Cape Pulpit 729AM Get up & Go Breakfast - Family Prayer - Rudi Nagel

Get up & Go Breakfast - Family Prayer - Rudi Nagel

Rudi is 'n man wat daarvan hou om dit wat hy uit die Woord en uit die lewe leer, met ons te deel. Rudi doen dit elke Dinsdag oggend met 'n nuwe tema wat ons gebedslewe sal versterk.
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
186 Episodes
1 – 20

Rudi Nagel - Bottelbrush Bababoompie

Trotse ouers voel dikwels oorweldigende vreugde by hul kleinding se eerste verjaarsdag. 'n Selfs nog meer standhoudende vreugde is ons s'n, wanneer ons besef ons lewens is gewas, gesterilliseer met Jesus se vergifnis. Beter as enige borsel, Hy was witter as sneeu.
26 Mar 10 min

Rudi Nagel - Eikeboom Eersgeborene

Vandag se gesprek is vir my baie spesiaal. Dit bring vir my kosbare onthou van ons eerste swangerskap, geboorte en pienkvoet prins.... Ons het almal 'n "Rakker" streep in ons, maar net soos 'n eikeboom Akkers dra om voort te plant, kan ons ook Oaks of Righteousness voortbring.
19 Mar 10 min

Rudi Nagel - Denne Deining

Die deinng van Denne bome in stormwind, kan herinner aan die gedruis van die see. Die deining van 'n slapende baba koppie op moederbors is tekenend van vrede. Laat hierdie twee uiteenlopende beelde jou herinner dat jy die deining van Vader se hart kan voel, selfs wanneer die lewenstorms rondom…
12 Mar 10 min

Rudi Nagel - Hier Daar en 'n ent Verder die Bosse in

Ook in 1993 was die lewe vol veranderinge en was baie van ons swerwers. Vandag se "boom"" help my om te besef dat reisigers kan Tuiskoms vind. Al bly daar omwentelinge rondom ons gebeur, kan ek tot ruste kom. Nie 'n Ent vorentoe nie, maar hier en nou .
27 Feb 10 min

Rudi Nagel - Blinkoog Blinkbaar

Die wag-'n -Bietjie Blinkblaar Doring boom is aan die woord. In 1992 was ek jonk en hiper-aktief. In 2024 is ek ouer, wyser en hiper-dankbaar. Blinkblaar aktiwiteit kan groei tot blinkhaar genade…
20 Feb 10 min

Rudi Nagel - Doring Bekoring

In die mooie Bosveld is daar baie Soetdorings, Knoppiesdorings, en ook Haak-en-Steekdorings. Voel dit asof jou lewe meer dorings as hele Springbokvlakte het? Psalm 91 herinner jou dat die Here 'n skild, 'n vlerk en 'n donsveer van beskerming bied, te midde van die steke van die lewe.
13 Feb 10 min

Rudi Nagel - Nuuskierige Noem-Noem

Ons Vader Noem jou Sy geliefde. Wat Noem jy Hom? Hy is fassineerend, is jy nuuskierig genoeg om uit te vind hoekom? En anders as vanag se boom, die veldvrug noemnoems, los ons tye met Hom nooit 'n bitter smaak in ons mond nie.
6 Feb 10 min

Rudi Nagel - Begaafde Boomklim

In hierdie broos gesprek deel ek hoe Vader my vashou, selfs toe ek kies om van die stewigste takke in my lewensboom te laat los …
30 Jan 9 min

Rudi Nagel - Dwergbroodboom Dissipelskap - 23 Jan 2024

Die dertig sentimeter hoë Dwergbroodboom herinner ons dat ook ons lewens drome gedisspel kan word. Jou waarde lê nie in jou posisie en status nie. Hy stap 'n pad met jou. Deel van hierdie pad behels vir my dat ek een of meer vertrouelinge toelaat om in elke deel van…
23 Jan 10 min

Rudi Nagel - Kameeldoring Kibbutz

Geleerde Bybelkenners het die voorreg om baie agtergrond kennis te kon opdoen, Maar elke Kaalvoet Klonkie het volle toegang tot ons Vader. Hy wil Homself aan ons elkeen bekend maak. Gaan jy saam op ontdekkingsreis?
16 Jan 10 min

Rudi Nagel - Uitkap en Uitsien

Ondankbare klagtes en ontevredenheid kom spontaan by ons op, soos indringerbome. Vroeg in die nuwe jaar, en elke dag hierna, het ons die keuse om aan te hou of op te hou. Kom ons vervang indringers met met 'n uitsien verwagting: Wat gaan ons Goeie Vader volgende doen?
9 Jan 9 min

Rudi Nagel - Rateltaai Rosyntjiesbos:

Dra 'n Rosyntjiebos Rosyntjies? Het 'n Ratel 6 wiele of 4 pote? Daar is die begeerte om te weet: wat is feite, wat is flaters ? En dan is daar soms die verlange om soms te wil vergeet. Daar is dalk tydelike vergeet wat 'n oormaat drank kan bied, maar…
12 Dec 2023 10 min

Rudi Nagel - Rosa Rosarium

"To tree or not to Tree'' is iets wat ons vir die Roos "Boom" vra. ''To soldier or not to Soldier for our country'', is 'n vraag wat ek as jong man eintlik moes gevra het. Verblindende patriotisme het my destyds verhoed om te vra waarom ek die wapen opneem…
5 Dec 2023 10 min

Rudi Nagel - Apiesdoring Applous

My goeie skoolvriend se jong jare was dikwels vol aapstreke. Ek en hy woon 'n Jeugkongres in Washington DC by. Sedertdien vervang onbaatsugtigheid my vriend se onnutsigheid. Kom staan onder die Apiesdoring om te hoor…
21 Nov 2023 9 min

Rudi Nagel - Kiaat Katalis

"A Tree is a seed that took a stand!" My beginjare met die Here, was loop, val, opstaan en dan maar weer omval. 'n Katalis het my gehelp om te staan en te groei. Hierdie katalis is eenvoudiger , tog ingrypender as verwag... Ek deel so graag hierdie saad met…
14 Nov 2023 9 min

Rudi Nagel - Terwyl Geen meisie wil vertoef, wil elke Mango Groove.

Ek en my skool maats is enkel lopend, mango's is asemrowend en Mango groove is ooglopend. Tussen al hierdie Lopende sake, Staan baie verhoudings in ons lewens en in ons land stil. Hou op om te probeer beïndruk en beheer en begin eerder saam geniet, saam move en groove.
7 Nov 2023 10 min

Rudi Nagel - Pere of Gewere, voel ek dan Vere?

Terwyl ek en my spierwit skoolmaats onder 'n peerboom gestaan en praat het oor meisies en dinge, was my bruin en swart tydgenote dikwels aan gewere en gevare op hul skoolterrein blootgestel…
31 Oct 2023 10 min

Rudi Nagel - Om te Stamboom

Om te Stamboom 'n Groot deel van wie ek is, het te make met my herkoms en ook met my voorouers. Ek leer egter nog daagliks dat ek meer is as net 'n afstammeling. Ek is ook ingeënt…
24 Oct 2023 10 min

Rudi Nagel - My Nooi is in 'n Nartjie

Drie Digters gee rigting aan ons gesprek. Die eerste digter met pen en papier. Die ander twee digters is met penwortel en blomme versier.
17 Oct 2023 15 min
1 – 20