Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
04
MAY
8am

DA vra weer dat Mega ontbind word

Die DA het weer 'n beroep gedoen op die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme om die Mpumalanga-agentskap vir ekonomiese groei te ontbind.
LPW Bosban Grobler sê die gekonsolideerde algemene verslag oor oudituitslae wat op 31 Maart vrygestel is, wys Mega is amper vier-honderd-persent in die rooi.
Hy sê die party is regtig bekommerd dat hulle nie hul mandaat kan uitvoer nie, omdat hulle ‘n daadwerklike verskil kan maak in Mpumalanga.
04
MAY
7am

Drie Nellies deur na Nasionale Toneelspel-finaal

Drie leerlinge van Hoërskool Nelspruit het na die finale rondte van die Nasionale Toneelspelkompetisie deurgedring.
Sumari Naudé (graad 12), Megan Bester (graad 11) en Ronel Basson (graad 9) is onder die 82 finaliste wat gekies is om van Donderdag tot Saterdag daaraan deel te neem in Kaapstad.
Bykans 500 deelnemers van regoor die land het aan die uitdunrondtes deelgeneem.
Frances van Niekerk, sê dit is ‘n besonderse prestasie om drie deelnemers in die finaal te hê.
04
MAY
6am

Poskantoor hoopvol oor heropening van takke

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor hoop dat kwessies met persele wat hulle huur, binnekort opgelos sal wees.
Woordvoerder, Johan Kruger, het bevestig dat Village-poskantoor in Mbombela tans ook gesluit is na die eienaar die huurkontrak beëindig het.
Landwyd is verskeie poskantore al meer as 'n maand gesluit omdat hulle nie hul huur betaal nie.
Volgens Kruger kan Village-kliënte se pakkies by die Nelspruit-poskantoor in die middedorp afgehaal word.
Sonpark- en West Acres-poskantore werk ook met die hand. Sonpark-poskantoor se krag is afgesny, weens die dispuut oor die huur.
04
MAY
4am

Verdagte gesoek na drawwer verkrag word

‘n Verdagte word deur die polisie gesoek wat ‘n 33-jarige drawer verlede week rondom Mataffin verkrag is.
Volgens brigadier Leonard Hlathi is die vrou Woensdag oorrompel en verkrag.
Sy het haar bewussyn verloor. Die aanvaller het haar in ‘n rivier gegooi. Sy het bygekom en kon uitkom en hulp ontbied.
Haar horlosie is gesteel. Die polisie ondersoek ‘n saak van roof en verkragting.
Enigiemand met inligting is gevra om 079-256-4208 te kontak.
03
MAY
6am

Adjunkminister lig Makhonjwa se geologiese belang uit tydens besoek

Adjunkminister van toerisme, Fish Mahlalela, het tydens ‘n twee-dag besoek aan die area verlede week die Makhonjwa-bergreeks, besoek om plaaslike toerisme te bevorder om die bedryf te probeer red.
Hy sê daar is nog nie finaliteit oor presies hoe om die Wêreld-erfenisgebied maksimaal aan te wend as toerisme-aantreklikheid nie.
Die MTPA moet nog met dié konsep opkom.
Mahlalela sê wel dat die area se geologiese belang 'n fokusarea behoort te wees.
03
MAY
2am

Vermeende rower deur Valke vasgetrek

‘n 31-jarige man wat gekoppel word aan die mislukte roof van ‘n G4S-geldwa op 1 April, is Donderdag deur die Valke gearresteer.
Die geldwa was ten tyde van die aanval tussen Dwarsloop en Thulamahashe vergesel deur die polisie.
Volgens kaptein Dineo Sekgotodi word die verdagte ook gekoppel aan ander sake, insluitende kapings en roof wat sedert 2017 uitgevoer is.
Hy sal na verwagting vandag in die hooggeregshof verskyn en Woensdag in die Mhala-hof.
03
MAY
2am

Vrou in hof na sy haar man glo vermoor

‘n 39-jarige vrou sal na verwagting vandag in die Mkhuhlu-landdroshof verskyn vir die moord op haar man.
Volgens kolonel Donald Mdhluli het sy na bewering Saterdag in Goromani Trust, naby Hazyview, haar 42-jarige man dood gesteek.
Hy is deur paramedici op die toneel dood verklaar.
Die waarnemende polisiekommissaris, majoor-generaal Thulani Phahla, het die voorval ten sterkste veroordeel.
21
APR
6am

MTPA staking is verby

MTPA-bestuur en die provinsiale leiers van Nehawu sal na verwagting vandag die ooreenkoms onderteken waarvolgens werknemers se griewe aangespreek sal word.
Die onwettige staking deur werknemers van die agentskap is gister, na twee weke, afgelas. Al die reservate wat toe was, is heropen vir besoekers.
MTPA-woordvoerder, Kholofelo Nkambule, sê ‘n taakspan wat saamgestel is uit lede van die vakbond en MTPA-bestuur, maak vordering met die lang lys kwessies.
21
APR
3am

Drie verdagtes ontsnap uit polisieaanhouding

Drie mans het Maandag uit polisieaanhouding ontsnap by die Volksrust-landdroshof.
Hulle sou verskyn op klagte van sakeroof en besit van ‘n gesteelde voertuig.
Vier mans het aanvanklik ontsnap, maar een is herarresteer.
‘n Polisiebeampte is in die proses met sy eie dienspistool geskiet. Hy is tans in die hospitaal saam met nog twee lede wat beseer is.
‘n Mannejag is geloods na Jima Dube, Sandile Gasa en Emmanuel Sibanda.
21
APR
2am

Driejarige dood in huisbrand in Belfast

‘n Driejarige dogtertjie is Maandagaand dood toe haar hut, in Siyathuthuka naby Belfast, afgebrand het.
Volgens kolonel Donald Mdhluli was die ma was uitstedig. Met haar terugkeer was die hut in vlamme.
Twee ouer kinders kon ontsnap.
Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag en kinderverwaarlosing teen die ma.
Vrydag is twee niggies van sewe- en agt-jaar oud in Masoyi dood toe hul huis afgebrand het.
20
APR
11am

NHS se Phillip Vogel Suid-Afrika se tienkamp-kampioen

NHS se veelsydige graad-elf-leerling, Philip Vogel, het die naweek in Pretoria kenmerkende Nellie “guts” gewys deur in agt van die tien items in sy tienkamp, koning te kraai.
Sodoende het hy sy grootste uitdager, Marko Foord van Sentraal-Gauteng, die loef afgesteek.
Philip se totale punte (volgens Atletiek Suid-Afrika se punte-tabel) in die tien items was 5210, teenoor Foord se 4242.
Mireille het met hom oor sy uitsonderlike prestasie gesels.
20
APR
6am

Nooddienste eersdaags meer beskikbaar in Hazyview

Daar is opwindende verwikkelinge op die mediese horison vir Hazyview.
Die area kry eersdaags ‘n noodkamer wat ingerig sal wees om kritiek siek pasiënte te kan behandel.
Dr. Kobus Hugo, wat onlangs die ontslape dr. Robbie Nel se praktyk op die dorp oorgeneem het, sê dit is baie meer as wat tans in die dorp beskikbaar is.
Dit sal die pasiënt die behandeling gee wat hulle benodig tot ‘n ambulans met ‘n paramedikus hulle hospitaal toe kan neem.

299 episodes

« Back 13—24 More »