Afrikaans Aktueel

AFRIKAANS.COM  |  Podcast , ±28 min episodes every 1 week, 2 days  | 
Elke week word Afrikaans.com se eie radioprogram: Afrikaans Aktueel, op gemeenskapsradiostasies landwyd uitgesaai. Pieter Cloete http://pietercloete.com/, bekende Groot FM radio-omroeper en Afrikaans.com-medewerker vervaardig ‘n halfuur lange-program wat belangrike nuus en sake uitlig wat die Afrikaanse leefwêreld inkleur. Hier kan jy luister na onderwerpe soos moedertaalonderrig, #waarsitlekka by feeste, kunstenaarsfokusse, taalnuus en opwindende projekte en kompetisies waarmee Afrikaans.com besig is. Klik op die blokkies hieronder vir heerlike luistergenot. Jy kan die programme aflaai of aanstuur.

Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
30
OCT
2018

30 Oktober 2018 Afrikaans Aktueel

Rym en lag jou kind slimmer, Marlene le Roux vertel hoekom Afrikaans vir haar onmisbaar is en nominasies is nou oop om iemand vir die gesogte Jan H Marais-prys. Ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
23
OCT
2018

Afrikaans Aktueel 23 Oktober 2018

Johan Jack Smith deel hoekom Afrikaans vir hom #onmisbaar is. Schalk Bezuidenhout vertel meer oor die fliek, Kanarie, en jy sal moet opskud, nog net ’n week oor om te woeker met jou talente om daai prys van R 10 000 te wen! Ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
16
OCT
2018

Afrikaans Aktueel 16 Oktober 2018

Afrikaans se wortels word bekyk gedurende vanjaar ser herkomsseminaar, afrikaans.com het saam gemakietie by kykNET en Kwêla se dorp van die jaar kompetisie. Ek vertel ook meer oor vanjaar se Aardklop fees en opskud, jy het nog net ’n paar dae kans om iemand te nomineer vir ’n Afrikaanse Taalraad koker toekenning, Fatima Ali van die Afrikaanse Taalraad vertel hoe jy iemand kan nomineer.. Ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
09
OCT
2018

Afrikaans Aktueel 09 Oktober 2018

Meer oor vanjaar se ATKV-tienertoneel kompetisie, bekende radio en televisie persoonlikheid Heinrich Wyngaard deel hoekom Afrikaans vir hom onmisbaar is en Ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
02
OCT
2018

Afrikaans Aktueel 02 Oktober 2018

Die bekende sanger en liedjieskrywer, Anna Davel vertel hoekom Afrikaans vir haar #onmisbaar is, meer oor vanjaar se ATKV-Moedertaalfees en Sophia Kapp sluit die week se program af met haar weeklikse taal insetsel.
25
SEP
2018

Afrikaans Aktueel 25 September 2018

Ek gesels met die kletsrymer Early B, ek vertel jou ook meer oor hoe jy R 2000 kan wen met Die Kontrak en afrikaans.com. Graad 11 & 12s - julle moet opskud, daar is min tyd oor om in te skryf vir die droomgroot kompetisie. Ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
18
SEP
2018

Afrikaans Aktueel 18 September 2018

Jy kan R 2000 wen met Die Kontrak en afrikaans.com! September is leesmaand en ek moedig jou aan om saam jou kind bordspeletjies te speel en so paar redes hoekom dit tot voordeel van jou kind kan wees. Sinki Mlambo deel hoekom afrikaans vir haar #onmisbaar is en graad 11 & 12's - julle moet opskud, daar is min tyd oor om in te skryf vir die #droomgroot18 kompetisie! Ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
11
SEP
2018

Afrikaans Aktueel 11 September 2018

Ek vertel meer oor die WAT handelsnaam kompetisie wenners, Sandra Prinsloo deel hoekom Afrikaans vir haar onmisbaar is, Ellen Pakkies fliek tans in teaters en ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
04
SEP
2018

Afrikaans Aktueel 04 Sept 2018

Ek gesels met ’n ’n innoverende entrepreneur – Ingrid de Waal, sy boer met laventel, maar ook met Afrikaans. Meer oor afrikaans.com se nuutste #onmisbaar veldtog. en ek vertel jou meer oor ’n nuwe studierigting by Akedemia! Ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
28
AUG
2018

Afrikaans Aktueel 28 Augustus 2018

Augustus is vroue maand en afrikaans.com vier vrou weees met vroue vir afrikaans. Die week gesels ek met Janine Adonis. Al ooit gehoor van die nuwe tydskrif Koos? En, meer oor fotostaatmasjien se nuwe enkelsnit. Ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
21
AUG
2018

Afrikaans Aktueel 21 Augustus 2018

Meer oor vanjaar se Silwerskermfees, ATKV se nuwe advertensieveldtog, ons is nog in Augustus wat vroue maand heet, en ek gesels die week met Bridgitte Mathews, die nuwe uitvoerende hoof van die ATKV. Ek vertel ook meer oor die naguilklub - ’n inspirasie vir jong ouers en meer oor die Festival voor Afrikaans in Nederland. Ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
14
AUG
2018

Afrikaans Aktueel - 14 Augustus 2018

Opskud! Tyd raak min vir vanjaar se #DroomGroot18 kompetisie! Het jy al gehoor van 'Koop-'n-Afrikaanse-boek-dag"? En, Susan Lombaard gesels met my oor vroue vir Afrikaans. Ek sluit af met Sophia Kapp se taalwenk van die week.

78 episodes

« Back 13—24 More »