100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
815 Episodes
36 – 56

Sien om na jou niere

Mense moenie die belangrikheid van die gesonde funksionering van hul niere onderskat nie, sê Mariska Player van White River Dialysis.
14 Mar 13 min

Miqsy Creations hou passie lewend

Monique Grib van Miqsy Creations was sedert haar eerste kennismaking met Polymer-klei vasbeslote om haar kuns in 'n suksesvolle onderneming te omskep.
14 Mar 14 min

DA bekommerd oor planne met Varsproduktemark

Die DA in Mpumalanga het sy kommer uitgespreek oor die onduidelikheid rakende wie die grond besit waarop die Agentskap vir Ekonomiese Groei in Mpumalanga (MEGA) die Varsproduktemark bou. Bosman Grobler sê die entiteit se derde kwartaallikse verslag laat dit voorkom asof hulle beplan om dit oor te dra aan ‘n…
13 Mar 6 min

SAVF Nelspruit hier vir gesinne

Leshego Diloane, 'n maatskaplike werker by die SAVF Kinderbeskermingseenheid in Mbombela, sê ouers behoort eintlik opleiding te ontvang in hoe om kinders groot te maak.
12 Mar 10 min

Tenbosch bring nuwe mynaansoek vir wildtuin

Tenbosch Mining het hul aansoek om steenkool in die Krugerwildtuin te myn - wat hulle na bewering in 2022 terug getrek het - heringestel. Ons gesels met Lambert de Klerk, hoof van omgewingsake by AfriForum.
11 Mar 8 min

UXI Pumas Rugbyinstituut

Die UXI Pumas Rugbyinstituut is nou in sy vierde jaar en groei met rasse skrede. Hulle het vanjaar ook hul eerste vrou in die program verwelkom. Morné Booyens, die operasionele bestuurder, gesels met Skedaddle.
11 Mar 16 min

Dewald Gouws: Staan op

Gospel-sanger Dewald Gouws is in die Laeveld vir optredes. Hy het by Amanda kom inloer en gesels oor sy jongste CD, "Staan op" wat pas vrygestel is.
8 Mar 19 min

Help SANBS 15 000-mikpunt bereik

Die SANBS beoog om hierdie week landwyd 15 000 eenhede bloed in te samel ter voorbereiding van die April-vakansie. Palesa Mazibuko, toesighouer by SANBS Nelspruit, sê hulle hou Saterdag by die skenkersentrum by Grove 'n groot bloedskenk-veldtog. 100.5FM gaan ook daar wees.
7 Mar 6 min

Lize Leonard ervaar Little Miracles met fotografie

Lize Leonard het op die skepe haar passie vir fotografie verloor, maar dit later teruggekry toe sy baba's en kinders en gesinner begin afneem het. Sy deel die waardevolle lesse wat Little Miracles Photography haar geleer het.
7 Mar 14 min

Groenteboer: Bestuur jou geldsake versigtig

Johan Lerm is Die Groenteboer. Hy maak al sedert die Covid-pandemie in 2020 chilliesouse uit die boonste rakke. Jy sal hom by haas enige mark in die Laeveld vind. Kom proe.
6 Mar 17 min

Dr. Tros Bekker: 'Die waarheid moet uit'

Dr. Tros Bekker, ‘n algemene praktisyn van Pretoria, is al beboet oor sy uitlatings oor die “scam-demie”, maar hou aan waarsku teen wat hy beskou as die gevare van inentings. Hy het met Sonop Ontbyt gesels oor waarop hy hierdie siening grond.
5 Mar 11 min

Loopbane: Akteprokureur

Lianda Wells wou al van haar kinderdae 'n prokureur word en het heel toevallig by aktes opgeëindig. Sy raai enigiemand wat ook 'n prokureur wil word, om 'n bietjie tyd by 'n regsfirma te spandeer. Luister weer hier.
4 Mar 10 min

Roman's Pizza borg Sonop-kosblikkes

Roman's Pizza Nelspruit is vanjaar die borg van Sonop Ontbyt se kosblikkieprojek. Jaco en Ronel Uys gaan hand bysit deur elke Woensdag in Maart aan die 40 kinders by Laerskool Bergland pizza te skenk.
4 Mar 10 min

Straathoek-skilder maak opslae in Mbombela

Doctor Khumalo skilder in gemengde medium. Hy kan vir jou enigiets verf wat jy vir jou huis of kantoor verlang. Jy sal hom toevallig op 'n straathoek aantref besig om te werk, maar jy kan hom ook direk kontek. Gaan kyk na sy werk by DoctorTizaKhumalo op Instagram.
1 Mar 11 min
36 – 56