Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Spotify

This channel is available on Spotify. Follow the link above to view episodes on Spotify.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
15
OCT
8am

Kyk net dié Tsitsikamma-wolwe!

In die Tsitsikamma het Mariska Spoormaker op verskeie pakke wolwe en wolfhondkruisings afgekom, en toe die hartseer storie by Robin McDonald van die Tsitsikamma Wolf Sanctuary gehoor. Basies kom dit daarop neer dat hierdie wolwe en/of wolfhondkruisings óf mishandel is óf deur hulle voormalige eienaars oorhandig is aan die hawe, omdat hulle nie meer kans gesien het vir hulle onvoorspelbare gedrag nie.
15
OCT
8am

Zani en Martin se meubelontwerp

Zani Alberts en Martin Tallie vertel vir Martelize Brink van hulle aanslag tot meubelontwerp, en hulle deelname aan die Design Indaba Emerging Creatives Programme.
15
OCT
7am

Palie, skoolhoof van die jaar

Haar leerders en onderwysers noem haar Palie. Renate van der Westhuizen is hoof van die Apex Hoërskool in Eersterivier. Sy nou die algehele wenner in die Nasionale Toekennings van die Departement van Basiese Onderwys in die kategorie: Sekondêre Skoolleierskap. Haidee Muller-Isaacs was by die skool toe Renate pas aangestel is in 2018, en nou is sy weer terug soontoe om oor hierdie passievolle vrou se groot pluimpie te gesels.
14
OCT
8am

Lewensredders se onselfsugtige diens

Op sekere plekke langs die kus word lewensredding nie net as 'n gemeenskapsdiens beskou nie, maar as 'n span- en vriendskapsbou. Lewensredders werk deur die loop van die jaar baie hard om tydens die somervakansie 'n onselfsugtige en onontbeerlike diens aan inwoners en vakansiegangers te lewer. Op Sondae vergader ‘n groep vrywilligers en kinders op die strand in Gqeberha in die Oos-Kaap om opleiding as lewensredders te kry. Jacqui January het op die strand met van die afrigters, ouers en voornemende lewensredders gesels.
14
OCT
8am

Christopher September se tuine

Christopher September vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe hy ‘n leefstylaanpassing moes maak, en sy werk as waaghals in die filmbedryf agterlaat het. Christopher het sy heil in 'n tuin gevind, en ‘n tuinprojek by 'n skool begin.
14
OCT
7am

Geldgids - Episode 15

Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se nuwe reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. In ons B-aflewering bespreek Niek van den Berg, Riaan Lindeque en Eduan Basson van HGG se Welvaart-sake-eenheid en prof. JP Smit van die Universiteit Stellenbosch geldverwante woorde wat ons daagliks teëkom.
hggroep.co.za
13
OCT
8am

Hollandse Bakkery

Karike Norval vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Hollandse Bakkery wat van 1970 af Nederlandse gebak vir Suid-Afrikaners voorsit.
13
OCT
7am

Danie Gerber is steeds die Doring van Despatch

Covid-19 het Huis Najaar op Despatch vroeër vanjaar amper platgeslaan toe 18 van die bejaarde inwoners binne enkele dae daaraan gesterf het. Omdat geen nuwe inwoners ingeneem mag word nie, het dit geldelik bars gegaan, tot die beroemde voormalige Springbok, Danie Gerber, ook bekend as die Doring van Despatch, tot hulle redding gekom het. Mariska Spoormaker het Danie by Huis Najaar ontmoet, maar eers skets die voorsitter van die ouetehuis se raad, Belinda van der Bank, die agtergrond.

1365 episodes

« Back 1—12 More »