100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld PODCAST

100.5FM Radio Laeveld PODCAST

As dit in die Laeveld gebeur is dit op jou radio, 100.5FM familie Radio Laeveld in Mpumalanga, Suid Afrika.
Occasionally Afrikaans South Africa Entertainment News · Music Interviews
340 Episodes
12 – 32

Oe-ê-ê Karin: Fliekkyk in die groot stad

Karin is in die groot dorp vir haar dogter se netbalproewe en hulle gryp die geleentheid aan om eers inkopies te doen voor hulle besluit om 'n bietjie te gaan fliek.
9 Jun 2023 3 min

Musiekdebat: Kris Ray

Kris Ray kuier vandag in die ateljee saam met Amanda om te gesels oor sy gunstelinggenres en inspirasies.
8 Jun 2023 3 min

Sonop gaan Bos met aalwyne

SANRAL se beplande P166 ringpad na die R40 suid tussen Witrivier en Mbombela is moontlik terug op die kaarte, maar kry weereens baie teenkanting uit die Witirivier-gemeenskap. Duncan MacKenzie gesels met Sonop Ontbyt oor die kritiek bedreigde aloe simii wat endemies is aan die Laeveld van Mpumalanga.
7 Jun 2023 16 min

Laeveld Ervaring: David Mabunda verkies tot nuwe KLCBT-president

David Mabunda, die voormalige uitvoerende beampte van SANParke, is gister verkies tot president van die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT). Hy sal vir twee jaar dien. Linda Grimbeek vertel vir Mireille dat hulle ook twee spesiale gesante aangestel het om die werk wat hulle reeds jare namens die…
7 Jun 2023 23 min

GRIP Survival 101: Ep. 8

Fareeda Mashaba is in beheer van bewusmaking by The Greater Rape Intervention Programme (GRIP), sowel as om slagoffers van geslagsgebaseerde geweld te voorsien van al die nodige sorg wat hulle benodig. Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP, sê geslagsgebaseerde geweld is duidelik aan die toeneem, terwyl al hoe meer…
31 May 2023 35 min

Laeveld Ervaring: Nuwe raad vir KLCBT

‘n Nuwe president moet volgende week deur die nuwe raad verkies word vir die KLCBT. Uitgaande president, Sandra Jacobs, mag nie herverkies word nie omdat iemand nie twee agtereenvolgende termyn mag dien nie. Linda Grimbeek, hoof operasionele beampte van die Kruger-Laeveld-sakekamer, gesels met Robin oor die nuwe raad wat vir…
31 May 2023 29 min

Sonop gaan Bos by Chimp Eden

Sonop Ontbyt gesels Woensdae oor bewaring op 100.5FM. Vandag kuier Jana Swart van Chimp Eden by Gerhardt in die ateljee. Luister weer hier.
24 May 2023 14 min

Musiekdebat: Lize Krause

Die klassieke sangeres Lize Krause is Henry-John se gas in Musiekdebat hierdie week. Hulle gesels seekos, rugby en nog wat. Luister weer hier.
19 May 2023 3 min

Sonop gaan Bos by Tshukudu-wildreservaat

Tshukudu-wildreservaat by Hoedspruit bestaan al 45 jaar. Deesdae hervestig hulle ook jagluiperds in die wild. Sonop Ontbyt vind meer uit by David Sussens. Luister weer hier:
17 May 2023 7 min

GRIP Survival 101: Ep. 7

Kinders word ook deur die huishoudelike geweld wat teen hul ouers gepleeg word, geraak en om dita aan te spreek het The Greater Rape Intervention Programme (GRIP) die Hearts not hands-kampe van stapel gestuur. Sibongile Ndlovu vertel saam met Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP, vir Johanné Strydom meer…
16 May 2023 25 min

GRIP Survival 101: Ep. 6

Sou jy die slagoffer word van seksuele geweld moet my mediese sorg kry. Dr. Sentene Goosen van City Health Nelspruit verduidelik waar ‘n mens begin om gesondheidsorg te bekom, hoekom jy binne 72 uur lewensreddende medikasie moet kry, en waar jy ‘n aanval aan kan meld. Sy gesels saam met…
16 May 2023 21 min

Hoe om na 'n ouer met Alzheimer se siekte om te sien

Hoe nou gemaak met ‘n ouer of grootouer met demensie of Alzheimer se siekte waarna jy moet omsien? Elria Erasmus, die streeksbestuuder van Adasa (Association for Dementia and Alzheimers of South Africa) in Mpumalanga gesels met Charles.
12 May 2023 15 min
12 – 32