FINES4U

VOLUME  |  Series , ±21 min episodes total time 1 hr 05 min  | 
Almal ken daardie hulpelose gevoel wanneer die kamera langs die pad vir jou flits. Jy glimlag beslis nie. Die rompslomp daarna laat ‘n mens selfs meer hulpeloos voel. Hulp is egter byderhand. Cornelia van Niekerk het die lig gesien en lewer ‘n unieke diens om boetes vir jou, of jou besigheid, pynloos te bestuur. Ontmoet Fines4U.
AFRIKAANS Read by Willem Le Roux South Africa Automotive · Government

Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Apple Podcasts

This channel is available on iTunes. Follow the above link to subscribe to it in your iTunes application or the Apple Podcast application.

Player.fm

This channel is available for listening in the Pocket Casts web player, or via the iOS and Android Pocket Casts applications. Follow the above link to listen on Pocket Casts.

Pocket Casts

This channel is available for listening in the Pocket Casts web player, or via the iOS and Android Pocket Casts applications. Follow the above link to listen on Pocket Casts.

Spotify

This channel is available on Spotify. Follow the link above to view episodes on Spotify.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
01

Episode 1: Wie en wat is FINES4U?

Jacques Basson gesels met Willem le Roux, bemarkingsbestuurder van Fines4U, ‘n maatskappy wat verkeersboetes administreer namens ‘n verskeidenheid van maatskappye en private instansies.

Fines4U onderhandel ook om korting te beredder vir boetes en bied ‘n diens in terme van die betaling daarvan, sowel as die hernuwing van lisensies.

Willem praat ‘padlangs’ (verskoon die woordspeling) oor AARTO, die Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe wat gebasseer is op ‘n puntestelsel om verkeersoortredings meer effektief te probeer bekamp.

Die hoofdoel is om ‘n vereenvoudigde toepassing van padverkeerswette beskikbaar te stel, met vasgestelde bedrae vir spesifieke verkeersoortredings.

Die landswye implementering van die wet is intussen uitgestel weens COVID-19
02

Episode 2: Verskille tussen boetes aan 'n maatskappye en 'n individue

In die tweede aflewering van Jacques Basson se onderhoud met Willem le Roux van Fines4U, bespreek hy die diens wat Fines4U lewer aan maatskappye, sowel as die tegniese verskille tussen die wetlike aspekte t.o.v verkeersboetes wat uitgereik word aan maatskappye en individue.

Wanneer maatskappye kwessies optel in terme van verkeersboetes wat deur werknemers of drywers opgeloop word, kan dit groot probleme en administratiewe nagmerries vir ‘n besigheid tot gevolg hê.

Dit kan verál ‘n kopseer veroorsaak vir maatskappye wat oor baie voertuie besit wat heeltyd op die pad is.

Fines4U spesialiseer daarin om boetes wat deur maatskappye opgeloop word op te los, en tree selfs as gevolmagtigde vir maatskappye op, voordat dit lei tot lasbriewe vir inhegtenisneming of die besigheid se vloot lamlê.
03

Episode 3: FINES4U se suksesverhale en kostestrukture

Die derde en laaste episode van hierdie reeks van onderhoude, fokus op die suksesverhale van Fines4U oor die afgelope 14 jaar, sowel as die maatskappy se kostestrukture.

Van Fines4U se groot korporatiewe kliënte sluit in WeBuyCars, Mercedes Benz SA en McCarthy Toyota Sinoville.

Cornelia van Niekerk, stigter en eienaar van Fines4U, is ‘n vurige kampvegter vir geregtigheid wanneer dit kom by verkeersaangeleenthede, en het al by drie geleenthede onderskeidelik RTIA, wat boetes namens AARTO uitreik, en Johannesburg Metropolisie (JMPD) suksesvol hof toe gesleep.

Die publiek het intussen voordeel getrek uit dié hofuitsprake, aangesien nie minder nie as 50 miljoen AARTO-boetes in 2018 teruggetrek is!
Volgens Willem le Roux is dit juis die kaliber diens, en gemoedsrus, wat Fines4U-kliënte ontvang.

3 episodes