VivA Afrikaans-joernaal

Wetenswaardighede oor Afrikaanse taalkunde en Afrikaans in die algemeen, asook voorlesings van VivA se blogs en rubrieke.
Occasionally English South Africa Language Learning · Arts
95 Episodes
24 – 44

Versamelnaamwoorde, vers 2

In hierdie opname bepeins Sophia Kapp die onvas en onvoorspelbare versamelnaamwoorde. Voorgelees deur Karen Loots.
6 May 2022 4 min

Wurgpatat sluk is swaar sowaar

Van tuin-aartappeltjies tot aartappelbovis, stoelpatat tot warm patat. Wyl Dawid elders wortels grawe, spit Jana Luther knolle uit.
13 Sep 2019 8 min

Kaatjie en klaar

In ’n vorige aflewering in hierdie joernaal (“Gawies, japies, en brawe Hendrikke”, 19 Oktober 2018) vertel Jana Luther van Afrikaanse mansname wat in ou uitdrukkings mense in die algemeen, asook diere en gepersonifieerde dinge aandui. Op Vrouedag luister iemand daarna en vra: Waar is die vroue dan? Hulle is minder,…
17 Aug 2019 8 min

Bord, bordeel, van tafel tot bed

Bord, bordeel, van tafel tot bed (Jana Luther). “Waar kom die woord ‘bordeel’ vandaan?” vra ’n Hollander op Twitter terwyl ’n klub vir volwasse vermaak terselfdertyd in Suid-Afrika in die nuus is. “Bordeel.” ’n Prima voorbeeld van hoe ’n eenvoudige woord in betekenis kan gedy wanneer sprekers van verskillende tale…
19 Jul 2019 10 min

Pampoen tot pampoesie

Van pampoen tot pampoesie (Jana Luther). Oor kaboepampoen; korrelkop-, kromnek- en gatruikerpampoene; bulpampoene; pampoentyd; pampoenspoke; seepampoentjies; en meer.
16 Jun 2019 9 min

Deund, wrik, hekel en snert

Deund, wrik, hekel en snert (Jana Luther). Op die spoor van taalfossiele in komplekse woorde en vaste uitdrukkings in Afrikaans.
13 Jun 2019 14 min

Hoeveel woorde van Afrika tot Sri Lanka?

Van ons menswees is taal waarskynlik die grootste kenmerk, die resultaat van die kreatiwiteit en vindingrykheid van duisende geslagte. Hoe gee woordeboekmakers aan dié anonieme en kollektiewe kuns gestalte, en hoe word hul werk gemeet? Jana Luther blaai deur die 15de deel van die Woordeboek van die Afrikaans Taal en…
3 May 2019 13 min

Pase, Pasga, hase en bolletjies

Pase, Pasga, hase en bolletjies (Jana Luther). ’n Paasnaweekepisode oor die oorsprong van die feesdae, die Joodse feesmaaltyd, die mite van die paashaas, die storie van paaseiers, en die geskiedenis van en bygelowe met betrekking tot paasbolletjies.
21 Apr 2019 9 min

SADiLaR vier Jaar van Inheemse Tale

SADiLaR vier Internasionale Jaar van Inheemse Tale (Jana Luther). 2019 is die Internasionale Jaar van Inheemse Tale (#IYIL2019). Vier saam met SADiLaR Suid-Afrika se taleverskeidenheid, want “mens sonder taal is soos slimfoon sonder apps”.
21 Mar 2019 9 min

Antjie en kie

Antjie en kie (Jana Luther). Kinderskrikverhale oor bangmaakfigure en -verskynsels kom voor in die meeste lande en kulture van die wêreld. In Ysland is daar Grýla; in die Afrikaanse folklore Doederomandro, Antjie Somers, Kettemekê, Kaaiman, Kapkaatjie, die Kappietante en nog baie ander.
8 Mar 2019 9 min

"Ken jy die see, Meneer?"

"Ken jy die see, Meneer?" (Jana Luther) Van die vervlietende wêreld van Afrikaanse vissersgemeenskappe en Afrikaans as visserstaal bied die WAT kosbare glimpe.
21 Feb 2019 12 min

Hempie-raak-my-nie

Hempie-raak-my-nie (Jana Luther). Duifie sonder gal? Of bokbek en omgemoer? Vir elke omgekrapte bui is daar in die WAT ’n beskrywing.
8 Feb 2019 5 min

Koffieklets

Koffieklets (Jana Luther). Waar kom die woord “koffie” vandaan? Wat het ons voorsate in die plek van koffie gedrink? Hoeveel spreekwoorde en uitdrukkings met die woord “koffie” ken jy? Oor “koffie” skryf die WAT lank en lekker.
26 Jan 2019 11 min

Dikstertmerries en feite soos koeie

Dikstertmerries en feite soos koeie (Jana Luther). Teenoor die spesialiswetenskap van die etimologie staan die volksetimologie van Jan en alleman; gewone mense wie se tonge oor vreemde woorde struikel, en wat dan spontaan en heeltemal onwetenskaplik, dié tongknopers by hulle eie taal, hul eie variëteit, hulle eie, unieke taalgebruik aanpas.
15 Nov 2018 5 min

Sewe opdragte vir taalonderrig

Sewe opdragte vir taalonderrig (Jana Luther). Terwyl die taalkurrikulum in Nederland ingrypend hersien word, bied die Afrikaanse Taalraad op 9 en 10 November 2018 ’n werkwinkel aan oor die ondersteuning van Afrikaansmediumonderrig en Afrikaans as vak in die Wes-Kaap. Hoe lyk die sewe “groot opdragte” wat vir die vak Nederlands…
29 Oct 2018 31 min

Gawies, japies, en brawe Hendrikke

Gawies, japies, en brawe Hendrikke (Jana Luther). In baie, veral ouer Afrikaanse uitdrukkings word algemene, alledaagse mansname gebruik om mense in die algemeen, en ook diere en gepersonifieerde dinge aan te dui; dikwels vergesel van ’n tiperende bynaam of van: Daantjie Donderbos, Karel Grootoog, Jakob Eensnaar, vrolike Frans, brawe Hendrik…
19 Oct 2018 8 min

Gent 2018: internasionale brandpunt van Afrikaans

Gent 2018: internasionale brandpunt van Afrikaans (Jana Luther). Van 4-6 Oktober 2018 is die tweede Afrikaans Grammar Workshop (AGW) as deel van vyfde Afrikaanskollokwium in Gent aangebied. Ondanks herhaaldelike versekerings deur die organiseerders dat dié aanbieding in België ’n eenmalige gebeurtenis was, was ’n handjievol Afrikaanse akademici tog ietwat beswaard…
19 Oct 2018 7 min

“Sneupe vol sneus”

“Sneupe vol sneus” (Jana Luther). Uit “bhang”, die Indiese naam vir Cannabis sativa (volgens Facebook ook “omkyktwak”), het die Konstitusionele Hof in September 2018 vir bostrekkers die benoudheid gehaal. In hierdie podsending kan jy luister na alles wat jy nog altyd van aaptwak, van mak- en wildedagga, wou geweet het.
21 Sep 2018 8 min
24 – 44