Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)

Die eeufeesuitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is op 3 Augustus 2017 amptelik bekendgestel.
In hierdie podsendingreeks van 27 episodes word die elfde uitgawe van die AWS in detail bespreek deur verskillende lede van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In die eerste twee episodes word 'n algemene oorsig oor die AWS gegee; daarna word elk van die dele van die AWS in afsonderlike episodes bespreek. Die reeks word afgesluit met 'n vooruitskouende besinning oor die toekoms van standaardtaal en die AWS.
English South Africa Language Learning · Education
31 Episodes
1 – 20

8. Hoofstuk 4: Akuutteken

Episode 8: Hoofstuk 4: Akuutteken (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). In die agtste episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die akuutteken onder die loep geneem. Wat is die verskil tussen die akuutteken en die gravisteken? Wat is die verskil tussen "na" en "ná"?…
Season 1 / Episode 8 4 min

9. Hoofstuk 5: Deelteken

Episode 9: Hoofstuk 5: Deelteken (Gerhard van Huyssteen en Jana Luther). In die negende episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die deelteken bespreek. As jy vergeet om die deelteken te skryf by woorde waar dit verpligtend is, kan dit jou in die verleentheid bring…
Season 1 / Episode 9 16 min

1. Wat is die AWS?

Episode 1: Wat is die AWS? (Gerhard van Huyssteen). In die eerste episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word twee vrae beantwoord: (1) Wat is die AWS?; en (2) Hoekom moet jy die AWS koop? In die episode word ook 'n oorsig oor die hele…
Season 1 / Episode 1 21 min

2. Hoe verskil die 2017-AWS van die 2009-AWS?

Episode 2: Hoe verskil die 2017-AWS van die 2009-AWS? (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). In die tweede episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die 2017-AWS met vorige AWS'e vergelyk. Ons gee 'n oorsig oor die belangrikste vernuwings in die 2017-AWS.
Season 1 / Episode 2 32 min

3. Voorwerk: Voorwoord, toeligting en gebruikersgids

Episode 3: Voorwerk: Voorwoord, toeligting en gebruikersgids (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In die derde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die voorwoord, toeligting en gebruikersgids bespreek.
Season 1 / Episode 3 8 min

4. Voorwerk: Grondbeginsels van die spelling en skryfwyse van Afrikaans

Episode 4: Voorwerk: Grondbeginsels van die spelling en skryfwyse van Afrikaans (Gerhard van Huyssteen). In die vierde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die grondbeginsels van die spelling en skryfwyse van Afrikaans bespreek. Drie vrae word beantwoord: (1) Vir wie is die grondbeginsels belangrik?;…
Season 1 / Episode 4 34 min

5. Hoofstuk 1: Afbreek van woorde

Episode 5: Hoofstuk 1: Afbreek van woorde (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In die vyfde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die afbreek van woorde in Afrikaans bespreek. Is dit regtig nog nodig vir 'n hoofstuk oor hierdie onderwerp as woordverwerkers outomaties woorde…
Season 1 / Episode 5 5 min

6. Hoofstuk 2: Afkappingsteken

Episode 6: Hoofstuk 2: Afkappingsteken (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In die sesde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die afkappingsteken (oftewel apostroof) bespreek. Wat is die verskil tussen die afkappingsteken en die afbreekteken? En hoe verskil die gebruik van die afkappingsteken in…
Season 1 / Episode 6 4 min

7. Hoofstuk 3: Afkortings

Episode 7: Hoofstuk 3: Afkortings (Jana Luther en Phillip Louw). In die sewende episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die reëls en riglyne vir die algemeen erkende afkortings van Afrikaans bespreek.
Season 1 / Episode 7 14 min

10. Hoofstuk 6: Diftonge

Episode 10: Hoofstuk 6: Diftonge (Jana Luther en Gerhard van Huyssteen). In die tiende episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word diftonge (oftewel tweeklanke) bespreek. Hoofstuk 6 is die kortste hoofstuk in die AWS. Wat is die noodsaak vir dié hoofstuk?
Season 1 / Episode 10 3 min

11. Hoofstuk 7: Getalle, syfers en simbole

Episode 11: Hoofstuk 7: Getalle, syfers en simbole (Jana Luther en Frikkie Lombard). In die elfde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word leiding gegee oor die skryfwyse van woorde en woordgroepe waarin syfers, getalle en simbole as komponente van soortname optree. (Onthou om ook…
Season 1 / Episode 11 15 min

12. Hoofstuk 8: Gravisteken

Episode 12: Hoofstuk 8: Gravisteken (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). In die agtste episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die gravisteken bespreek. Hoe spreek 'n mens die woord "gravis" uit? Wat is die verskil tussen die akuutteken en die gravisteken? In watter gevalle…
Season 1 / Episode 12 4 min

13. Hoofstuk 9: Hoof- en kleinletters

Episode 13: Hoofstuk 9: Hoof- en kleinletters (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Die keuse tussen hoof- en kleinletters lyk dalk soms bedrieglik maklik, maar dit is eintlik 'n skryfkwessie met baie nuanses. In hierdie episode probeer ons om die reëls so eenvoudig as moontlik saam te groepeer en saam…
Season 1 / Episode 13 27 min

14. Hoofstuk 10: Kappie

Episode 14: Hoofstuk 10: Kappie (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). Die hoofstuk oor die kappie is die tweede kortste hoofstuk in die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017). As jy al gewonder het waarom "skêr" mét 'n kappie geskryf word, maar "perd" nié, luister dan in hierdie episode na die…
Season 1 / Episode 14 5 min

15. Hoofstuk 11: Konsonante

Episode 15: Hoofstuk 11: Konsonante (Jana Luther en Frikkie Lombard). Hierdie episode van die reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) bied ’n oorsig oor die verdubbeling al dan nie van konsonantletters, voltooide deelwoorde wat eindig op -te en -de, en die beginsel van gelykvormigheid in Afrikaans.
Season 1 / Episode 15 26 min

16. Hoofstuk 12: Koppelteken

Episode 16: Hoofstuk 12: Koppelteken (Suléne Pilon en Gerhard van Huyssteen). In hierdie episode van VivA se reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die koppelteken onder die loep geneem. Ons onderskei tussen vyf verskillende soorte koppeltekens en lig elkeen ruim toe met voorbeelde.
Season 1 / Episode 16 13 min

17. Hoofstuk 13: Leestekens

Episode 17: Hoofstuk 13: Leestekens (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In hierdie episode van VivA se reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word een van die twee nuwe hoofstukke in die AWS bespreek, naamlik die hoofstuk oor leestekens. Ons gesels eers oor die agtergrond van hierdie hoofstuk…
Season 1 / Episode 17 54 min

18. Hoofstuk 14: Meervoude

Episode 18: Hoofstuk 14: Meervoude (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Van die belangrikste inligting wat in woordeboeke opgeneem word, is hoe meervoude in Afrikaans gevorm word. Daar word daarom ook 'n hele hoofstuk met reëls vir die vorming van meervoude in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (2017) aangebied. In…
Season 1 / Episode 18 24 min

19. Hoofstuk 15: Skryfwyse - los en vas

Episode 19: Hoofstuk 15: Skryfwyse - los en vas (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). In die negentiende episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word een van die moeilikste kwessies in die Afrikaanse ortografie bespreek, naamlik wanneer jy woorde los of vas aan mekaar moet…
Season 1 / Episode 19 36 min

20. Hoofstuk 16: Trappe van vergelyking

Episode 20: Hoofstuk 16: Trappe van vergelyking (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is daar in die 2017-uitgawe 'n hoofstuk oor trappe van vergelyking ingesluit. Ons gesels oor 'n paar wanopvattings oor trappe van vergelyking en…
Season 1 / Episode 20 8 min
1 – 20