Klipkouers

Sakeman, Jacques Basson, gesels weekliks met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers, wêreldwyd, ten einde praktiese besigheids-en lewensraad te ontgin.
Weekly Afrikaans South Africa Business
72 Episodes
24 – 44

Leon Els

Die buiteland het sy eie uitdagings as dit by sake kom. Dit kan baie uitdagend wees om ? sakeonderneming in die buiteland te begin. Leon Els, eienaar van Octcet, gesels met Klipkouers oor die slaggate. Hy gee ook raad oor luister en die belang daarvan.
17 Apr 2019 31 min

Dawie Swart

Dawie Swart is die vooruitdenkende Hoof Uitvoerende Beampte van Investicore Holdings (Pty) Ltd. Hulle belê in eiendomme hoofsaaklik deur filiale maatskappye wat tesame met verskeie beleggers besit word. Die maatskappy se hooffokus is op industriële en kommersiële eiendomme, maar daar word ook geleenthede in alle sektore van die eiendomsmark geïdentifiseer.
3 Apr 2019 56 min

Morné Smit

Morné Smit is die sakeman en entrepreneur agter Emerse, ‘n besigheidskonsultasie en mentorskap onderneming wat in verskoopstrategie spesialiseer. Emerse werk met beide groot besighede en ‘start-ups’ om hulle te help om te groei en winsgewend te wees.
20 Mar 2019 55 min

Morné Smit.

Morné Smit is die sakeman en entrepreneur agter Emerse, ‘n besigheidskonsultasie en mentorskap onderneming wat in verskoopstrategie spesialiseer. Emerse werk met beide groot besighede en ‘start-ups’ om hulle te help om te groei en winsgewend te wees.
20 Mar 2019 55 min

Jannie Putter

Jannie Putter is 'n bekende provinsiale en nasionale rugbyspeler wat sy ervaring graag as 'n motiveringspreker en kopdokter deel. Hy werk met ‘n verskeidenheid nasionale en internasionale atlete, sportmanne en -vrouens asook die Goue Leeus en Blou Bulle rugbyspanne. Hy is ‘n gereelde spreker op radio en televisie en die…
6 Mar 2019 41 min

Ben Liebenberg

Ben Liebenberg het vonBerg Boutique Butchers saam met sy broer, Issie, en hulle vrouens, Ané en Annelize, gestig. vonBerg bring ‘n vars en opwindende benadering na die vleisindustrie wat aan verbruikers top-gehalte produkte voorsien, sowel as tradisionele, meer moderne en eksperimentele resepte wat inspirasie uit verskeie kulture trek. vonBerg is…
20 Feb 2019 55 min

Louis Albertyn & Abie Kohn

Louis Albertyn en Abie Kohn is medestigters van K.O.S, waar die fokus op die gemeenskap gerig word – die “kos.community.” Hulle passie is om vars, gesonde kos en huishoudelike produkte van kwaliteitgehalte bymekaar te bring en te versprei na 'n middelpunt, of “Kos Hub”, wat gerieflik naby aan die verbruiker…
6 Feb 2019 1 hr 02 min

Dr Cobus Oosthuizen

Nadat hy uitstekende sukses in gemeenskapsontwikkeling behaal het, is Dr Cobus Oosthuizen deur verskeie besighede en maatskappye genader om met veranderingsbestuur en individuele prestasieverbetering by te staan, asook om besighede te help om ‘n positiewe besigheidskultuur te ontwikkel. Dit het tot die onstaan van LifeXchange Solutions gelei, wat slegs op…
23 Jan 2019 1 hr 08 min

Dr Kobus Neethling

Kom luister saam as ons terugkyk na een van ons gewildste onderhoude. Dr Kobus Neethling is die president van die Suid-Afrikaanse Kreatiwiteitstigting en ook hoof van die Kobus Neethling Groep wat wêreld kenners op die gebied van kreatiwiteit en heelbreininstrumente is.
19 Dec 2018 34 min

Kersboodskap

2018 staan nou vinnig einde se kant toe en dis vir my ‘n wonderlike voorreg om ‘n paar Klipkouer-hoogtepunte met julle te deel. Baie dankie vir die volgehoue ondersteuning en lojale luisters - ek wens julle almal ‘n geseënde Kersfees en 'n baie suksesvolle 2019 toe!
12 Dec 2018 17 min

Willem van der Merwe

Willem van der Merwe is die Besturende Direkteur van Africa Biomass Company (ABC) en algehele wenner van Sanlam se 2017 Entrepreneur van die Jaar. Hy het ‘n innoverende oplossing gevind om ou boorde, wingerde, windlanings, saagmeulafval en selfs indringer bome te verwerk, met 'n groot positiewe impak op vrugteplase en…
5 Dec 2018 1 hr 04 min

Roelien von Molendorff

Roelien von Molendorff is die hoof van Innovasie by Heineken Suid-Afrika en bestuur beide die Miller- en Soweto Gold-handelsmerke, en deel ook met innovasie- en klassieke bemarkingspligte.
28 Nov 2018 1 hr 09 min

Jacques Basson

Ek was vir 'n slag bietjie aan die ander kant van die mikrofoon saam met Gareth Cliff - hy het met my oor die ontstaan van Klipkouers gesels: my hele filosofie rondom besigheid en entrepreneurskap, hoekom ek die Klipkouers-potgooi geloods het, hoe dit alles saamsmelt, asook 'n paar lekker staaltjies…
21 Nov 2018 32 min

Arno Smit

In 2011 het Arno Smit FundedByMe begin as 'n hobby projek. Hy vertel hoe hierdie unieke equity crowdfunding platform, beleggers en entrpreneurs konnek vir bevondsing geleenthede. En met plofbare wêreldwye groei in die afgelope 5 jaar, sien hulle hulself as die entrepreneur se beste vriend.
14 Nov 2018 1 hr 17 min

Christine Geldart

Christine Geldart is die eienaar van Marven Equipment, 'n dinamiese familiebesigheid, wat bekend staan as die "Kings Of Customization". Hulle skep allerhande mobiele gereedskaphouers volgens die klient se persoonlike behooftes. Hulle is trots op die feit dat hulle 'n eenstopwinkel kan wees vir enigiets van mobiele werkswinkeloplossings tot brandblussers en…
7 Nov 2018 54 min

Jasper Cloete

Jasper Cloete is 'n man van talle talente met 'n betrokkenheid by 'n verskeidenheid sakegeleenthede. Van die familieondernemings, Eagles Nest Gastehuis en Konferensie sentrum in Fourways en Neo Life met netwerke regoor Afrika, tot die Generational Inheritance Group (GIG). Hy het die GIG gestig met die beweging dat families bemagtig…
31 Oct 2018 1 hr 08 min

Ernest North

Ernest North is die stigter van Naked Insure - Insurance. Onder andere beskik hierdie besigheidsmodel oor motor versekering wat gebou is op kunsmatige intelligensie. Hy vertel ons meer.
24 Oct 2018 1 hr 04 min

Hans Drommedaris

Hans Drommedaris het 'n musiekskool in Pretoria, begin in 2013. Hy is 'n professionêle musikant -sanger- en vermaaklikheids kunstenaar wat uit sy musiek spanbou dae met behulp van dromme en pvc pype- aanbied. Kom luister hoe hierdie veelsydige musikant byval vind by groot en klein.
17 Oct 2018 53 min

Ivan Herselman

Ivan Herselman is 'n prokureur by Argumentum. Hulle unieke waarde as prokureurs en advokate wat saamwerk onder een dak, is dat hul 'n baie sterk projek bestuur fokus het, maak koste beramings vooruit vir kliente sodat hul ingeligde besluite neem en hulle werk 99.9% papierloos. 'n Regsfirma met 'n verskil.
10 Oct 2018 1 hr 02 min

Dr Dirk Koekemoer

Dr Dirk Koekemoer is 'n mediese dokter en entrepreneur. Hy is die stigter van die pharmaseutiese maatskappy eMoyo en het die patent op Kuduwave. Tegnologie wat gehoor kan toets selfs al sit jy onder 'n boom. Sy passie is om bekostigbare gesondheidsorg aan Suid-Afrikaners te verskaf. Kom ons luister na…
3 Oct 2018 1 hr 03 min
24 – 44