Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
24
OCT

Geloof van grondvat 24 Oktober 2021

Ons staan op die vooraand van nog ‘n verkiesing in Suid-Afrika. Baie mense wonder: Vir wie moet hulle stem? Baie vra: Kan die Kerk my nie hierin help en leiding gee nie? Behoort die predikers oor politiek te preek en Christene te help in hulle keuse vir wie om te stem?
17
OCT

Geloof wat grondvat 17 Oktober 2021

Daar is rykes en armes in elke samelewing. Op straathoeke staan bedelaars met plakkate om die nek, en in duur moters ry ander by hulle verby. Die maatskaplike en finansiële ongelykheid, veral in Suid-Afrika, laat ‘n mens wonder of God sommige mense ryk maak en ander arm?
10
OCT

Geloof wat grondvat 10 Oktober 2021

Die nuusmedia berig daagliks oor moorde wat in die land plaasvind. Gesinsgeweld kom gereeld voor, en eindig dikwels in die dood van een of ander gesinslid. Dit sluit ook kinders in. Waarom gebeur hierdie dinge?
03
OCT

Geloof wat grondvat 3 Oktober 2021

Volgens statistieke het Suid-Afrika een van die hoogste egskeidingssyfers in die wêreld. Waar lê die fout? Trou mense oorhaastig, of weet hulle nie hoe om die regte lewensmaat te kies nie?
27
JUN

Geloof wat grondvat 27 Junie 2021

Wanneer mense die woord meditasie gebruik, dink baie aan Oosterse mistieke praktyke waar jy in spesifieke posisies moet sit en met die spirituele wêreld om ons gesels. Vanuit kerklike kringe word daar ook gepraat van Christelike meditasie, maar bestaan daar werklik so iets?
20
JUN

Geloof wat grondvat 20 Junie 2021

Die spreekwoord lui, Hy is ‘n aartjie na sy vaartjie, bedoelende dat die kind baie soos sy pa optree. Dit bring mee dat die voorbeeld en invloed van ‘n pa in ‘n gesin baie groot is. Maar is dit nog vandag so waar pa’s dikwels vir lang tye afwesig is, en ma’s die rol van pa’s moet oorneem?
13
JUN

Geloof wat grondvat 13 Junie 2021

Dit lyk soms of die kerk en godsdiens vir baie jongmense in die daaglikse lewe van min belang is. In vergelyking met skool, sosiale media, populêre vermaak, sport en ander afleidings, is kerk nie altyd aanloklik nie en dikwels nie ter sake vir hulle nie. Wat is dan, volgens jongmense, fout met die kerk?
06
JUN

Geloof wat grondvat 6 Junie 2021

In Openbaring verwys die syfers 666 na die teken van die “Dier” en volgelinge van die Antichris. Met die uitbreek van die Coronavirus is daar mense wat daardie syfers verbind met die entstof teen die virus as sou dit in die hand van die Antichris speel. Hoe moet ons dit verstaan?
30
MAY

Geloof wat grondvat 30 Mei 2021

Deur die eeue was daar baie rampe, soos ook nou met die Coronavirus-pandemie. Dit laat Christene met vrae soos: God is die Skepper van die heelal - waarom laat Hy sulke dinge toe wat ellende oor mense bring?
23
MAY

Geloof wat grondvat 23 Mei 2021

In die godsdienstige wêreld word die woord “geloof” baie gebruik. Maar wat word daarmee bedoel, en het geloof gegroei of getaan tydens die Covid-tydperk? Daarby lyk dit of die Bybel sê dat ons soos kinders moet glo. Wat beteken dit?
16
MAY

Geloof wat grondvat 16 Mei 2021

Die Latynse spreekwoord sê: Ora et Labora. Dit beteken Bid en werk.  Wetenskaplikes werk aan ‘n doeltreffende entstof teen die coronavirus, en Christene bid dat God hulle moet beskerm daarteen. Wat is die verhouding tussen geloof en wetenskap in hierdie tyd?
09
MAY

Geloof wat grondvat 9 Mei 2021

Met die Covid-19-pandemie wat wêreldwyd ‘n bedreiging is, het baie mense hulle inkomste verloor en word gemeenskappe verarm. Dit beïnvloed ook die kerke wat van mense se finansies afhanklik is. Is die ou manier van kerkhou steeds relevant om mense met die Bybelboodskap te bereik, of het dit tyd geword om aan nuwe bedieningsmodelle te dink om te bly voortbestaan?

43 episodes

« Back 1—12 More »