KOPSKUIF

Kopskuif creates a platform where role-players can be heard. You can expect interviews with school principals, learners, parents, educational experts, external role players in education and educators. Education is everybody's responsibility and we want everyone to get involved. A project in partnership with the ATKV. The ATKV believes that education is everybody’s responsibility.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Education
202 Episodes
1 – 20

KOPSKUIF - Melanie Marais, projekorganiseerder van die ATKV

24.02.2024 - Melanie Marais, projekorganiseerder van die ATKV, gesels oor hoe ATKV-DigiProjekte opwindende en innoverende geleenthede skep vir individue om hul kreatiewe vaardighede op ’n skeppende manier uit te leef. Belê in jouself, belê in jou toekoms en wees die verskil.
24 Feb 35 min

KOPSKUIF - Reinette Lombard - Tippie-reeks

17.02.2024 - Reinette Lombard, medeskrywer van die reeks, oor leesontwikkeling. Die Tippie-reeks, waarmee kinders speel-speel en op ’n prettige wyse kennis opdoen, is vanjaar al tien jaar op die rakke. Twee nuwe Tippie-reekse het pas geland.
17 Feb 38 min

KOPSKUIF - Chareldine van der Merwe - Vriende van Afrikaans

10.02.2024 - Die Vriende van Afrikaans (VVA) is 30 jaar oud. Luister gerus op 10 Februarie, wanneer Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die VVA, op Kopskuif gesels oor die VVA se drie dekades van stories. Geluk aan die VVA met hierdie mylpaal – die verskil wat daagliks landwyd gemaak…
10 Feb 43 min

KOPSKUIF - Vanessa Clarke

20.01.2024 - Op 20 Januarie gesels Vanessa Clarke, ’n geregistreerde dieetkundige, op Kopskuif. Kom luister gerus hoe Vanessa idees deel vir terug-skool-toe-kosblikke. Sy gesels ook oor haar passie om gesinne en individue te help om hul liggame te koester met voedsel wat hulle goed oor hulself laat voel.
20 Jan 39 min

KOPSKUIF - Zuléka Smit - Bekroonde skrywer en motiveringspreker

13.01.2024 - Op 13 Januarie gesels Zuléka Smit, opvoeder en graadhoof by Klein Boishaai in die Paarl en bekroonde skrywer en motiveringspreker, op Kopskuif. Ben gaan skool toe, ’n pragtige storie oor die onsekerheid van skool toe gaan, is onlangs met ’n ATKV-Woordveertjie bekroon. Hierdie boek is gebaseer op Zuléka…
13 Jan 42 min

KOPSKUIF - BrainTribe

30.12.2023 - Wat kry jy as jy neurowetenskap en emosionele intelligensie met mekaar kombineer? Die antwoord is BrainTribe, ’n kreatiewe program wat van die neurowetenskap kinderspeletjies maak. Die BrainTribe-projek is die geesteskind van Manie Botha en Stefaans Burden en is gebore uit die gewaarwording van hoe swaar jongmense emosioneel kry.
30 Dec 2023 30 min

KOPSKUIF - Mpumi Rakhudu

23.12.2023 - KOPSKUIF - Mpumi Rakhudu, wenner van die ATKV-Redenaarskompetisie in die kategorie Afrikaans Addisionele Taal (graad 10-12) gesels oor sy passie vir praat. Die rol wat Mpumi se familie in sy lewe speel, en hoor wat sy drome is.
23 Dec 2023 19 min

KOPSKUIF - Liezel Kloppers-Pelser

16.12.2023 - KOPSKUIF - Liezel Kloppers-Pelser is ’n ervare bedryfsielkundige en ook die stigter en eienaar van die Cultivate-bedryfsielkundepraktyk. Sy gesels oor haar passie om individue en leiers by te staan om hul potensiaal te ontwikkel. Sy deel gedagtes oor naasteliefde en selfliefde, selfkennis, persoonlikheid, spanwerk en persoonlike ontwikkeling.
16 Dec 2023 46 min
1 – 20