GROOTfm 90.5 #GROOTtrauma & Reg of Verkeerd met Pieter Cloete

#GROOTtrauma & Reg of Verkeerd met Pieter Cloete

Pieter se radioloopbaan het in 2010 by ’n klein gemeenskapsradiostasie begin. Hy het sy vlerke gesprei en in April 2016 die Knysnabos verruil vir Pretoria se stadsliggies, waar hy weeksaande jou uitgenooi het om saam met hom te kuier op GROOTfm 90.5 vanaf 18:00 elke aand. Met sy professionele, tog gemaklike stemtoon en persoonlikheid, help hy jou vanaf Maandag, 30 Maart 2020 tussen 05:00 – 06:00 weeksoggende, om wakker te word en gereed te maak vir die dag wat voorlê.

Pieter hou jou op hoogte van wat op die paaie gebeur en deel ook relevante nuusgebeure wat deur die loop van die nag/vroegoggend plaasgevind het.

Om 05:35, deel hy daagliks inspirasie-insette deur verskeie persone soos Lindie Strydom, Elizabeth Theunissen, Jaco Strydom en Deon van der Berg.

In 2017 was Pieter ‘n finalis in die gemeenskapsradiokategorie ‘Best night time show’ by die Liberty Radio Awards en in 2018 ‘n finalis in die ATKV-mediaveertjie kategorie ‘Beste aanbieder by ‘n gemeenskapsradiostasie’. In 2019 Wen Pieter die RDMA-toekenning (Responsible Drinking Media Awards) vir die ‘verantwoordelike gebruik van alkohol’-inset, op die program GROOTtrauma (hy was ook ‘n finalis in die kategorie in 2018). Sy program, Reg of Verkeerd (Dinsdae-aande om 20:00) is ook in 2020 genomineer vir ‘n SA Radiotoekenning in die kategorie: News & Actuality program.
Weekly Afrikaans South Africa News Commentary · Documentary
380 Episodes
24 – 44

#GROOTtrauma - 12 April 2023 - Konkusie

Konkusie onder sport persone, veral jonger sport spelers is 'n baie sensitiewe onderwerp. Dr Meerash Ramsammy, 'n neurosjirug gesels oor konkusie, die gevare en ook hoe jy kan terugkeer sport toe.
12 Apr 2023 41 min

#GROOTtrauma 5 April 2023 - Selfskending

Dr. Wium Erasmus gesels oor selfskending. Gerthyo en Wilando Ferreira gesels ook oor 'n toep, wat tienerprobleme vroegtydig identifiseer en kan help om selfskending en selfdood onder leerders te voorkom
10 Apr 2023 35 min
24 – 44