Koffie en Klets

ETHAN BAIRD PODCASTING  |  Podcast , ±58 min episodes every 1 week, 1 day  | 
Koffie en Klets is ‘n gesels program tussen twee pelle, Yolanda en Ernst, wat praat oor hulle ervarings van die lewe uit eg Afrikaanse perspektief. Dit is direk, maar lighartig en uit die hart; hulle sê ‘n ding soos hy is. Onderwerpe sluit in Self-liefde, Geloof teenoor Spiritualiteit, asook Families en Vriendskappe, so hou maar ‘n oop kop.

Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Apple Podcasts

This channel is available on iTunes. Follow the above link to subscribe to it in your iTunes application or the Apple Podcast application.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
04
DEC
2018

Episode 23 - Ingewikkeldheid

Ons almal maak ons eie lewens ingewikkeld. Ons gesels die week oor hoe emosies ‘n rol speel en wat ons kan doen om nie so behep te wees oor alles wat negatief voorkom nie.
20
NOV
2018

Episode 22 - Breinspoeling

Almal van ons word daagliks geprogrammeer om in spesifieke maniere te dink en op te tree. Yolanda en Ernst bespreek maniere hoe mens die tiepe van breinspoeling kan verander.
12
NOV
2018

Episode 21 - 'n Lewe van Dankbaarheid

Ernst kom tot ‘n groot skok agter hy lewe glad nie in dankbaarheid nie, want hy vang homself gedurig in ‘n negatiewe kop spasie. Daar word gesels oor hoe mens dit kan probeer oorkom.
05
NOV
2018

Episode 20 - Familie En Ons Dinge

Familie is ‘n sensitiewe saak en in die week se programme voel dit of ons is sirkels klets. Ons kom wragtag tot geen gevolgtrekkings nie, so daar sal verseker ‘n opvolg episode op ‘n stadium wees. Luister wel oor hoe ons families sien en beleef.
22
OCT
2018

Episode 18 - Persoonlike Groei

Elkeen van ons word elke dag gekonfronteer met situasies wat ons forseer om voorraad te neem van die aspekte wat ons wesens dien of nie. In die proses moet ons probeer om nie ons individualiteit te behou of selfs terug wen.
15
OCT
2018

Episode 17 - Waardes

Ernst en Yolanda gesels oor waardes en bespreek hoe belangrik dit is om mekaar en ander se waardes te verstaan om enige vorm van besigheids of persoonlike verhoudings te versterk.
08
OCT
2018

Episode 16 - Skaap Mentaliteit

Ons gesels lekker oor hoe meeste mense lei aan Skaap mentaliteit en hulle onbewus deur die lewe loop en glad nie hulle individualiteit uitleef of selfs ken nie.
03
SEP
2018

Episode 14 - Goedkeuring Van Ander

Ons soek almal gedurig vir goedkeuring en erkenning van ander mense af. In die episode gesels Ernst en Yolanda oor hoe dit hulle lewens affekteer. Hulle bespreek ook hoe ons liggame gewoontes aanleer en dan herhaal ons onbewustelik dieselfde gedrag oor en oor.
27
AUG
2018

Episode 13 - Verskillende Liefdes

Liefde kom in baie vorms en Ernst en Yolanda gesels oor al daai vorms van mens-liefde en hoe dit dan alles terugkom na onvoorwaardelike liefde vir jouself en almal om ons.

23 episodes

« Back 1—12 More »