Unlock Radio Baasraak saam Coach Freek

Baasraak saam Coach Freek

Freek Vermaak se aangrypende lewensverhaal het aan hom die platform gebied om al vir 22 jaar ‘n inspirasie te wees vir baie. Dit bemoedig oud en jonk in tronke, skole, rehabilitasie sentrums, sport spanne, kerke en besighede met ‘n kragtige boodskap van hoop!

Freek se van is nie verniet, Vermaak nie. Hy is passievol om vermaak aan mense te verskaf wat hulle verfris en geestelik, liggaamlik en emosioneel opbou en versterk. Dit is Freek se doelwit in die lewe om sy gawes en talente te gebruik om God te verheerlik en om mense aan die Here Jesus Christus voor te stel. Freek is tans die aanbieder en vervaardiger van die 'Baasraak saam Coach Freek' Potgooi (Podcast) program. Op die program gesels hy met mede baasraakers oor hoe hulle, hul omstandighede, uitdagings, probleme en terugslae in hulle lewe baas geraak het deur God se genade.

Nuwe episodes word weekliks opgelaai. Teken in op sy kanaal om seker te maak jy mis nie uit
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity Narrated by Coach Freek se bedieningsspan en sy vriende en vennote
52 Episodes
1 – 20

Baasraak saam Coach Freek 21 Feb 2024

Luister na Coach Freek se Radio Program "Baasraak" wat elke weeks oggend tussen 6-7uur op Unlock Radio uitgesaai word. Die episode was opgeneem by die Beaufort Wes Korrektiewe Sentrum
28 Feb 1 hr 09 min

Jou Gereedskapkas - Menzo Strauss

Luister na die Potgooi Episode van Coach Freek se Radio Program "Baasraak" wat elke weeks oggend tussen 6-7uur op Unlock Radio uitgesaai word.
9 Feb 55 min

Besoek aan Oudtshoorn Vroue Korrektiewe Sentrum - 10 Desember 2023

Ons het 'n lieflike tyd gehad binne die Oudtshoorn Vroue tronk. Omtrent al die vroue het saam my gebid en die Here Jesus aangeneem as hulle Verlosser en Here. Baie dankie vir almal se boodskappies en gebede. Die dames het dit baie geniet en waardeer
11 Dec 2023 2 hr 03 min

Die Here het 'n weg vir my gemaak - Adrian Meyer.

Coach Freek gesels met Adrian Meyer. Adrian het bekend gestaan as ‘n gewoonte misdager en was vir baie jare tronk toe gestuur. Daar was egter vir Adrian 'n Weg uit die lewe van misdaad en geweld.Maak seker jy luister na Adrian se storie en om dit dan met almal wat…
29 Nov 2023 1 hr 25 min

Die Here het my "Ytgesort" - Sollie Staggie

Coach Freek gesels die week met Sollie Staggie. Sollie is die jonger broer van Rashied Staggie. Rashied was die leier van die berugte Hard Livings bende gewees. Rashied is op 13 Desember 2019 in Soutrivier doodgeskiet. Sollie was ook 'n bende baas en dwelmhandelaar gewees. Sollie was in 1999 skuldig…
2 May 2023 1 hr 45 min

Herstellende Geregtigheid - Dr. Charles Flaendorp

Freek Vermaak se aangrypende lewensverhaal het aan hom die platform gebied om al vir 22 jaar ‘n inspirasie te wees vir baie. Dit bemoedig oud en jonk in tronke, skole, rehabilitasie sentrums, sport spanne, kerke en besighede met ‘n kragtige boodskap van hoop! Freek se van is nie verniet, Vermaak…
30 Mar 2023 1 hr 24 min

Watter erfenis gaan jy vir jou kinders nalaat? - Ferdinand Ewerts

Coach Freek gesels die week met Ferdinand Ewerts van Oudtshoorn. Ferdi se droom as kind was om 'n soldaat te word. Jy huislike omstandighede het hom genoodsaak om die skool te verlaat op 'n baie jong ouderdom. Ferdie en van sy vriende het 'n bende begin vir goeie redes, maar…
3 Feb 2023 1 hr 03 min

'n Leunstoel van hoop - Coach Freek Vermaak

Ek nooi al my mede Baasraakers om na die Potgooi te luister. Ek was bevoorreg om die 26 Januarie 2023 saam my mede boetas van die Manne van die Woord Boksburg te kuier op Zoom. Ek het so bietjie van my reis met limfoon kanker verlede jaar met hulle gedeel…
2 Feb 2023 47 min

"My meisie het 'n bullet vir my gevat" - Jonathan Bezuidenhoudt

Coach Freek gesels die week met Jonathan Bezuidenhoudt. Jonathan was bevooreg om in ‘n huis groot te word waar die Here gedien was. Sy ma is oorlede toe hy 11 jaar oud was. Dinge het toe begin om skeef te loop vir hom. Verkeerde vriende het sy goeie opbrings begin…
28 Jan 2023 1 hr 26 min
1 – 20