Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
13
MAR
8am

DIE GROOT DEBAT

Is daar ’n plek vir klassieke liberalisme
in Suid-Afrika? Herman Pretorius van
die Instituut vir Rasseverhoudinge en
prof. Christi van der Westhuizen van
die Nelson Mandela Metropolitaanse
Universiteit deurgrond dié vraag in ’n
een-tot-een debat. Piet Croucamp sal
die gesprek fasiliteer.
13
MAR
5am

DIE SEE SPOEG STORIES

Meg Vandermerwe, Kirby van der
Merwe en Jolyn Phillips gesels met
Thys Human

Aangebied deur Penguin Random House
en Human & Rousseau

Die verbitterde kreefsmous Hendrik se
ontdekking van ’n meermin op ’n verlate
strand aan die Weskus is die begin van
’n anderse seerkry-liefdesverhaal in
Meg Vandermerwe se Die vrou van die
klippesee, terwyl Jolyn die hartseer,
swaarkry, maar ook liefde en vasbyt
van Gansbaai se vissersgemeenskap
verwoord in die delikate Tjieng-tjang
tjerries. Saam in gesprek met Thys
Human is Kirby van der Merwe, wat
Meg se oorspronklik Engelse storie in
Weskus-Afrikaans laat lewe.
13
MAR
5am

DIE UNIVERSITEIT IN ’N TYD VAN KRISIS

Suid-Afrika staan voor talle skynbaar
onoorkombare uitdagings: faksie gevegte in die regerende party,
verlammende opposisie-politiek,
sosiaal-ekonomiese ongelykheid,
toenemende rasse-polarisering en
geweld. Is Suid-Afrika se openbare
universiteite hoegenaamd nog toegerus
om intellektuele leiding te gee in wat per
slot van rekening ook ’n krisis in sosiale
verbeelding is?
12
MAR
12pm

BOEKKLUB: ALBA BOUWER 100 – RIVIERPLAAS SE MA

Met: Elna van der Merwe as
gesprekleier; Mila Guy lees voor

Aangebied deur Tafelberg

Op 16 Maart 2020 sou Alba Bouwer
100 jaar oud wees. As ’n huldeblyk
word die ikoniese Rivierplaas-omnibus
herdruk en eksklusief by die Woordfees
bekend gestel. Twee van haar sewe
stiefkinders, Leon Coetzee, wat van
kleuterdae af deur Alba grootgemaak
is, en Jan Hofmeyr, wat saam met haar
op Riversdal gewoon het, deel van die
familie se herinneringe aan dié geliefde
kinderboekskrywer wat nooit haar eie
kinders gehad het nie. Gaste kan dan
luister na ’n voorlesing uit Stories van
Rivierplaas, Nuwe stories van Rivierplaas
en Stories van Ruyswyck deur Mila Guy.
12
MAR
9am

WANNEER HARE ‘MINCE’ ... EN KINDERS DROOM

Met: Riana Scheepers, Bianca Flanders
en Dale Blankenaar

Ure met die stryktang, saans met die
swirlkous, maar steeds mince jou hare
by die eerste teken van reën... Aktrise
Bianca Flanders het al as Lola, haar
alternatiewe verhoogpersoonlikheid,
mense laat skater met staaltjies oor
’n jong bruin vrou se verhouding met
haar hare. Sy vertel vir Riana Scheepers
hoekom sy Prinses Pampoenpit met
sy rebelse klein hoofkarakter juis ’n
prenteboek wou maak. Daarna vertel,
en hou die prenteboekillustreerder
Dale Blankenaar ’n video-vertoning oor
hoe prenteboeke letterlik “lewendig”
word op die eksotiese Nami-eiland. Dié
Koreaanse eiland word elke jaar tydens
Nami Councourse, die internasionale
prenteboek-illustreerderkompetisie,
in ’n kinderboek-fantasieparadys
omskep waar besoekers selfs tussen
3D-karakters uit die wenners se boeke
kan rondloop. Dale was een van 2019
se drie hoofwenners.
12
MAR
8am

RONELDA KAMFER & NATHAN TRANTRAAL: TWEE DIGTERS TESAME

In gesprek met Louise Viljoen
Aangebied deur Kwela

Met Chinatown en Oo’log publiseer die
Trantraals, Ronelda Kamfer en Nathan,
vir die eerste keer (amper) saam. In hul
onderskeie bundels ondersoek Ronelda
geslagspolitiek, vrouemishandeling en
die gebroke verhouding tussen ’n dogter
en pa; en Nathan, oorlogvoering, ook
in die persoonlike, intieme ruimte. Hoe,
wil Louise Viljoen weet, maak hulle ’n
huweliksverhouding, kind grootmaak én
skep onder een dak werk?
12
MAR
6am

ANNELIE BOTES (EN DIE OU GRYSE): KAMMALAND

Aangebied deur Penguin Random House

Die supergewilde Annelie Botes is terug
met haar jongste boek, Kammaland.
Sy en die ou gryse vertel vir die eerste
keer sáám hoekom hulle besluit het om
die Engelse kanaalpad te vat, reg in die
snerpende winter in, en hoe kwaai dit hul
44 jaar van saamwees getoets het.
12
MAR
5am

REZA DE WET – TEATERPIONIER

Met: Temple Hauptfleisch, Marisa Keuris
en Danie Stander; Dawid Minnaar en
Susan Coetzer lees voor

Aangebied deur die SA Akademie vir
Wetenskap en Kuns, en Protea Boekhuis

Reza de Wet was skaam dog vreesloos,
’n Vrystaatse dramaturg bekend vir
haar ontginning van magie, illusie en
seksualiteit. Temple Hauptfleisch en
Marisa Keuris, samestellers van dié
huldigingsboek, en Danie Stander, wat
vir sy PhD wyd gesels het met mense
wat haar goed geken het, vertel meer
van dié merkwaardige kunstenaar. Susan
Coetzer en Dawid Minnaar lees voor uit
Diepe grond, die grensverskuiwende
verhoogstuk met Alba Bouwer se Stories
van Rivierplaas as vertrekpunt, waarin
hulle as jong akteurs die hoofrolle
gespeel het.
12
MAR
5am

JEANNE GOOSEN: ’N LEWE VOL SINNE

Sandra Prinsloo gesels met
Petrovna Metelerkamp

Aangebied deur Hemel & See Boeke

’n Boek oor die lewe en werk van een van
Afrikaans se mees geliefde skrywers, Ons
is nie almal so nie se Jeanne Goosen, het
pas verskyn. Sandra Prinsloo, ’n jarelange
vriendin van Jeanne, gesels met uitgewer
Petrovna Metelerkamp oor dié unieke
versameling, wat ’n biografie deur
Petrovna bevat asook radio-onderhoude,
artikels, ongepubliseerde gedigte,
stories, aantekeninge uit notaboeke,
briewe, foto’s, onderhoude met vriende,
los gedagtes...
12
MAR
5am

VOICES FROM THE UNDERGROUND

Met: Shirley Gunn, Shanil Haricharan,
Haroon Gunn-Salie e.a.

Onder Apartheid het gewone mense
die buitengewone stap geneem om hul
lewens toe te wy aan die vryheidstryd.
Wat het gelei tot hierdie stap? Hoe dink
ons in post-apartheid-Suid-Afrika oor
politieke aktivisme? In hierdie gesprek
praat voormalige lede van Umkhonto
we Sizwe, die samestellers van die boek
Voices from the Underground, Shirley
Gunn en Shanil Haricharan, en ’n nuwe
generasie aktiviste oor die betekenis van
politieke opstand, gister en vandag.
11
MAR
6am

HEINZ MÖDLER: EN DAAR WAS DAGGA

Met: Louis Awerbuck, Andreas van Wyk,
Churchil Naudé en RIku Lätti

Aangebied deur Naledi

Skrywer en mediese dokter Heinz
Mödler, sielkundige Louis Awerbuck,
regsgeleerde Andreas van Wyk, digter
en rapper Churchil Naudé en musikant
Riku Lätti bied ’n mini-daggapartytjie
in woord, musiek en beeld aan. Die
daggaplant (Cannabis sativa) word al
vir duisende jare gebruik. Maar of dagga
verslawend is, is nog nie duidelik nie.
Heinz bespreek sy navorsing, vra die
kenners uit, antwoord algemene vrae en
wys sketse van dié plant in al sy stadia.
11
MAR
5am

DIE INTERNASIONALE POLITIEK: HOE LATER HOE KWATER?

Hoe lyk die internasionale politieke
toneel drie maande ná Brexit en die
VSA op pad na ’n tweede termyn vir
Donald Trump? Of het ’n Demokraat
’n kans om die Withuis te verower?
Globale onsekerheid vier steeds hoogty
en feitlik niks kan meer met sekerheid
voorspel word nie. Waar pas Suid-Afrika
in en hoe kan ons belange ten beste
beskerm word?

27 episodes

« Back 1—12 More »