Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans Namibia News
4,001 Episodes
24 – 44

Benader (asb) so die woenstyn-olifante

‘n Toename in toerisme in die gebied van die Ugab- en Huabriviere het gedragsveranderinge in die woestyn-aangepaste olifante veroorsaak. Elephant Human Relations Aid, bekend as Ehra, het ‘n gedragskode vir gidse opgetrek om te verseker dat die diere nie gepla word nie. Met Paasnaweek wat môre begin, het Ehra se…
28 Mar 7AM 1 min

Mudge gesels oor waterskeiding Covid-hofsaak

Die Health Defence League dagvaar die regering in verband met sy hantering van die Covid-pandemie sowel as die inentings wat afgedwing is op landsburgers. Die liga is ‘n groep redelike vooraanstaande persoonlikhede wat deur Richard Metcalfe verteenwoordig word en wat die veteraan politikus Henk Mudge insluit. Kosmos 94.1 Nuus het…
28 Mar 6AM 1 min

Kora-beslissing: Dit moet 'n les wees vir skelms, sê minister

Die uitspraak van die hooggeregshof in verband met die Kora-musiektoekennings word deur die omgewingsminister Pohamba Shifeta verwelkom. Telecom Mundial Sarl en Ernest Adjovi het die appèlsaak Woensdag in die hooggeregshof verloor en moet dus 23,5 miljoen Namibiese dollar, 20 persent rente per jaar sedert 2016, en die regskoste van die…
28 Mar 6AM 1 min

Waterwese moet geken word in groen-waterstof

Namibië het die week sy eerste Groen-waterstofsimposium in Windhoek aangebied. Dr. Elijah Ngurare, die adjunk-uitvoerende direkteur van waterwese in die landbouministerie, wat ook op die SASSCAL-beheerraad is, sê inklusiewe projekimplementering is uiters belangrik – natuurlik ook omdat water krities is vir groen-waterstofproduksie.
28 Mar 5AM 1 min

SA-boere moet teen Namibië, Botswana beskerm word

Die DA vra die landbouminister, Thoko Didiza, om dringend droogteverligtingshulp te gee aan boere wat geraak word deur die droë toestande wat deur El Niño veroorsaak word. Hulle eis verligtingspakkette en aansporings vir boere, wat voorbereiding vir die volgende seisoen moontlik sal maak. Noko Masipa van die DA sê die…
28 Mar 5AM 1 min

Mariental-inwoners juig, al was daar skade

Mariental-inwoner Jackie de Klerk, wat ook werksaam is by die Mariental-gholfklub, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die oorstromings Woensdagaand op die dorp. In tipiese Namibiese styl, is daar geen klagtes oor die oorstromings nie…
28 Mar 4AM 1 min

SARB: Geen verligting vir huishoudings nie

BetterBond sê huiseienaars sal nog 'n bietjie langer moet uithou vir effense finansiële verligting. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het eenparig besluit om die terugkoopkoers op 8,25-persent te handhaaf, terwyl die prima uitleenkoers op 11,75-persent sal bly. BetterBond se waarnemende bestuurshoof, Bradd Bendall, hulle het gehoop die daling in…
28 Mar 4AM 1 min

NHE sê hy doen wat hy kan vir beter behuising

Die behuisingskrisis in Namibië is ondersoek in die tweede uitgawe van Sanlam se Brief-sessies, wat in samewerking met die aanlyn digitale besigheidsplatform, The Brief, gehou is. Die persentasie mense wat in plakkershutte woon, het toegeneem van 3 persent by onafhanklikheid tot meer as 40 persent tans. Mutonga Matali, die bestuurder…
28 Mar 3AM 1 min

Onwettige sigarette kos SA miljarde

Navorsing deur Nicole Vellios en Corné van Walbeek, aan die Universiteit van Kaapstad, het aan die lig gebring die Suid-Afrikaanse regering het sedert 2010 miljarde Suid-Afrikaanse rand verloor weens onwettige sigarette. In 2022 het die regering 17,6 miljard rand aan aksynsbelasting en BTW-inkomste verloor. Van Walbeek sê die meerderheid van…
28 Mar 3AM 1 min

Vroue Proteas klap Sri Lanka

Kaptein Laura Wolvaardt se honderdtal het bygedra tot die Suid-Afrikaanse vrouespan se gemaklike oorwinning van 79 lopies oor Sri Lanka se vroue in die eerste T20 in Benoni. Wolvaardt het 102 van 63 balle behaal en slegs die tweede Protea-vrou geword wat ʼn T20-honderdtal kon aanteken. Sy en Marizanne Kapp…
28 Mar 2AM 1 min

Rafah moet ingeval word – Bibi

Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu sê hulle het geen ander keuse as militêre optrede in Rafah nie. Hy het gister met Amerikaanse kongreslede vergader. Israel het onder internasionale kritiek deurgeloop voor sy beplande optrede in die suidelike Gaza stad waar meer as ʼn miljoen mense tans skuil. Netanyahu sê…
28 Mar 2AM 1 min

SA groei in K4 met 0,1%

Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê die buurland se ekonomie het in die vierde kwartaal van verlede jaar met slegs 0,1 persent gegroei en nie aan verwagtinge voldoen nie. Hierdie swak prestasie word toegeskryf aan uitdagings aan die aanbodkant, veral ernstige beurtkrag, wat kwesbaarheid in die ekonomie…
28 Mar 1AM 1 min

Soektog na 4 in Baltimore duur voort

Die goewerneur van Maryland, Wes Moore sê die top-prioriteit is om die liggame van die oorblywende vier mense te herwin wat vermoedelik dood is ná die ineenstorting van die Francis Scott Key-brug in Baltimore. ’n Vragskip het vroeg Dinsdagoggend ’n pilaar van die brug getref en dit laat ineenstort. Die…
28 Mar 1AM 1 min

Damprook: Reeds ‘n uitdaging in skole

Damprook word gekoppel aan chroniese longtoestande en selfs 'n ernstige siekte bekend as springmielie-long. Omdat damprook 'n relatief nuwe verskynsel is, is daar leemtes in ons kennis oor die langtermyn-gesondheidseffekte daarvan. Om die rede bepleit gesondheidsorganisasies strenger beleide rondom dampook. Terwyl daar reeds in verskeie lande bepalings is, het Namibië…
28 Mar 1AM 1 min

Hardapdam: 'Business as usual' gaan nie werk nie

Die stand van sake by die Hardapdam waarop talle produsente van die skema staatmaak wek groot kommer. In die laaste damverslag was die dam ‘n skamele 11,7 persent vol en net meer as 1,4 miljoen kubieke meter was in die voorafgaande sewe dae onttrek. Vergaderings tussen NamWater en rolspelers het…
28 Mar 12AM 1 min

Oorgrensreis met kinders - daar is spesifieke reëls

Ouers van Namibiese kinders wat alleen oor die grens met die kinders reis, benodig die skriftelike toestemming van die ander ouer. ’n Polisieverklaring moet deur die afwesige ouer verskaf word met al die nodige besonderhede, asook ’n afskrif van die kind se geboortesertifikaat en afskrifte van beide ouers se ID-dokumente…
28 Mar 12AM 1 min

Seibeb besin oor parlementêre besoek aan Switserland

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Peter Katjavivi, het 'n afvaardiging van parlementslede gelei na die 148ste Inter-Parlementêre Unie vergadering in Genève, Switserland. Die parlementslede Henny Seibeb, Charmaine Tjirare and Nono Katjingisiua het Katjavivi vergesel na die vergadering, wat gister ten einde geloop het. Seibeb besin oor sommige van die…
27 Mar 11PM 1 min

SA fokus op wettige oorgrens beweging van kinders oor Paasfees

Die buurland se maatskaplike ontwikkeling-departement sê hy werk in aanloop tot die Paasnaweek nou saam met die Grensbeheeragentskap om seker te maak van kinders se veilige beweging deur grensposte tussen Suid-Afrika, Zimbabwe en Botswana. Woordvoerder Lumka Oliphant sê amptenare sal Paasnaweek by die Beitbrug- en die Groblersbrug-grenspos teenwoordig wees om…
27 Mar 11PM 1 min

Werk aan Trans-Kalahari/Mamuno-grenspos vorder fluks

Die Namibië-inkomste-agentskap, NamRA, in samewerking met ander grensagentskappe, sê bouwerk by die Trans-Kalahari/Mamuno-grenspos gaan voort. Die eenstop-grenspos is geskeduleer om in Mei vanjaar in werking te tree en sal na verwagting grensbeheerprosedures stroomlyn, opeenhoping en lang wagtye by die grensoorgang verlig. NamRA se hoof van strategiese kommunikasie, Steven Ndorokaze, gee…
27 Mar 12PM 1 min
24 – 44