Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Apple Podcasts

This channel is available on iTunes. Follow the above link to subscribe to it in your iTunes application or the Apple Podcast application.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
28
SEP

Wiele2Wiele ry met nuwe Taigo

Wiele2Wiele gaan ry hierdie week met die VW Taigo wat deel vorm van Volkswagen se sportnuts-familie en hulle spandeer ook tyd met Honda se pragtige nuwe Civic RS-sedan. Hulle gesels oor ’n nuwe Dunlop-band wat vir jou baie goeie klouvermoë sal gee, gaan hoor watter seswielvoertuig by die AAD opslae gemaak het en gesels oor die jongste 2Wiele-nuus.
21
SEP

Wiele2Wiele se Jeanette in aksie by GR Cup

Hierdie week vir Wiele2Wiele rol die wiele weer vir Jeanette tydens die GR Cup, met die Toyota GR Yaris by die Killarney-renbaan. Om die woorde “Ek is trots op jou mamma!” te kon hoor, het meer vir Jeanette beteken as wat sy ooit in woorde kan beskryf. Daar is ook twee bekendstellings – Honda se BR-V het gegroei en die nuwe vyfde generasie Kia Sportage is hier.
14
SEP

Wiele2Wiele gaan elektries met I-Pace en Cross GR Sport

Hierdie week se Wiele2Wiele is elektries met die Jaguar I-Pace en Toyota wat sy nuwe Corolla Cross GR Sport bekendgestel het. Ons vier Suid-Afrika se dames- en mansspanne se oorwinning by die BMW Motorrad Internasionale GS Trophy en gee raad of jy steeds jou nuwe voertuig se enjin moet inloop of nie.
07
SEP

Wiele2Wiele ry met Haval se H6 GT

Hierdie week staan Wiele2Wiele verbaas oor die nuwe Haval H6 GT. Hulle beleef ook Mahindra se nuwe Pik Up Karoo-modelle en glimlag oor die Mercedes-AMG GLE 53-sportnuts. Die BMW Motorrad Internasionale GS Trophy is tans aan die gang en hulle gesels met Cora Forssman oor hierdie strawwe kompetisie.
31
AUG

Wiele2Wiele gesels oor Jeep se nuwe Grand Cherokee

Hierdie week beleef Wiele2Wiele Jeep se splinternuwe Jeep Grand Cherokee L. Hulle gaan ry ook met BMW se 220i koepee en bring tyd met die Chery Tiggo 7 Pro deur. Met die BMW Motorrad Internasionale GS Trophy wat Sondag in Albanië begin, stel hulle die drie manne wat Suid-Afrika gaan verteenwoordig voor.
24
AUG

Wiele2Wiele ry met Lexus se ES 300H SE

Hierdie week ry Wiele2Wiele met ’n lang, slap Lexus - die ES 300H SE. Hulle was ook by die heropeningseremonie van die Toyota-aanleg in Durban en staan verstom oor wat Toyota vermag het na die verwoestende oostromings in April.
17
AUG

Wiele2Wiele: Vinkel vs. koljander

In die week se episode lag die Wiele2Wiele-span vir die brandstofprys wanneer hulle die langpad met Renault se Duster 1.5 dCI EDC aandurf. Die plaaslike identiese tweeling – die Suzuki Baleno en die Toyota Starlet – word met mekaar vergelyk.
10
AUG

Wiele2Wiele gesels oor nuwe Honda Civic RS

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor die nuwe Honda Civic RS wat pas bekendgestel is en wat almal aan die gons het. Hulle klim agter die stuur in van Jeep se nuwe Gladiator Rubicon en dan word daar ook motorsport-aksie gesels met die GR Cup wat by die Oos-Londen Grand Prix-renbaan plaasvind.
27
JUL

Wiele2Wiele ry met Toyota RAV4-hibriedmodel

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Toyota se RAV4 2.5 GX-R CVT Hybrid E-Four, die Volkswagen Caddy Maxi 2.0 TDI 81kW en Mazda se CX-3 2.0L Hikari Auto. Hulle gee raad oor wat snaakse suspensiegeluide kan wees en gesels oor Honda se ovaal-suier motorfietsenjins.
20
JUL

Wiele2Wiele ry met drie elektriese BMW’s

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met drie elektriese BMW’s. Hulle ervaar die nuwe opgekikkerde Hyundai Creta en gaan ry met die gewilde Renault Duster 1.5 dCI wat uitstekende brandstofverbruik bied.

213 episodes

« Back 1—12 More »