US Woordfees US Woordfees 2019 - Gesprekke

US Woordfees 2019 - Gesprekke

'n Samevatting van die gewildste praatjies en gesprekke tydens die US Woordfees 2019
Occasionally Afrikaans South Africa Arts
77 Episodes
12 – 32

GRONDVERJONGING: JUBELJAAR EN OORBEGIN

IN DIE OU TESTAMENT WAS DAAR 'N WONDERLIKE VERJONGINGSKUUR - DIE JUBELJAAR: "IN DIE VYFSTIGSTE JAAR MOET DAAR 'N LANDSWYE AFSKRYWING VAN SKULD GEPROKLAMEER WORD.
8 Mar 2019 54 min

EK WOU NOG SÊ

Aangebied deur Naledi en AVBOB Woorde van verlies en vertroosting in al elf landstale het behoorlik ingestroom vir die I Wish I’d Said-poësieprojek. Daarna is dit deur redakteurs in alle tale deur- gegaan, waarna die bestes vir dié ver- sameling uitgekies is. Om hulle met sulke kosbare, eerlike en dikwels…
8 Mar 2019 54 min

KARAKTERMOORD

Carina Diedericks-Hugo, in gesprek met Suzanne Paxton Aangebied deur Penguin Random House Vyftien jaar gelede ontmoet uitgewer Malan Sinclair ’n enigmatiese, suksesvolle en beeldskone digter, Anna Neethling. Sy dompel sy lewe in ’n maalkolk van destruktiewe passie. Wanneer Anna op ’n dag langs sy motor vermoor gevind word, begin die…
8 Mar 2019 54 min

DIE VERTES IN

Zirk van den Berg, in gesprek met Herman Wasserman Aangebied deur Kwela Boeke Duits Suidwes-Afrika, 1905. Die ontnugterde soldaat Siegfried Bock se pad kruis met dié van Lisbeth Löwenstein, ’n arm Jodin wat met ’n Duitse setlaar moet trou wat sy skaars ken, die Damara-man Mordegai Guruseb wat uit ’n…
8 Mar 2019 52 min

JACO WOLMARANS: BOS

Met: Rudie van Rensburg Aangebied deur Tafelberg Die bekende Kaapse fotograaf maak sy romanbuiging met ’n verhaal wat sy wortels het in sy eie reise deur Afrika en die Bosooroorlog. BOS wentel om twee bloedbroers, ’n vriendskap en totale vertroue gesmee in Angolese operasies. Maar jare ná die sluit van…
8 Mar 2019 59 min

SUSAN COETZER: SELMA & LOUISE

Met: Karien Basson Aangebied deur Human & Rousseau Selma Barnard se lewe het soos ’n kaartehuis inmekaargetuimel. Eers verloor sy haar man, toe haar kinders, en nou is haar hart gebreek deur ’n ridder op ’n wit perd. Hoe kon sy haar so misgis het? En waar was Louise, haar…
8 Mar 2019 54 min

KILLING KAROLINE

Met: Ruda Landman as gespreksleier Aangebied deur MFBooks Joburg Nie baie mense kan sê hulle ma het hulle, om haar huweliksontrouheid te verdoesel, as pasgebore baba landuit geneem, vir aanneming opgegee en in Suid-Afrika as dood laat registreer nie. Maar dis die verstommende ware verhaal van Karoline, wat as die…
8 Mar 2019 55 min

SOPHIA KAPP: KANTELPUNT

Met: Anastasia de Vries Aangebied deur LAPA Uitgewers Nellie, wat pas 50 geword het, is ’n konvensionele, wit, Afrikaanse vrou wat haar lewe lank gedoen het wat almal van haar verwag – sy’t stilgebly. Dan kantel haar wêreld en begin sy haar stem terugeis, soms met verreikende gevolge, soms teen…
8 Mar 2019 1 hr 01 min

JOHN HUNT'S 60S HILLBROW

Met: Harry Kalmer Aangebied deur Penguin Random House As die Hunt van die internasionale reklame-agentskap Hunt Lascaris, deesdae TBWA\Worldwide, bly skryf vir John Hunt sy happy place. In sy lieflike grootwordstorie The Boy Who Could Keep A Swan In His Head neem hy die leser terug na die Hillbrow van…
7 Mar 2019 52 min

ZAPIRO CAPTURES ZUMA

Aangebied deur Jacana Media Met: Jonathan Shapiro Die ernstige gekheid en die gekke erns van staatskaping en die Zuma-jare is die skoppelmaai waarop Zapiro ry in WTF: Capturing Zuma – A Cartoonist’s Tale. Die bekende spotprentkunstenaar kom gee ’n spesiale show ’n tell van sy werk – veral daardies wat…
7 Mar 2019 1 hr 06 min

KINNES, MELK EN VLEIS

Chase Rhys en Marina Albertyn gesels met Lee-Ann van Rooi en Paul du Toit Aangebied deur Kwela Boeke en Protea Boekhuis Twee akteurs, twee dramaturge, en twee gewilde toneelstukke wat verlede jaar by die Woordfees gedebuteer het. Lee-Ann van Rooi en Paul du Toit vra Chase Rhys (die novelle Kinnes)…
7 Mar 2019 52 min

MURRAY SE RUBRIEKE

Met: Martie Meiring Aangebied deur LAPA Uitgewers Murray la Vita is ’n groot man. Hy’t ’n imposante haardos wat aan ’n leeumannetjie se maanhare herinner. Maar dié sagmoedige reus het ’n eweneens sagte stem. Murray neem fyn waar, weeg sy woorde, vra diep vrae en skryf dan vreesloos oor sake…
7 Mar 2019 1 hr 06 min

JOHAN HEYNS - 25 JAAR LATER

Met: Fearika en Adam Heyns, Murray Hofmeyr en Piet Meiring, in gesprek met Karin Brynard Aangebied deur kykNET Vyf-en-twintig jaar sedert die kerkleier prof. Johan Heyns langs sy vrou, Renée, en voor sy kleinkinders vermoor is, praat sy skoondogter Fearika en haar filmmakerseun, Adam, oor Heyns se dagboeke, wat saam…
7 Mar 2019 1 hr 13 min
12 – 32