘n glasie klink?
8 Oct 2021 13 min

Wat is die "malva" in malvapoeding?

Maak jou ma of jou skoonma die beste malvapoeding? Eet jy ooit in ʼn restaurant malvapoeding, of is dit eintlik heiligskennis? En wat van malvalekkers? Moet dit die gewones wees, daai met die gebakte klapper om? Su-an en Gerhard gesels oor die “malva” in “malvapoeding” en “malvalekkers”.
1 Oct 2021 14 min

Waarom dra bruide wit?

In Westerse kulture word daar meestal in wit trourokke getrou, maar dit was nie altyd so nie. Su-an en Gerhard gesels oor verskillende kulture se trougewoontes en waar die wit trourok vandaan kom.
24 Sep 2021 10 min

Waar kom shiraz vandaan?

Wat is jou gunstelingrooiwynsoort? Iets Frans soos shiraz, of dalk ʼn Argentynse malbec? Of wat van ʼn eg Suid-Afrikaanse pinotage? Kom klink ʼn glasie saam met Su-an en Gerhard, terwyl hulle gesels oor die herkoms van shiraz en pinotage.
17 Sep 2021 12 min

Oor troupande en troupante

Die troupant is ʼn wonderlik veelkleurige voël wat inheems aan Afrika is. As jy Krugerwildtuin toe gaan, sal jy hulle dikwels in die droeër mopaniegrasvelde aantref. Maar hoekom skryf ons “troupant” met ʼn ⟨t⟩, terwyl ʼn trouring – wat ook ʼn “troupand” genoem word – met ʼn ⟨d⟩ geskrywe word?…
10 Sep 2021 12 min

Oor witvoetjie en skobbejak

As jy witvoetjie by ʼn skobbejak sou soek, sou jy die guns van ʼn ongunstige persoon wou wen. Maar waar kom hierdie woorde vandaan, en het hulle iets met mekaar gemeen? Kom ons delf dieper in ons interessante taal saam met Su-an en Gerhard.
3 Sep 2021 12 min

Wat is die verskil tussen poeding en nagereg?

Praat jy van malvapoeding of malvanagereg? Wat is die verskil tussen poeding en nagereg? Su-an en Gerhard gesels in hierdie aflewering oor die herkoms van dié twee woorde en hoe hulle van mekaar verskil.
27 Aug 2021 11 min

Oor kwêla, kwaito en ander dansmusiek

As jy ʼn klomp mense gelukkig wil maak, gee vir hulle musiek en laat hulle dans – veral Suid-Afrikaners – en die verskeidenheid onder ons reënboog is legio! Kom luister wat Su-an en Gerhard te sê het oor eg Suid-Afrikaanse danssoorte soos kwêla, kwaito, bokjol en sokkie.
20 Aug 2021 13 min

Wat is die oudste dans in Suid-Afrika?

Dans is waarskynlik so oud soos die mensdom self, indien nie ouer nie. Maar wat is die oudste dansvorm wat in Suid-Afrika bestaan. Su-an en Gerhard gesels in hierdie aflewering ook oor hoe dans in die menslike brein geprosesseer word.
13 Aug 2021 13 min

Hoekom dans mense?

Of jy nou dans met ʼn rooi rok, of dans op die tafels: Dans en die Suid-Afrikaanse kultuur is sinoniem met mekaar. Su-an en Gerhard gesels in hierdie aflewering oor hoekom mense dans en wat die oudste dansvorm in Suid-Afrika is.
6 Aug 2021 13 min

Om vir iemand in die bresse te tree

Wat beteken dit as jy sê Kolmuis vreet wasgoed? Of wat is die “bresse” in die idioom “om vir iemand in die bresse te tree”? Op Afrikaans.com se webwerf is pragtige visuele uitbeeldings van ’n hand vol Afrikaanse idiome. Su-an en Gerhard gesels oor ’n paar hiervan, asook waar enkeles…
30 Jul 2021 13 min

Waar kom kondensmelk vandaan?

Het jy ook kleintyd kondensmelk uit die blik gelê en suig? Of doen jy dit dalk steeds vandag? Su-an en Gerhard gesels oor die herkoms van kondensmelk en spesifiek ook oor daardie ander Suid-Afrikaanse gunsteling: gekookte kondensmelk.
23 Jul 2021 12 min
12 – 32