

Subscribe to this channel
You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed
You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Spotify
This channel is available on Spotify. Follow the link above to view episodes on Spotify.

Signup to iono.fm
Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
05
MAR
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 4
Alwyn sit alles wat hy nodig het vir sy jagekspedisie, bymekaar. Lusinda jaag vir Ribs rond met voorbereidings vir die lughawe se opdedag. Dolla besef sy hou dalk meer van Ribs se geselskap as van Alwyn s’n. Alwyn smokkel ‘n sak in op die vliegtuig. Wat kan daarin wees?
04
MAR
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 3
Lusinda Hartlief is die lughawebestuurder, en probeer Magnus se arm draai om aan die lughawe se opedag deel te neem. Dolla Adams, die eienaar van die koffiewinkel, ontmoet vir Alwyn Marx en natuurlik moet hy eers by haar probeer aanlê. Alwyn het ‘n interessante voorstel vir Magnus.
03
MAR
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 2
Magnus en Magda van der Vyfer, die streek se veearts, sit vas in ‘n boom, met ‘n omgekrapte verwagtende renosterkoei wat hulle dophou. Zane en Ribs Fourie is op die loods se dak om van die duiwe ontslae te raak, en daar ontdek hulle iets interessant op die plaas langs die lughawe.
02
MAR
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 1
Zane Stuurman probeer die Piper-vliegtuig se enjin skoonmaak, maar word kort-kort onderbreek deur mense wat vir Magnus Adendorf soek. Magnus is die eienaar van Ikarus Lugredery en onderneem die vreemdste en gevaarlikste vlugte. Natuurlik teen die regte prys.
01
MAR
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 59 (slot)
Wilmien deel Stephen mee dat sy besluit het om saam met hom Griekeland toe te gaan. Morné word verras met Jolene se Tankwa-waternimf-uitrusting en vra haar om verloof te raak. Oom Blikkies neem afskeid van Stephen, en vertel hom dat hy met sy oorlede self kontak gemaak het.
26
FEB
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 59
Blikkies vra Stephen om hom vrye toegang tot sy algoritmes te gee sodat hy kan begin werk aan ’n selfbewusmakingsprogram. Lizzie nooi Hannes vir ’n romantiese volmaanpiekniek in die Tankwaveld.
25
FEB
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 58
Oom Blikkies en Stephen word besoek deur Ella Conradie, en bevestig dat die polisie se forensiese afdeling die beendere wat in die grot saam met die goud gevind is, dié van Anglo Boere-oorlog-soldate is.
24
FEB
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 57
Oom Hannes keer terug van die Kalahari, en tannie Lizzie probeer al die drama wat op die plaas gebeur het van hom wegsteek. Jolene en Morné verfilm die beendere by die grot saam met Wilmien.
23
FEB
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 56
Chris verras oom Blikkies in die grot terwyl Ella Conradie gesprek voer met die beendere wat in die grot gevind is. Wilmien daag by die grot op en vra André om Chris daar weg te kry. Chris dreig vir Wilmien, en André tree tussenbeide en word per ongeluk geskiet.
22
FEB
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 55
Tannie Lizzie wil oom Hannes verras met ’n nuwe uitrusting wanneer hy terugkeer van die Kalahari, en vra Jolene om saam met haar dorp toe te gaan. André en Chris kom op Stephen se bakkie af in die veld, en vind die grot waarvan hulle verneem het almal praat.
19
FEB
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 54
Wilmien en haar filmspan besluit om Chris Schutte en haar broer skelm te verfilm terwyl hulle twee opsoek is na die grot op die plaas. Jolene wil by Morné weet of hulle wel die Krugerponde gevind het.
18
FEB
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 53
André en Chris Schutte daag onverwags by die plaas op. André is ontsteld dat sy ma hulle verlaat het. Chris Schutte probeer by Wilmien uitvis waar die grot is waar tannie Lizzie vasgesit het.