Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)

Die eeufeesuitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is op 3 Augustus 2017 amptelik bekendgestel.
In hierdie podsendingreeks van 27 episodes word die elfde uitgawe van die AWS in detail bespreek deur verskillende lede van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In die eerste twee episodes word 'n algemene oorsig oor die AWS gegee; daarna word elk van die dele van die AWS in afsonderlike episodes bespreek. Die reeks word afgesluit met 'n vooruitskouende besinning oor die toekoms van standaardtaal en die AWS.
English South Africa Language Learning · Education
31 Episodes
12 – 31

13. Hoofstuk 9: Hoof- en kleinletters

Episode 13: Hoofstuk 9: Hoof- en kleinletters (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Die keuse tussen hoof- en kleinletters lyk dalk soms bedrieglik maklik, maar dit is eintlik 'n skryfkwessie met baie nuanses. In hierdie episode probeer ons om die reëls so eenvoudig as moontlik saam te groepeer en saam…
Season 1 / Episode 13 27 min

14. Hoofstuk 10: Kappie

Episode 14: Hoofstuk 10: Kappie (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). Die hoofstuk oor die kappie is die tweede kortste hoofstuk in die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017). As jy al gewonder het waarom "skêr" mét 'n kappie geskryf word, maar "perd" nié, luister dan in hierdie episode na die…
Season 1 / Episode 14 5 min

15. Hoofstuk 11: Konsonante

Episode 15: Hoofstuk 11: Konsonante (Jana Luther en Frikkie Lombard). Hierdie episode van die reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) bied ’n oorsig oor die verdubbeling al dan nie van konsonantletters, voltooide deelwoorde wat eindig op -te en -de, en die beginsel van gelykvormigheid in Afrikaans.
Season 1 / Episode 15 26 min

16. Hoofstuk 12: Koppelteken

Episode 16: Hoofstuk 12: Koppelteken (Suléne Pilon en Gerhard van Huyssteen). In hierdie episode van VivA se reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die koppelteken onder die loep geneem. Ons onderskei tussen vyf verskillende soorte koppeltekens en lig elkeen ruim toe met voorbeelde.
Season 1 / Episode 16 13 min

17. Hoofstuk 13: Leestekens

Episode 17: Hoofstuk 13: Leestekens (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In hierdie episode van VivA se reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word een van die twee nuwe hoofstukke in die AWS bespreek, naamlik die hoofstuk oor leestekens. Ons gesels eers oor die agtergrond van hierdie hoofstuk…
Season 1 / Episode 17 54 min

18. Hoofstuk 14: Meervoude

Episode 18: Hoofstuk 14: Meervoude (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Van die belangrikste inligting wat in woordeboeke opgeneem word, is hoe meervoude in Afrikaans gevorm word. Daar word daarom ook 'n hele hoofstuk met reëls vir die vorming van meervoude in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (2017) aangebied. In…
Season 1 / Episode 18 24 min

19. Hoofstuk 15: Skryfwyse - los en vas

Episode 19: Hoofstuk 15: Skryfwyse - los en vas (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). In die negentiende episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word een van die moeilikste kwessies in die Afrikaanse ortografie bespreek, naamlik wanneer jy woorde los of vas aan mekaar moet…
Season 1 / Episode 19 36 min

20. Hoofstuk 16: Trappe van vergelyking

Episode 20: Hoofstuk 16: Trappe van vergelyking (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is daar in die 2017-uitgawe 'n hoofstuk oor trappe van vergelyking ingesluit. Ons gesels oor 'n paar wanopvattings oor trappe van vergelyking en…
Season 1 / Episode 20 8 min

21. Hoofstuk 17: Verkleiningsvorme

Episode 21. Hoofstuk 17: Verkleiningsvorme (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Daar is basies sewe agtervoegsels/suffikse wat in die Afrikaanse verkleiningskonstruksie gebruik word: -ie; -jie; -tjie; -'tjie; -etjie; -kie; en -pie. In hierdie episode word die verskillende tipes woorde waar hierdie morfeme gebruik word, bespreek.
Season 1 / Episode 21 6 min

22. Hoofstuk 18: Vokale

Episode 22. Hoofstuk 18: Vokale (Jana Luther en Frikkie Lombard). ’n Opsomming van die faktore wat die weergawe van Afrikaanse vokale (klinkers) in skrif beïnvloed: oop en geslote lettergrepe, klem, herkoms, klankomgewing en tradisie.
Season 1 / Episode 22 19 min

23. Hoofstuk 19: Wisseling en subkategorieë

Episode 23. Hoofstuk 19: Wisseling en subkategorieë (Gerhard van Huyssteen en Jana Luther). Sommige mense raak ongedurig omdat die Taalkommissie wisselvorme vir sommige woorde in die AWS aanbied, terwyl ander mense dit juis verwelkom. In hierdie episode ondersoek ons die belangrikste kategorieë waar wisselvorme sistematies voorkom.
Season 1 / Episode 23 17 min

24. Hoofstuk 20: Woorde van vreemde herkoms

Hoofstuk 20: Woorde van vreemde herkoms (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). Soos wat in alle ander tale gebeur, gaan leen Afrikaanse mense ook dikwels woorde by ander tale. Maar hoe gemaak met die spelling van sulke woorde? Ons bespreek die drie hoofkategorieë van leenwoorde aan die hand van talle…
Season 1 / Episode 25 10 min

26. Bylae A: Lys afkortings en simbole

Episode 26: Bylae A: Lys afkortings en simbole (Jana Luther en Phillip Louw). Hoe gemaak met afkortings in Afrikaans? Die beginsels en reëls vir die vorming van afkortings is in hoofstuk 3 van die Spelreëls vervat. In dié bylae word leidinggewende en gebruiklike voorbeelde gegee wat dié beginsels en reëls…
Season 1 / Episode 26 9 min

25. Woordelys

Episode 25: Woordelys (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). In die 25ste episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die woordelysgedeelte bespreek. Ons praat kortliks oor hoe die woordelys verander het sedert die 2009-AWS, spesifiek oor woorde wat bygevoeg en geskrap is. Die grootste gedeelte…
Season 1 / Episode 26 46 min

27. Bylaes: Buitelandse sake

Episode 27: Bylaes: Buitelandse sake (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Die bylae oor transliterasie en die ene oor buitelandse geografiese eiename met hulle afleidings, is ou bekendes in die AWS. In die 2017-AWS is twee addisionele bylaes wat oor buitelandse geografiese name handel, bygevoeg. In hierdie episode bespreek ons…
Season 1 / Episode 28 14 min

28. Bylae: Lys elemente in die periodieke tabel

Episode 28: Bylae: Lys elemente in die periodieke tabel (Jana Luther en Frikkie Lombard). Hierdie episode in die reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) bied ’n kort samevatting van die inligting in hierdie tabel.
Season 1 / Episode 29 3 min

29. Bylae: SI-stelsel: Gebruiksriglyne

Episode 29: Bylae: SI-stelsel: Gebruiksriglyne (Jana Luther en Frikkie Lombard). Hierdie episode van die reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) bied ’n oorsig oor die meeteenhede van die Internasionale Stelsel van Eenhede, kortweg die SI-stelsel of metrieke stelsel genoem, en die skryfwyse van groot getalle (biljoen en miljard!)…
Season 1 / Episode 30 9 min

30. Bylae H & I: Omgangsafrikaans en Terminologielys

Episode 30. Bylae H & I: Omgangsafrikaans en Terminologielys (Jana Luther en Frank Hendricks). Die AWS is grotendeels beperk tot hedendaagse, geskrewe Standaardafrikaans en bereël die skryfwyse daarvan. As voorlaaste bylae is daar in die AWS egter ook 'n kort hoofstuk ingesluit oor Omgangsafrikaans. Hoe definieer ons Omgangsafrikaans, en op…
Season 1 / Episode 31 15 min

31. Die toekoms van standaardtaal en die AWS

In dié slotaflewering van VivA se podsendingreeks oor die 11de uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls gesels die nuutverkose ondervoorsitter, Suléne Pilon, met die Taalkommissievoorsitter, prof. Gerhard van Huyssteen, oor standaardtaal en spesifiek die standaardvariëteit van Afrikaans. Die verskillende funksies en die vier formaliteitsvlakke van Afrikaans word bespreek; algemene…
Season 1 / Episode 32 26 min
12 – 31