

26
FEB
7am
Joe Zimry se pampoenkweek-eskapades
Joe Zimry vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy pampoenkweek-eskapades, en hoe sy oupa Ben Bêkkie van Clanwilliam hom geleer het om reuse pampoene te kweek, wat soms met 'n trekker uitgesleepmoes word. Is dit die waarheid? Luister maar self...
26
FEB
5am
Wêreldbiddag vir Vroue
Die Wêreldbiddag vir Vroue in Suid-Afrika het verlede jaar haar 90ste verjaardag gevier. Dié saambidgeleentheid wat jaarliks op die eerste Vrydag van Maart herdenk word, word al vir 134 jaar in nie minder nie as 170 lande eerbiedig. Jacqui January gesels met Rinel Hugo, lid van die Nasionale Uitvoerende Komitee van Wêreldbiddag SA, oor hierdie besondere samekoms.
26
FEB
5am
Alex Wehmeyer
Alex Wehmeyer vertel vir Martelize Brink van sy betrokkenheid by die Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum se veldhospitaal tydens die Covid-pandemie. Hy is genomineer as gemeenskapsheld vir sy rol daar as kliniese aptekerswesestudent.
25
FEB
7am
Quintin Adams se Backyard University
Die behuisingsnood loop hand-aan-hand met die werkloosheidsuitdaging. Quintin Adams, ook bekend as The Shack Builder, is bedrywing op die Kaapse Skiereiland. Jongmense wat saam met hom help bou aan houthutte, leer in die proses waardevolle vaardighede aan. Jacqui January gesels met hom oor wat hy hulle Backyard University noem.
25
FEB
5am
Jeswaine Williams help jongmense
Jeswaine Williams het 'n uitreikingsgroep, Sons of God, in 2014 begin om jongmense wat dwelms gebruik, aan bendes behoort of prostitute is te help om weer op die regte pad te kom. Hy doen dit deur werksgeleenthede te skep en hulle vaardighede op te skerp. Jeswaine was 'n dwelmverslaafde, en is reeds 11 jaar skoon. Haidee Muller-Isaacs het hom uitgevra oor sy lewenspad en sy omgee vir die jeug.
25
FEB
5am
Aalwurms om slakke te bestry
Dr. Annika Pieterse gesels met Johan Rademan oor die gebruik van aalwurms om slakke te bestry.
24
FEB
5am
Zebulon Kochk se gedigte
Zebulon Kochk vertel vir Martelize Brink van sy pad met gedigte, waarvoor hierdie 2020-matrikulant vereer is.
24
FEB
5am
Die waarde van vroue en meisies
Zonja Penzhorn gesels met Martelize Brink oor die waarde wat aan vroue en meisies in Suid-Afrika geheg word.
23
FEB
7am
Ou Kaapse meubels
Chris Aucamp gesels met Johan Rademan oor Ou Kaapse meubelstyle uit verskillende eras.
23
FEB
5am
Opsies vir belastingverligting
Belastingkenner Herman van der Merwe vertel vir Johan Rademan watter opsies daar is om belastingverligting te bewerkstellig. En prof. Johan Smith vertel van die Tygerberg Hospitaal Kindertrust se Drop 10 Klub waar skenkings van jou belasting afgetrek kan word.
22
FEB
7am
Laat jou diere inent
Veearts dr. Ingrid de Wet gesels met Martelize Brink oor inentings by diere.
22
FEB
5am
‘n Tweede kans vir matriek
Op Uitenhage het 'n klomp leerkragte bymekaargekom om mense van enige ouderdom by te staan, wat hulle matriekpunte wil verbeter of hulle matriek vrystellingsertifikaat wil behaal. Die aanbieding van klasse geskied binne die onderwysdepartement se Tweede Kans-program, het Edward Goliath aan Mariska Spoormaker verduidelik.