Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
31
MAY

CARINA STANDER: DIE BERGENGEL

Aangebied deur Protea Boekhuis.
Die verhaal van ’n mitiese bergengel en
die jong Eron Verberger se lewensveranderende
avontuurreis deur die
land Gabriëllië is die onderwerp van
Carina se fantasieverhaal. Sy vertel meer
omtrent haar karakters en inspirasie
aan die hand van die 30 sketse wat
sy vir haar boek gemaak het.
31
MAY

GERARD SEKOTO: FIELIES EN POTE

Met: Melvyn Minnaar, Barbara
Lindop en Marelize van Zyl.
Op 60 het die kunstenaar Gerard Sekoto
’n prenteboekie vir kinders – oor twee
stout honde – geskryf en geïllustreer. Dié
storie is in 2013, 100 jaar ná sy geboorte,
in 12 tale vertaal, insluitende as Fielies en
Pote in Afrikaans. ’n Beperkte oplaag van
net 100 van dié pragboekie is spesiaal vir
die 100-jaarviering van die US herdruk
en te koop. Kunsjoernalis Melvyn gesels
met Barbara, voorsitter van die Sekoto
Trust, wat Sekoto tydens sy selfopgelegde
ballingskap in Frankryk hoor sing het
(een manier waarop hy aan die lewe kon
bly), en Marelize van Aspire Art, oor die
gesogtheid van sy werk vandag – iets
wat hy nooit beleef het voor sy dood
in ’n ouetuis in die vreemde nie.
31
MAY

REDI TLHABI: KHWEZI

In conversation with: Adriaan Basson.
Presented by Jonathan Ball Publishers.
Adriaan Basson asks the talk show radio host
and author what price Fezekile Ntsukela
Kuzwayo – better known as Khwezi –
ultimately paid as the woman who dared
to accuse Zuma of rape, and why this book
and Jacques Pauw’s touched such a nerve.
31
MAY

DIE SMIT-MOORDE: ‘EK IS LIZA SMIT’

Met: Liza Smit.
Aangebied deur Jacana Media.
Veertig jaar sedert die raaiselmoorde op
NP-politikus Robert Smit en sy vrou in
hulle Springs-tuiste, met RAU TEM teen
die muur geverf as enigste leidraad,
is die moordenaars steeds soek. Liza,
hulle aangenome dogter, was toe 13.
Deur die jare het sy haar eie ondersoeke
gedoen. Weens doodsdreigemente
moes sy en haar kinders selfs in ’n
getuiebeskermingsprogram geplaas
word. Sy vertel haar bisarre verhaal, wat
later vanjaar in boekvorm verskyn, in ’n
eksklusiewe voorskou met Ilse Salzwedel.
31
MAY

GRIEKELAND EN ROME IN SUID-AFRIKA

Met: Amy Daniëls, Philip Bosman,
Samantha Masters, Jo-Marie
Claassen en Samantha Masters.
Aangebied deur Cambridge
University Press.
Is die Klassieke oudheid handlanger van
die kolonialisme? In South Africa, Greece,
Rome: Classical Confrontations, ’n bundel
essays met Grant Parker van Stanford
University as die redakteur, word aspekte
van antieke Grieks-Romeinse kultuur in
Suid-Afrika bespreek – van Romeinse
reg tot die Grondwet, argitektuur en
kuns tot opvoeding, die kolonialis
Rhodes tot die bevryder Mandela, en
die bevrydende invloed van Griekse
drama. Annemaré Kotzé lei die gesprek.
31
MAY

WHOSE HISTORY IS IT ANYWAY?

With: Fred Khumalo, Alexandra
Fuller and Achmat Dangor.
Sandra Swart asks three writers if it is
important to tell accurate stories about the
past – even if it’s offensive or hurtful? Fred
used the sinking of the crew ship SS Mendi
during the First World War as backdrop for
Dancing the Death Drill. Alexandra wrote
about growing up during the Rhodesian
war in her debut and for her new novel,
Quiet Until the Thaw, investigates the
history of two Native American boys in
a South Dakota reserve, while Achmat
returns to the apartheid history in Dikeledi.
31
MAY

HENK GOUS: BREEKPUNT

In gesprek met: Simon Bruinders
en Benescke Janse van Rensburg.
Aangebied deur CUM Uitgewers
Te veel stres en langdurige spanning
kan tot ernstige liggaamlike siektes en
emosionele uitbranding lei. Henk, wat
ook ’n berader is, bespreek maniere
om breekpunt te vermy, gesonde
streshantering en die redes waarom
slagoffers van trauma veg, vlug of vries
met Simon en radio-omroeper Benescke.
31
MAY

LEWENSMAATS OF ‘SUSTERS’

Met: Celesté Fritze en Hester van der Walt.
Ena Jansen gesels met twee debuutskrywers
wat geheimhouding oor lesbiese
seksualiteit as tema het in ’n tyd toe dit
taboe was. Celesté se Verlorenkop, wat vir
talle literêre prys benoem is, verken die
impak van besluite om die skyn te bewaar
oor drie generasies vroue heen, terwyl
Hester in haar memoires Sê my, is julle
susters? die geestelike isolasie beskryf van
alle ‘vlugtelinge’ wat die onversoenbare
waardes van hulle tuiste opsy skuif.
31
MAY

DERICK VAN DER WALT: TUSSEN VRIENDE

In gesprek met: Alta Cloete.
Aangebied deur Queillerie.
Rugby en seer-snaakse grootwordervarings
het Derick al heelparty pryse vir sy
jeugromans én ’n fliekkontrak besorg.
Maar nou skryf hy oor 50-plussers en hulle
alledaagse bestaan uit ’n man se oogpunt
– van vriendskap, skuldgevoelens en ’n
affair, tot ’n huweliksmaat se swaarkry
en kommer oor ’n dwarstrekkind.
31
MAY

GABRIËL BOTMA: POLEMIEKE

In gesprek met: Lizette Rabe.
Aangebied deur Penguin Random House
Onthou jy nog die pennestryd wat in
koerante gewoed het oor Dan Roodt se
teenwoordigheid by die Woordfees? Of
die fel woordewisseling nadat NP van Wyk Louw se Die pluimsaad waai ver
tydens Republiekdagviering opgevoer
is, of die ‘Boetman is die bliksem in’-
briewestorm? Kom verkneuter jou in die
bekgevegte wat die land en Afrikanerkultuur
help slyp het in dié gesprek
tussen twee veteraanjoernaliste.
31
MAY

LOFTUS EN BIBI: SLEGTE SEKS & GIN

Met: Loftus Marais, Bibi Slippers, Desmond
Painter, Ryan Pedro, Annie Klopper, Andries
Bezuidenhout en Charlotte van den Broeck.
Daar is te min gedigte oor slegte seks in
Afrikaans, en te veel oor die natuur, voëls,
God en die liefde. Ses Afrikaanse digters,
een Vlaming en ’n studentedigter kom
lees ’n nuwe gedig oor slegte seks voor
as deel van ’n Vrydagaandse gin bar.
30
MAY

LEON VAN NIEROP: KATELKNAAP

Aangebied deur Penguin Random House.
Die vervaardiger, skrywer en fliekresensent
gee die voorafstorie van Plesierengel, die
storie van Tristan Hansen, ’n jongman wat
deur die rykste vroue in Johannesburg vir
sy ‘dienste’ betaal word. Ons hoor wat hom
sy lewenspaadjie laat kies het en ontmoet
ook die vroue wat hom gelei, gevorm en
opgelei het. Francois Bloemhof gesels
met Leon oor dié witwarm gigolo-storie.

73 episodes

« Back 1—12 More »