

22
JAN
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 34
Lizzie vra Wilmien of sy saam kan gaan kyk as hulle vir Maryna verfilm, want sy wil graag sien hoe lyk die ou skuur se omskepping in ’n eko-eenheid. Morné dink Jolene stel weer belang in hom omdat sy 'n verjaardagpartytjie vir hom gereël het.
21
JAN
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 33
Jolene maak aanvanklik asof sy nie weet dis Morné se verjaardag nie, maar verras hom later die dag met ’n sjokoladekoek met kersies op, en ’n braaivleis by die kampeerterrein. Maryna vra vir André om haar padstal toe te neem om vir Blikkies te ontmoet.
20
JAN
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 32
Lizzie vertel vir Jolene dat Morné haar gevra het om vir hom ’n sjokoladekoek vir sy verjaardag bak, en Jolene besluit om Morné te verras. Stephen ontmoet vir Maryna wanneer hy na Shangri-La toe gaan om André se hulp met ’n laaigraaf te vra.
19
JAN
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 31
Wilmien konfronteer Stephen omdat hy haar nie op hoogte hou van sy en oom Blikkies se bewegings nie. Morné vind tot sy skok uit oom Blikkies het sy selfooninternetdata binne twee dae opgebruik, en sê hy sal nie kan bekostig om verder internetdata aan hom te voorsien nie.
18
JAN
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 30
Wilmien se ma, Maryna, arriveer by die Tankwa-padstal en word deur tannie Lizzie verwelkom. Morné en Jolene begin almal en alles te verfilm, soos Wilmien versoek het, maar wanneer hulle vir Wilmien self verfilm is sy ontsteld want sy is die regisseur.
15
JAN
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 29
Wilmien besluit sy gaan op Jolene se raad alles en almal op die plaas wat betrokke is by die soeke na Krugerponde, verfilm, insluitend haar ma. André maak ’n aanbod om Stephen met geld en tegnologie te help in sy soeke na Paul Kruger se verlore goue ponde.
14
JAN
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 28
Wilmien berei Hannes voor vir haar ma se aankoms op die plaas. Chris Schutte verneem hy word teruggeroep Kaapstad toe sodat hy op ’n ander projek kan werk. Blikkies besluit hy gaan nie vir Ella Conradie sien nie, want hy wil Wilmien nie verder ontstel nie.
13
JAN
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 27
Hannes voel Lizzie oortree haar grense as verblyfverskaffer aan die filmspan deur haarself as regisseur voor te doen met oom Blikkies verfilming. Wanneer Wilmien van Lizzie se betrokkenheid by haar filmspan hoor, is sy hewig ontsteld.
12
JAN
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 26
Maryna se eko-ateljee word by die ou skuur afgelaai, en Hannes is besorg dat ’n kolonie jongmense hulle op die plaas sal kom vestig. Hannes vertel vir Blikkies hoekom Lizzie al jare lank die siener, Ella Conradie, van Middelpos gaan besoek.
11
JAN
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 25
Lizzie wil by Jolene weet of Wilmien tevrede is met Hannes se onderhoud. Blikkies konfronteer vir Chris Schutte oor hoekom hy nou eintlik op die plaas is. Jolene en Morné besluit hulle gaan vir oom Blikkies verfilm.
08
JAN
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 24
Oom Blikkies en Stephen besoek die ou windpomp met aanwysings wat op die kaart aangedui is, wat André in die trommel in die skuur gevind het. Chris Schutte vra tannie Lizzie uit oor Stephen-hulle se vordering met die soeke na Krugerponde.
07
JAN
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 23
Tannie Lizzie help oom Hannes om voor te berei vir sy onderhoud wat Wilmien en haar span kom verfilm. Morné en Jolene maak vrede ná die spinnekopvoorval. Lizzie dring daarop aan dat sy by wil wees wanneer hulle vir Hannes verfilm, om hom raad te gee en te ondersteun.