US Woordfees Toyota US Woordfees 2020

Toyota US Woordfees 2020

Oudergewoonte pak knap gesprekvoerders 'n reeks kontroversiële onderwerpe met bekende kenners.
Daily Afrikaans South Africa News · Government
27 Episodes
12 – 27

BOEKKLUB: DIE MUSIEK VAN ‘DIE DAO VAN DAAN VAN DER WALT’

Andries Buys alias Lodewyk G du Plessis gesels met Danie Marais Aangebied deur Tafelberg Hy’s die man van die uur, die debutant wat in 2019, op 80, elke liewe literêre prys van die jaar ingepalm het. Oudregter Andries Buys het onder die skuilnaam Lodewyk G du Plessis geskryf. Maar dit…
10 Mar 2020 12PM 1 hr 16 min

YUSUF DANIELS: DIE COLOURED LAAITIE VAN DIE FLATS

Met: Schalk Bezuidenhout Aangebied deur Jacana Media Dis snaaks en dis hartseer, dit laat jou uitbars van die lag en ’n traan afvee. Living Coloured (Because Black and White Were Already Taken) het op Facebook begin. Maar gou het dié sketse van Yusuf Daniels oor die Kaapse Vlakte in die…
10 Mar 2020 11AM 55 min

PIETER DU TOIT: DIE STELLENBOSSE MAFIA

In gesprek met Ryk van Niekerk Aangebied deur Jonathan Ball Publishers Wie is die “Stellenbosch-mafia” wat so kort-kort in die Steinhoff-stories opduik? Pieter du Toit, skrywer van The Stellenbosch Mafia: Inside The Billionaires’ Club, en Sake24- arbeidsverslaggewer Jan de Lange bespreek vrae soos hoekom die irritasie met die Stellenbosch-biljoene, wie’s…
10 Mar 2020 9AM 1 hr 02 min

MAGIESE MADAGASKAR

Met: Catherine du Toit, Naòmi Morgan en Johanna Steyn Aangebied deur die Agence Universitaire de la Francophonie ’n Geniale, maar haas onbekende digter van Madagaskar se poësie lei tot ’n grensverskuiwende, veeltalige vertaalprojek tussen Afrikaans, Engels en Frans, wat veral wys op die besondere affiniteit tussen Frans en Afrikaans. Catherine…
10 Mar 2020 8AM 51 min

HERMANN GILIOMEE: ‘MAVERICK’ AFRIKANERS

Met: Albert Grundlingh Aangebied deur Tafelberg Suid-Afrika se top-historikus rig in Maverick Africans sy vlymskerp blik veral op dit wat ongewoon is aan die relatief klein groep Afrikaners. Die NG Kerk se invloed op apartheid, die buitengewone rol wat Afrikanervroue gespeel het, ontplooiing in die staatsdiens, en die vraag oor…
10 Mar 2020 6AM 57 min

BOEKKLUB: 50 JAAR MET FRED

Met: Bun Booyens as gesprekleier, Tony Leon en ander Aangebied deur Jonathan Ball Publishers Die Burger en Fred Mouton is soos vis en tjips of spek en eiers. En g’n wonder nie – dié spotprenttekenaar is al ’n hele 50 jaar by die koerant. Bun Booyens, oudredakteur en samesteller van…
9 Mar 2020 12PM 1 hr 01 min

SUNA VENTER GEDENKLESING

Gelewer deur Quinton Adams Die joernalis Suna Venter, wat in 2017 op 32-jarige ouderdom aan Gebroke Hart sindroom (streskardiomiopatie) dood is, het as lid van die sogenoemde SABC 8 opgestaan teen sensuur by die SABC. Saam met haar sewe kollegas ontvang sy die Nat Nakasa-prys vir mediavryheid – maar betaal…
9 Mar 2020 11AM 54 min

MADAM & EVE – 25 YEARS LATER

Aangebied deur Jacana Media Ouma met haar jenewertjie, Kleinsus voor die TV en Eve wat kommentaar van agter die strykplank mompel... Ná meer as 25 jaar verruil die ikoniese Madam en Eve-strokie die koerant vir die rekenaarskerm. Maar hul papierboeke verskyn nog, en met hul jongste, The 4th Revolution, op die rak, vertel –…
9 Mar 2020 6AM 1 hr 02 min

HOF TOE!

Johann Kriegler, Thuli Madonsela en Dennis Davis gesels met Andreas van Wyk Aangebied deur Jonathan Ball Publishers Is ons howe die nuwe politieke slagveld? Johann Kriegler, Thuli Madonsela en Dennis Davis bespreek dié verskynsel met Andreas teen die agtergrond van die dramatiese toename in oënskynlik politieke geregtelike veldslae waarna Lawfare…
9 Mar 2020 5AM 52 min

DANA SNYMAN: SOEKMEKAAR

Met: Johannes de Villiers Aangebied deur Kwela ’n Stuk of 50 stories waarin Dana Snyman besin oor enigiets van Donald Trump tot ’n 40ste skoolreünie, van sy kennismaking met Eugène Terre’Blanche tot die Bogosi-gesin wat by hom gewoon het op Jacobsbaai. Hy vertel hoe mense na mekaar probeer uitreik in…
7 Mar 2020 7AM 48 min

Ramaphosa's Long Game

Cheryl Carolus, Anthony Butler en Ralph Mathekga gesels met Adriaan Basson Aangebied deur Jacana Media Ons president is by ’n kruispad wat verreikende gevolge vir die land kan hê. Cheryl Carolus, Anthony Butler en Ralph Mathekga bespreek sy grootste uitdagings en moontlike strategie. Cheryl is ’n sakevrou en voormalige uitvoerende…
7 Mar 2020 5AM 1 hr 11 min
12 – 27