Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Apple Podcasts

This channel is available on iTunes. Follow the above link to subscribe to it in your iTunes application or the Apple Podcast application.

Spotify

This channel is available on Spotify. Follow the link above to view episodes on Spotify.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
22
MAY
4am

Daar is daadwerklike risiko met 'n stokvel meen kenner

Die Bank van Namibië het ‘n plaaslike stokvel, wat ‘n 200 doller fooi vir lidmaatskap vra, as onwettig verklaar. Die stokvel word op Whatsapp bedryf en die bank sê lede kan vervolg word. Dr Omu Kakujaha Matundu van die Ekonomiese Fakulteit by Unam gesels vanoggend met ons hieroor...
22
MAY
4am

Covid-armoede ons almal se probleem

Voorspellings toon dat Covid-19 armoede in Afrika suid van die Sahara met 2,8 persentasie punte kan opstoot. Dit beteken dat nog 26 miljoen mense as arm geklassifiseer sal word in ‘n gebied waar miljoene reeds met minder as 2 Amerikaanse doller per dag moet klaar kom. Die Besturende Direkteur van Allan Gray Namibië James Mnyupe is ons gas...
22
MAY
3am

Bewaringsgebiede kort nou ons ondersteuning

Die Namibiese Kamer van Omgewingsake vra lede van die publiek om bewaringsgebiede in die tyd van inperking te ondersteun. Die gemeenskappe binne die gebiede dra miljoene by aan die ekonomie en is van kritiese belang vir bewaring. Dr Chris Brown van die Kamer sluit by ons aan...
20
MAY
6am

Kommer oor nuwe korona simptome by kinders

Talle kinders regoor die wêreld het ‘n skerp immuun respons wanneer hulle korona opdoen. Dit beïnvloed bloedvate en kan tot hartskade kan lei. Dr Willie Bruwer ‘n bekende plaaslike long spesialis is ons gas vanoggend...
20
MAY
6am

Stres, trauma oor korona gaan geld kos

Die huidige Covid-19 pandemie het in talle gemeenskappe trauma en stres veroorsaak en daar is kommer dat geestesgesondheid aanleiding kan gee tot bykomende druk onder lyers aan depressie en angs. Celia Kaunatjike, 'n Wêreldgesondheidsorganisasie Gesondheid Bevorderingsbeampte is ons gas...
20
MAY
6am

Eagles berei goed voor vir T20

Die Namibiese krieketspan oefen weer saam nadat die sport die groen lig gekry het om weer te begin oefen. Die Eagles is hard aan die werk nadat hulle vir die T20 in Australië later die jaar gekwalifiseer het. Craig Williams die span se hulpafrigter, gesels vanoggend met ons oor hoe dit alles gaan na die April inperking...
19
MAY
3am

Paaiement vakansies nodig meen NLU

Die langverwagte stimulus-verligtingspakket van Agribank word vanmiddag bekendgemaak. Piet Gouws, die President van die Namibiese Landbou Unie gesels meer breedvoerig met ons hieroor vanoggend...
19
MAY
3am

Skole herwin beter en beter

Skole wat deel vorm van die jaarlikse Namibiese Herwinningsforum kompetisie word vereer deur die forum ... Volgens Anita Witt, die Koördineerder van die forum is daar in die 2019-2020 jaar 179 632 ton bymekaar gemaak teenoor 132 ton die vorige jaar. Herwinning is belangrik vir ons omgewing en sy sluit by Kosmos 94.1 Nuus om meer hieroor te gesels.
19
MAY
3am

Praktiese finansiële onderrig noodsaaklik

Onderrig in skole is meestens gebaseer op teoretiese opleiding en baie kinders is nie behoorlik voorbereid vir finansiële uitdagings en struikelblokke wat die toekoms vir hulle inhou nie. Ingrid Husselmann, die Kinderadvokaat in die Kantoor van die Namibiese Ombudsman sê kurrikulums behoort in skole aangepas te word om beter finansiële onderrig in te sluit. Sy sluit by ons aan...
18
MAY
5am

Ons het fouteer, maar ook nie oral nie

Die uitdaging met die korona-virus het groot probleme vir Namibië ontbloot... Die informele sektor, skole en gesondheid... dié is almal sektore waar daar uitdagings is... Dr Omu Kakujaha-Matundu van die Ekonomiese Fakulteit by Unam is ons gas.
18
MAY
4am

Wêreld ekonomie gaan triljoene verloor

Die VN voorspel ‘n wêreldwye inkrimping van 3,2 persent in die wêreld ekonomie vir 2020 met ongeveer 8,5 triljoen Amerikaanse doller wat in produksie verloor sal word. Die organisasie sê miljoene mense sal armer word en lande moet saamwerk om die pandemie te bekamp. Ons gas vanoggend is Unisa Jambo, ‘n Ekonoom en die Ontwikkelings Koördineerder by die VN se kantoor in Namibië.
18
MAY
4am

WGO vergadering handel oor Covid

Die 73ste Wêreld Gesondheidsbyeenkoms sal die jaar op 'n virtuele platform aangebied word as gevolg van Covid-19. Die agenda is ingekort sodat dit in twee dae afgehandel kan word, vandag en môre. Dit strek gewoonlik oor 'n tydperk van twee weke. Die Namibiese Minister van Gesondheid, Dr Kalumbi Shangula sal ook aan die vergadering deelneem en gesels vanoggend met ons hieroor...

577 episodes

« Back 1—12 More »