Afrikaans Aktueel

AFRIKAANS.COM  |  Podcast , ±28 min episodes every 1 week, 3 days  | 
Elke week word Afrikaans.com se eie radioprogram: Afrikaans Aktueel, op gemeenskapsradiostasies landwyd uitgesaai. Pieter Cloete http://pietercloete.com/, bekende Groot FM radio-omroeper en Afrikaans.com-medewerker vervaardig ‘n halfuur lange-program wat belangrike nuus en sake uitlig wat die Afrikaanse leefwêreld inkleur. Hier kan jy luister na onderwerpe soos moedertaalonderrig, #waarsitlekka by feeste, kunstenaarsfokusse, taalnuus en opwindende projekte en kompetisies waarmee Afrikaans.com besig is. Klik op die blokkies hieronder vir heerlike luistergenot. Jy kan die programme aflaai of aanstuur.

Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
19
JUN

Afrikaans Aktueel 19 Junie 2018

Jana Luther gesels met Dr Frikkie Lombaard oor Getalle, syfers en simbole in Afrikaans. En, Verona het pas haar debuutalbum Maskers vrygestel en beplan om nog diep spore in die vermaaklikheidsbedryf te trap. Ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
12
JUN

Afrikaans Aktueel 12 Junie 2018

Vanjaar se Innibos kunstefees is om die draai, meer oor Bo-Kaapse Afrikaanse en als wat jy moet weet oor disleksie. Ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
05
JUN

Afrikaans Aktueel 05 Junie 2018

Dit is amper Vadersdag en afrikaans.com het weer digitale vadersdagkaartjies wat jy gratis kan aflaai. Christoph Kotze, oftewel Appel soos hy bekendstaan het al verskeie treffer liedjies geskryf nog voor hy self as kunstenaar sukses behaal het. Ek het met hom gesels oor sy loopbaan tot dusver. En, meer oor Kaapse vlakte afrikaans. Ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
29
MAY

Afrikaans Aktueel 29 Mei 2018

Irshaad Ally is binnekort op die grootskerm te sien as Randal Hendricks in die langverwagte misdaadriller, Nommer 37, wat reeds internasionaal naam gemaak het. Annelien van Basten gesels met hom oor hoe sy verlede hom help voorberei het vir hierdie rol. Die Afrikaanse Taalraad vier vanjaar 10 jaar en ek gesels met ’n paar rolspelers wat laas jaar by hul Matriekberaad wase en ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
22
MAY

Afrikaans Aktueel 22 Mei 2018

Binnelanders vier 3000 episodes, Karen Zoid weer president van Zoid Afrika, waarin lê die waarde van Afrikaans vir jou? Rene Arendse gesels met ’n paar Afrikaanssprekendes van Pniel en Sophia Kapp van Viva deel haar taalwenk.
15
MAY

Afrikaans Aktueel 15 Mei 2018

In vandeesweek se program: Milanie Vosloo, projekbestuurder van Afrikaans.com vertel meer oor Afrikaans.com se nuutste veldtog wat die week afskop, Dr Neil van Heerden gesels oor hoekom hy Afrikaans as studierigting gekies het, en ek sluit af, soos oudergewoonte met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
08
MAY

Afrikaans Aktueel - 08 Mei 2018

Die dahling van Darling word vereer met ’n Herzog prys! Daan Potgieter, die nuwe Uitvoerende Hoof van die Afrikaanse Onderwys Netwerk deel sy visie oor dié nuwe organisasie. Sophia Kapp van die toep, Viva, sluit die week se Afrikaans Aktueel af.
01
MAY

Afrikaans Aktueel 01 Mei 2018

Dit was vanjaar se 7de Ghoema toekennings en ek was daar, ek gee vir jou ’n oorsig van al die wenners. Is jy ’n wiskunde boffin en in graad 10 - 12? Ek vertel jou van ’n kompetisie waar die prysgelde oor die R 150 000 is! Ek sluit af, soos oudergewoonte met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
24
APR

Afrikaans Aktueel 24 April 2018

Dit is vanjaar die 7de Ghoema toekennings en ek deel met jou my gunstelinge wat ek dink ’n goeie kans staan om te wen, 23 April was wêreld boekedag, so paar ambassadeurs vir Afrikaans vertel hoekom hulle lief is vir lees en ’n skatkis vol letterkunde kry ’n veilige hawe oorsee. Ek sluit af, soos oudergewoonte met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
17
APR

Afrikaans Aktueel - 17 April 2018

As jy ’n liefde vir Skaak het, kan jy nou nog meer leer oor die bordspeletjie, en dit nogal in Afrikaans! Ek gesels ook met Marlie Coetzee, sy is die nuwe bedryfshoof van Viva. Die kyknet kwêla dorp van die jaar kompetisie is tans opsoek na Suid-Afrika se geliefde dorp en Afrikaans.com wil weet wat maak Afrikaans #onmisbaar in jou kontrei, en sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
10
APR

Afrikaans Aktueel 10 April 2018

In vandeesweek se program: Ek gesels met Laurinda Hofmeyr oor die toonsetting van gedigte, KykNET se Kwêla laat val weer die kollig op die spesiale dorpe en hul mense van ons pragtige land. Vanjaar gaan afrikaans.com weer saam op reis en hulle neem trots hande met hierdie heerlike en opwindende kompetisie waarvan ek jou meer oor gaan vertel en ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
03
APR

Afrikaans Aktueel 03 April 2018

In vandeesweek se program: afrikaans.com trek ’n nuwe baadjie aan! Meer oor Antoinette Pienaar, ons eie karookruiekoniging en dis KKNK tyd in die Klein Karoo ek sluit ook af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.

47 episodes

« Back 1—12 More »