US Woordfees US Woordfees 2019 - Gesprekke

US Woordfees 2019 - Gesprekke

'n Samevatting van die gewildste praatjies en gesprekke tydens die US Woordfees 2019
Occasionally Afrikaans South Africa Arts
77 Episodes
1 – 20

DIGTERSPARADYS

Met: Frieda van den Heever as gasvrou Aangebied deur Protea Boekhuis, Naledi en NB-Uitgewers RSG se Frieda van den Heever speel vanjaar gasvrou wanneer bekende en debuutdigters hulle werk kom voorlees. Op die spyskaart is Willie van der Merwe uit Nederland met Doodmenslik, Alfred Schaffer met sy bekroonde Mens, dier,…
9 Mar 2019 1 hr 22 min

HOT NOOT*

Gelei deur Heindrich Wyngaard ’n Gesprek oor bruin/swart skrywers en denkers soos Hein Gerwel en Jeremy Vearey se belewenis van en bemoeienis met die Afrikaanse leef- en denkwêreld: Gelykes? Maar net saamgekom? Of jollie meelopers? (*Erkenning aan wyle prof. Jakes Gerwel vir hierdie nuutskepping – en op wie se doktorale…
9 Mar 2019 1 hr 09 min

STOF EN DR*LLE

Alettie van den Heever, in gesprek met Jean Meiring Aangebied deur Queillerie Stof, Alettie van den Heever se hoogaangeskrewe debuutroman, is toekomsfiksie vir vandag met ’n aards- poëtiese ontginning van ’n beeldskone anderster Afrikaans. Twintig jaar ná die Hardskip word dié wat oor is in die Wes- Kaap, gelooi deur…
9 Mar 2019 54 min

FRANK RAUTENBACH: THE VAGABOND

Met: Karien Basson Aangebied deur Lux Verbi Frank Rautenbach is ’n bekende akteur wat Suid-Afrika vir Hollywood verruil het. Maar Frank kon nie dit maak oorsee nie, en word op die ou end sy kerk se opsigter. Hy was kwaad, skaam en het gevoel God laat hom in die steek…
9 Mar 2019 1 hr 02 min

GAAN DIE NG KERK ONDER?

Jean Oosthuizen, in gesprek met Johannes de Villiers Aangebied deur Penguin Random House Jean Oosthuizen kyk krities na die NG Kerk se geskiedenis sedert Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap, tot waar die kerk vandag is. In sy bestaan van meer as 350 jaar het die NG Kerk…
9 Mar 2019 58 min

MARTIE MET JOANNA TROLLOPE

Martie Meiring ontmoet vir Joanna Trollope Sy word as die doyenne van die liefdesroman beskou, is ’n blitsverkoper van wêreldfaam, het al heelparty mans gehad – die laaste kêrel heelwat jonger as haar eie nou 70+-jare, en kan skrywers wat heeltyd op Twitter is nie verduur nie. As ontvanger van…
8 Mar 2019 1 hr 03 min

20/20 - MET 'N KELKIE!

Met: Bibi Slippers, Loftus Marais, Ronelda S Kamfer, Pieter Odendaal, Ashwin Arendse, Chrystal Williams, Johann de Lange, en ander, onder leiding van Kabous Meiring 20 digters, 20 skilderye, 20 gedigte.
8 Mar 2019 54 min

DIE TRONKGESPREKKE

Willie Esterhuyse en Gerhard van Niekerk, in gesprek met Martie Meiring Aangebied deur Tafelberg Dié boek onthul hoe PW Botha reeds in 1984, te midde van die Totale Aanslag, opdrag gegee het dat sy minister van justisie, Kobie Coetsee, gesprekke met Nelson Mandela in die tronk voer. Tussen Coetsee en…
8 Mar 2019 55 min

DOODMENSLIK

Willie van der Merwe, in gesprek met René Bohnen Aangebied deur Protea Boekhuis Die onverwagse dood van sy vrou was vir die oud-Stellenbosser en filosoof Willie van der Merwe ’n dryfkrag om sy debuutbundel te voltooi. Doodmenslik handel oor religieuse ontnugtering, geklee in vele vorme. Die titel verwys enersyds na…
8 Mar 2019 58 min

DAGGABOER EN PAMINA

Annie Klopper en Jean-Pierre de Kock, in gesprek met Rachelle Greeff Aangebied deur Kwela Boeke en Human & Rousseau Skryfskoolaanbieder en self ’n bekende skrywer, Rachelle Greeff, gesels met twee jong skrywers oor hulle pad na publikasie. Jean-Pierre de Kock se ontroerende Die daggaboer is die relaas van ’n jong…
8 Mar 2019 58 min

HOE BEMAAK JY WELVAART?

OM IETS AAN JOU KINDERS OF KLEINKINDERS NA TE LAAT, HOE GROOT OF KLEIN OOK AL, IS ONS ALMAL SE DOELWIT.
8 Mar 2019 1 hr 04 min

GRONDVERJONGING: JUBELJAAR EN OORBEGIN

IN DIE OU TESTAMENT WAS DAAR 'N WONDERLIKE VERJONGINGSKUUR - DIE JUBELJAAR: "IN DIE VYFSTIGSTE JAAR MOET DAAR 'N LANDSWYE AFSKRYWING VAN SKULD GEPROKLAMEER WORD.
8 Mar 2019 54 min

EK WOU NOG SÊ

Aangebied deur Naledi en AVBOB Woorde van verlies en vertroosting in al elf landstale het behoorlik ingestroom vir die I Wish I’d Said-poësieprojek. Daarna is dit deur redakteurs in alle tale deur- gegaan, waarna die bestes vir dié ver- sameling uitgekies is. Om hulle met sulke kosbare, eerlike en dikwels…
8 Mar 2019 54 min

KARAKTERMOORD

Carina Diedericks-Hugo, in gesprek met Suzanne Paxton Aangebied deur Penguin Random House Vyftien jaar gelede ontmoet uitgewer Malan Sinclair ’n enigmatiese, suksesvolle en beeldskone digter, Anna Neethling. Sy dompel sy lewe in ’n maalkolk van destruktiewe passie. Wanneer Anna op ’n dag langs sy motor vermoor gevind word, begin die…
8 Mar 2019 54 min

DIE VERTES IN

Zirk van den Berg, in gesprek met Herman Wasserman Aangebied deur Kwela Boeke Duits Suidwes-Afrika, 1905. Die ontnugterde soldaat Siegfried Bock se pad kruis met dié van Lisbeth Löwenstein, ’n arm Jodin wat met ’n Duitse setlaar moet trou wat sy skaars ken, die Damara-man Mordegai Guruseb wat uit ’n…
8 Mar 2019 52 min

JACO WOLMARANS: BOS

Met: Rudie van Rensburg Aangebied deur Tafelberg Die bekende Kaapse fotograaf maak sy romanbuiging met ’n verhaal wat sy wortels het in sy eie reise deur Afrika en die Bosooroorlog. BOS wentel om twee bloedbroers, ’n vriendskap en totale vertroue gesmee in Angolese operasies. Maar jare ná die sluit van…
8 Mar 2019 59 min

SUSAN COETZER: SELMA & LOUISE

Met: Karien Basson Aangebied deur Human & Rousseau Selma Barnard se lewe het soos ’n kaartehuis inmekaargetuimel. Eers verloor sy haar man, toe haar kinders, en nou is haar hart gebreek deur ’n ridder op ’n wit perd. Hoe kon sy haar so misgis het? En waar was Louise, haar…
8 Mar 2019 54 min
1 – 20