Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
04
NOV

Skrumtyd op RSG

Emosionele tonele het in Japan afgespeel ná die eindfluitjie geblaas het in die Internasionale Stadion in Jokohama in Japan toe die lede van die Springbokspan mekaar omhels en hulle afrigter, Rassie Erasmus, op die veld gedra het. Erasmus het gesê die Springbokke se oorwinning oor Engeland was die gevolg van 19 weke se harde voorbereidingswerk, asook die Bokke se geloof in hulle eie vermoë. Suid-Afrika is die eerste span in die geskiedenis van die Wêreldbeker wat 'n groepwedstryd verloor het, maar steeds die toernooi gewen het. Suid-Afrika het ook in geen van die drie wedstryde waarin hulle die beker in 1995, 2007 en vanjaar verower het, 'n drie afgestaan nie.
28
OCT

Skrumtyd op RSG

Die Springbokke sal Saterdag in die eindstryd van die Rugbywêreldbeker in Japan teen Engeland te staan kom. Die Suid-Afrikaners het Wallis in die halfeindstryd naelskraap met 19-16 geklop, nadat hulle teen rustyd met 9-6 voorgeloop het. Die senter, Damien de Allende, het die Springbokke se enigste drie gedruk. Die losskakel, Handre Pollard, het die res van die span se punte met 'n doelskop en vier strafskoppe aangeteken. Jody Hendricks en sy paneel bespreek die Bokke se kanse in die eindstryd.
21
OCT

Skrumtyd op RSG

Die Springbokke het hulle kwarteindrondewedstryd teen Japan met 26 punte teenoor drie gewen, en sodoende 'n plek verseker in die halfeindstryd. Twee drieë deur die vleuel, Makazole Mapimpi, en een deur skrumskakel Faf de Klerk, het bygedra tot die sege oor Japan. Die Bokke se kaptein, Syia Kolisi, sê hulle het 'n taai stryd verwag. Die Bokke speel nou Sondag in Jokohama teen Wallis. Nieu-Seeland sal Saterdag in die eerste halfeindstryd teen Engeland te staan kom. Jody hendricks bespreek die naweek se uitslae, en die wedstryde wat nog voorlê.
14
OCT

Skrumtyd op RSG

Die All Blacks se afrigter, Steve Hansen, het Japan geloof ná hulle oorwinning van 28-21 oor Skotland. Hy sê die span verdien sy plek in die topgroep-rugbylande. Hansen sê die All Blacks is deeglik daarvan bewus dat die Iere 'n gedugte span is, en sal Saterdag alles gee in hulle kwarteindwedstryd teen die span. Nieu-Seeland het twee van die laaste drie kragmetings teen die Iere verloor. In die ander kwarteindwedstryd Saterdag kom Engeland teen Australië te staan. Sondagoggend meet Wallis en Frankryk kragte, en later kom Japan en die Springbokke teen mekaar te staan. Jody Hendricks en sy paneel bespreek die groepfase van die Rugbywêreldbeker wat gister tot 'n einde gekom het, en die kwartieindwedstryde wat voorlê.
07
OCT

Skrumtyd op RSG

Springbokkaptein Siya Kolisi sê hy is fiks en gereed om die span op die veld te lei vir die tweede keer in vyf dae. Die Springbokke speel op 8 Oktober in Kobe in Japan in hulle laaste Groep B-wedstryd teen Kanada. Dertien veranderinge is aan die begin vyftiental aangebring. Buiten Kolisi, sal dit ook die tweede toets in vyf dae wees vir Damian de Allende. Kolisi sê hy sien uit na die kragmeting. Jody Hendricks en sy gaste bespreek die Bokke se wedstryd teen Kanada, en vra ook of die Haka die All Blacks 'n sielkundige voorspring gegee.
23
SEP

Skrumtyd op RSG

Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, sal homself lastige vrae moet vra oor sy span se strategie en spankeuses nà hulle 23-13 nederlaag teen Nieu-Seeland in hulle eerste wedstryd in die Wêreldbekertoernooi in Japan. Die rustydtelling was 17-3 in die All Blacks se guns. Handre Pollard het die Springbokke se eerste punte met 'n strafdoel aangeteken. Twee vinnige drieë deur die All Black-vleuel George Bridge en slot Scott Barrett het egter die bordjies verhang. In die tweede helfde het 'n drie deur Pieter-Steph du Toit die punteverskil laat krimp tot sewe7, gevolg deur 'n skepdoel van Pollard. Nieu-Seeland het egter hulle oorwinning beklink met twee strafskoppe in die laaste minute. Die Bokke speel Saterdag teen Namibië, en Nieu-Seeland op 2 Oktober teen Kanada. Johan Rademan en Andre Watson ontleed die wedstryd saam met Jody Hendricks.
16
SEP

Skrumtyd op RSG

Die Springbokke speel Saterdag in hulle eerste wedstryd by die 2019 Rugbywêreldbeker. Jody Hendricks en sy paneel bespreek die faktore wat 'n rol speel in die eerste wedstryd by die toernooi. Hy praat ook met Os Du Randt, wat op 3 November in Wêreldrugby se heldesaal ingehuldig word.
09
SEP

Skrumtyd op RSG

Hemelbesem en Ashwin Willemse doen 'n huldeblyk aan Chester Williams. Jody Hendricks en sy gaste ontleed die Curriebekereindwedstryd tussen die Cheetahs en die Leeus, en ons hoor van die Springbokke ná hulle sege oor Japan.
02
SEP

Skrumtyd op RSG

Die Cheetahs en die Goue Leeus pak mekaar op 7 September in Bloemfontein in die Curriebeker-eindstryd, nadat die Cheetahs die Haaie met 51 - 30 afgeransel het. Die Leeus het vroeër die Griekwas met 34 - 19 geklop. Oudspringbok Ruan Pienaar praat met Jody Hendricks.
26
AUG

Skrumtyd op RSG

Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het sy finale groep vir die Wêreldbekertoernooi in Japan aankondig. Die Bokke speel op 21 September hulle eerste wedstryd teen Nieu-Seeland in Yokohama. Die ander lede van die groep is Italië, Namibië en Kanada. Jody Hendricks en sy paneel ontleed die groep, bespreek die spslers wat nie ingesluit is nie, en vra of die Bokke vanjaar die toernooi kan wen.
19
AUG

Skrumtyd op RSG

Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het vier spelers weggelaat uit sy moontlike groep vir die wêreldbekertoernooi in Japan. Erasmus het die name van 36 spelers aangekondig wat vandeesweek in Bloemfontein aan 'n oefenkamp sal deelneem. Die spelers wat hy weggelaat het, was almal deel van Saterdag se Springbokspan wat Argentinië met 24-18 geklop het. Hulle is die stut Wilco Louw, die haker Scarra Ntubeni, die losvoorspeler Marco van Staden en die agterspeler Dillyn Leyds. Erasmus sal sy finale groep vir die wêreldbeker op 26 Augustus aankondig. Die span sal op 6 September 'n opwarmingswedstryd teen Japan speel. Die toernooi begin op 20 September. Die losvoorspeler, Marcell Coetzee, kan ook nog in Erasmus se finale groep ingesluit word, maar hy is nie deel van die week se oefengroep nie omdat hy Saterdag harsingskudding opgedoen het. Jody Hendricks en sy paneel bespreek die Bokgroep wat moontlik vir die wêreldbeker gekies kan word.
12
AUG

Skrumtyd op RSG

Die Springbokke is terug op Suid-Afrikaanse bodem nadat hulle die Rugbykampioenskap in Argentinië beklink het. Die span speel Saterdag in hulle laaste opwarmingswedstryd vir die Wêreldbekertoernooi teen die Argentynse Poemas, hierdie keer op Loftus Versfeld in Pretoria. Die Bok-afrigter, Rassie Erasmus, sal die kaptein vir die wedstryd later die week saam met die res van die span aanwys. Die groep wat in Japan om die Webb Ellis-trofee sal meeding word op 26 Augustus bekendgemaak. Jody Hendricks en sy paneel het die span se vertoning teen Argentinië ontleed.

31 episodes

« Back 1—12 More »