Afrikaans Aktueel

AFRIKAANS.COM  |  Podcast , ±28 min episodes every 1 week, 2 days  | 
Elke week word Afrikaans.com se eie radioprogram: Afrikaans Aktueel, op gemeenskapsradiostasies landwyd uitgesaai. Pieter Cloete http://pietercloete.com/, bekende Groot FM radio-omroeper en Afrikaans.com-medewerker vervaardig ‘n halfuur lange-program wat belangrike nuus en sake uitlig wat die Afrikaanse leefwêreld inkleur. Hier kan jy luister na onderwerpe soos moedertaalonderrig, #waarsitlekka by feeste, kunstenaarsfokusse, taalnuus en opwindende projekte en kompetisies waarmee Afrikaans.com besig is. Klik op die blokkies hieronder vir heerlike luistergenot. Jy kan die programme aflaai of aanstuur.

Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
26
FEB

Afrikaans Aktueel - 26 Februarie 2019

Ek sluit moedertaalonderrigmaand af met ’n onderhoud met Ria Olivier van die Afrikaanse Taalraad. Die 2018-droom groot wenner het uitgeblink by Rocco de Villiers se onlangse konsert in Pretoria en ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
19
FEB

Afrikaans Aktueel - 19 Februarie 2019

Gerswin Cupido wil graag jongmense bemagtig, behalwe vir dié passie is hy ook ’n ambassadeur vir Afrikaans en vertel meer oor hoekom moedertaalonderrig vir hom belangrik is. Meer oor taalbeleid in skole, wat ’n baie sensitiewe saak is op die oomblik en later in die program vertel ek meer oor ’n reeks hulpmiddels vir Graad 8 tot 12’s wat kan help om die stres uit toetse en eksamens te haal. Ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
12
FEB

Afrikaans Aktueel 12 Februarie 2019

’n Nuwe makrogids van Afrikaans vir jou huis - meer oor die nuwe naslaangids. Afrikaans.com vier moedertaalonderrig en later in die program gesels ek met ambassadeur vir Afrikaans, Marelize Swanepoel oor die belangrikheid van Afrikaans en die belangrikheid van moedertaalonderrig en ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
05
FEB

Afrikaans Aktueel 05 Februarie 2019

In vandeesweek se program: Die FAK nooi jou uit om saam met hulle op reis te gaan na Duitsland en Italië! Die toer is ideaal vir graad 10- en 11-leerders wat Duits of kuns as skoolvakke neem en beloof om elke toerlid se horisonne te verbreed. Februarie is Moedertaalonderrig maand en afrikaans.com nooi jou uit om hieraan deel te neem. Dit is ook die maand van liefde en ek vertel hoe jy jou liefdesboodskap kreatief op ’n digitale kaartjie kan pen. Ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
29
JAN

Afrikaans Aktueel 29 Januarie 2019

Vrydag, 1 Februarie 2019, is wêreld-hardopleesdag en Pieter Cloete vertel jou meer oor hoe jy kan betrokke raak en natuurlik die belangrikheid van hardoplees. Leer kan pret wees met afrikaans.com se voorskoolse leerhulp fokus en hy sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
22
JAN

Afrikaans Aktueel - 22 Januarie 2019

Meer oor die nuwe afrikaanse film, Dominee Tienie, 78 Jarige Elise Calitz se tweede boek bekendgestel en meer oor die webblad, pendit.co.za. Ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.Ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
15
JAN

Afrikaans Aktueel 15 Januarie 2019

Een keer per maand gaan ek fokus op ’n organisasie wat hul beaam met die bevordering van Afrikaans. Die week is die fokus op die SBA (Stigting vir die bemagtiging deur Afrikaans). Ek gesels met Fatima Allie oor die dinamiese span en organisasie. Meer oor Afrikaans.com se 2019 muurprojek en sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
08
JAN

Afrikaans Aktueel 08 Januarie 2018

afrikaans.com deel so paar wenke om die onsekerheid uit jou kind se eerste skooldag te haal, Leon Gropp deel meer oor sy musiek en televisie loopbaan en dan is daar ook ’n hele rits nuwe ambassadeurs vir Afrikaans. Ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
11
DEC
2018

Afrikaans Aktueel 11 Desember 2018

Oulike raad vir jou kind se kerskous die kersfees, spesiale kersfeesboodskap van Anton Goosen en onderwysers kan R 20 000 wen met Maroela Media se Afrikaanse Wikipedia projek. Ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
04
DEC
2018

Afrikaans Aktueel 04 Desember 2018

Die wenner van die #DROOMGROOT18 kompitisie is bekendgemaak, jy kan Afrikaans help op afrikaans wikipedia en meer oor Maroela Media se Matrieks toepassing. Ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
27
NOV
2018

Afrikaans Aktueel 27 November 2018

Spel speel-speel beter in Afrikaans. Daar is minder as 27 dae oor voor kersfees en ek deel so paar idees vir geskenke (in Afrikaans natuurlik) wat jy aanlyn kan koop die kersfees en meer oor Leon Schuster en sy nuwe fliek. Ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.
20
NOV
2018

Afrikaans Aktueel 20 November

Theo Kemp is onlangs as die uitvoerende direkteur van die Jakes Gerwel stigting aangewys, Rene Arendse het met hom gesels oor die nuwe inisiatief in die Oos-Kaap. Meer oor wêreld kinderdag en Afrikaans.com het ook met die nuwe besturende direkteur van die ATKV gesels, Sonél Brits. Ek sluit af met Sophia Kapp se insetsel oor Afrikaans en taal.

80 episodes

« Back 1—12 More »