Hoe nou?!

GROOTFM 90.5  |  Podcast , ±10 min episodes every 1 week, 1 day  |  Broadcast schedule  | 
Kom breek jou brein saam met Su-an "Prikkelpop" Müller-Marais en Gerhard "die Professor" van Huyssteen, wat gesels oor die herkoms, benaming en betekenis van allerhande alledaagse goed. Hoe nou?! dek alles - van die herkoms van toffies tot die taboewaarde van ouderwetse skelwoorde soos feeks en vabond.
Maandae, regstreeks op #SuanEnSoAan, GROOTfm 90.5, DSTV audiokanaal 820.

Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Player.fm

This channel is available for listening in the Pocket Casts web player, or via the iOS and Android Pocket Casts applications. Follow the above link to listen on Pocket Casts.

Pocket Casts

This channel is available for listening in the Pocket Casts web player, or via the iOS and Android Pocket Casts applications. Follow the above link to listen on Pocket Casts.

Spotify

This channel is available on Spotify. Follow the link above to view episodes on Spotify.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
01
JUN

Bou 'n Brug en speel Monopoly - HoeNou?! 1 Junie 2020

Su-an bieg dat sy 'n Brug-verslawing tydens die grendelperiode in 2020 ontwikkel het, en Gerhard hou ook amper ongesond baie van bordspeletjies. Waar kom bordspeletjies (soos Monopoly) en kaartspeletjies (soos brug) vandaan? En wat is die gewildste speletjie? Bieg en speel saam!
20
APR

Hiert, jou swernoot!

“Swernoot” is een van die oudste skelwoorde wat in Afrikaans opgeteken is. Gerhard verduidelik hoe om dié woord se taboewaarde uit te werk, en Su-an besef dat dié woord gelukkig nie meer dieselfde betekenis het as 200 jaar gelede nie, want sy gebruik dit graag... Vind meer uit - klik hier!
06
APR

"Feeks" en ander ouderwetse skelname

Ons vergeet dikwels van mooi ouderwetse skelname soos skurk en boef, niksnuts en lieplapper, maaifoedie en lunsriem. Su-an en Gerhard gesels oor die woord “feeks” se taboewaarde en waar dié woord vandaan kom.
#skel #vloek #skelnaam #feeks #swernoot #skobbejak
vloek.co.za
30
MAR

Nuus oor Nies #Gesondheid #BlessYou

Talle skreeusnaakse meme doen die rondte oor mense se reaksies as hulle iemand hoor hoes of nies. Su-an en Gerhard gesels oor waarom ʼn mens in Engels gewoonlik “Bless you” sê, maar in Afrikaans “Gesondheid”, asook oor die redes waarom ons nies.
23
MAR

Epidemie, Pandemie, Pandemonium - Hoe nou?!

Weet jy wat is die verskil tussen 'n pandemie, epidemie, endemie, sindemie en infodemie?
Te midde van die COVID-19-krisis wat tans (Maart 2020) wêreldwyd heers, hoor ʼn mens dikwels woorde soos “epidemie”, “pandemie” en “endemie”. Su-an en Gerhard pluis die terme uit mekaar, sodat almal beter kan verstaan wat die verskille nou eintlik is.
#uitbreking #koronavirus #COVID-19
16
MAR

Vleisvrye Vrydae

Die gebruik om te vas speel in baie gelowe en denominasies ʼn sentrale rol in godsdiensbeoefening. Su-an en Gerhard gesels oor hoe een van die gebruike in die Rooms-Katolieke Kerk belangrike kulturele, politieke en ekonomiese gevolge gehad het. #Kos #Kerk #Vas #Vis
09
MAR

Herfskos #Paasbolletjie #Kerrievis

Herfstyd in Suid-Afrika bring eiesoortige geregte na ons tafels: gestoofde kwepers en vla; ligte soppe met seisoenale sampioene; konyn- of wildsvoëlpasteie. Dit is ook ʼn tyd wat veral geassosieer word met ingelegde kerrievis, maar wêreldwyd ook met paasbolletjies. Su-an en Gerhard gesels oor waar dié twee geregte vandaan kom.
#herfs #Paasfees #Ramadaan #Vastyd #kos #ingelegdekerrievis; #paasbolletjie
02
MAR

Hoekom "Herfs"? #HoekomNie

Su-an en Gerhard gesels oor die herkoms van seisoenname, spesifiek oor #herfs en #lente, en hoe dit staan teenoor die Engelse woorde #autumn en #spring. #Seisoene
24
FEB

Haai, Casanova!

Daar is baie Afrikaanse woorde vir mans wat rokjagters is, soos casanova, don juan, gigolo, pierewaaier en haantjie. Maar wat noem ons die vroulike teenhanger van ʼn rokjagter? Su-an en Gerhard gesels oor die herkoms van al hierdie woorde en soek saam-saam na ʼn geslagsneutrale term. #Liefdesmaand #Februarie
Meningspeiling: flerrie Vloek-projek
17
FEB

Die mees gedoemde paartjie ooit

Die liefde is nie altyd maanskyn en rose nie, soos die vele verhale van gedoemde paartjies in die literatuur getuig: Romeo en Juliet, Lancelot en Guinevere, Tristan en Isolde, en Mark Anthony en Cleopatra. Su-an en Gerhard praat oor waar die uitdrukking “star-crossed lovers” vandaan kom, en hoe ons vandag maklik die Engels van Shakespeare verkeerd kan verstaan. #Liefdesmaand #Februarie
10
FEB

Die bekendste liefdesverhaal ooit

Wat is die liefdesverhaal wat al die meeste kere opgeteken is (uiteraard in verskillende vorme en tale, met verskillende karaktername, verskillende detail, ens.)? Su-an en Gerhard gesels oor liefdesverhale en wanneer hierdie mees vertelde liefdesverhaal die eerste keer opgeteken is. #Februarie #Sprokies #MaandVanLiefde

16 episodes

« Back 1—12 More »