Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
19
JUN
2017

Middagvervolgverhaal

Rex wil kleinkoppie trek. Die spanning van die afgelope paar maande begin aan hom knaag. Ulrigh besef dat hulle hulp nodig sal hê. Jonathan begin al hoe meer vermoed dat Daan vermoor is. Die vraag is - het iemand nie ook vir Victoria vermoor nie? Wie gaan Ulrigh inbring om hulle te help met hulle plan?
15
JUN
2017

Middagvervolgverhaal

Adriaan en Sally praat oor die brandstigting en dat die polisie bevestig het dat die twee brande deur dieselfde persoon gestig is. Adriaan begin vermoed dat die Meyers iets daarmee te doen gehad het. Jonathan en Solly soek vir Victoria.
15
JUN
2017

Middagvervolgverhaal

Raymond voel ingehok. Margie en Solly vat hom aan oor die beleggingskema, en Rex wil hê hy moet by die plan bly. Victoria raak ongemaklik oor wat van hulle verwag word, en Raymond neem 'n besluit met groot gevolge.
14
JUN
2017

Middagvervolgverhaal

Annabel en Victoria sit vas oor Victoria se ingesteldheid oor die fees. Rex wil vir Victoria en Raymond sien. Margie kry dit reg om onder Raymond se vel in te kruip. Annabel en Margie besluit dat die klomp wat so negatief is oor die fees hulle nie onder sal kry nie.
13
JUN
2017

Middagvervolgverhaal

Maggie en Jonathan praat oor Daan se dood, en Maggie besef dat pastoor Ross meer weet as wat hy voorgee. Sy konfronteer hom met haar vrae. Rex probeer weer om Annabel se vertroue terug te wen. Raymond Ross besef dat sy verlede besig is om hom in te haal. Sal Annabel val vir Rex se mooiweerspraatjies?
12
JUN
2017

Middagvervolgverhaal

Rex wil vir Victoria sien. Die Meyers het haar gehelp, en dis nou tyd dat sy terugbetaal. Jonathan en Luann breek in Daan se woonstel in om te kyk of daar iets is wat hulle kan help om uit te pluis waarom hy in die meul was. Wat presies verwag Rex van Victoria?
09
JUN
2017

Middagvervolgverhaal

Luann kan nie glo dat Daan betrokke was by die afbrand van die Meule nie. Sy dwing oom Solly om haar na die meul te neem om self te gaan kyk. Jonathan gaan kuier by tannie Margie. Sy het besluit om van haar oorlede man se goed vir hom te gee. Luann, Solly en Jonathan gaan na die meule toe om uit te vind wat gebeur het. Wat gaan hulle daar vind?
08
JUN
2017

Middagvervolgverhaal

Luann is baie bekommerd oor Daan. Solly en Sally is by 'n nagmark in Pacaltsdorp waar hulle geld insamel vir die skool. Rex en Daan is by die ou meul om dit af te brand.
07
JUN
2017

Middagvervolgverhaal

Ulrigh gaan kuier vir Sally. Hy is nie die soort wat sonder 'n rede Karatara toe sal gaan nie. Jonathan probeer vir Luann oorreed dat Daan nie goed is vir haar nie. Ulrig verduidelik aan Daan wat hy volgende vir hulle moet doen. Sally vra Jonathan se hulp.
06
JUN
2017

Middagvervolgverhaal

Adriaan en Jonathan probeer uitvind wat aangaan op die Meyers se plantasie, en word amper gevang. Daan kry nog 'n oproep van Rex wat sy hele lewe kan verander. Sal hy vir Luann kan oorreed om saam te gaan met die plan?
05
JUN
2017

Middagvervolgverhaal

Adriaan en Solly is vooruit om die brand te gaan stop. Ulrigh kan nie glo dat Rex nie die situasie kon beheer nie. Rex beveel vir Daan om laag te lê vir die volgende week. Ulrigh en Adriaan het 'n baie ongemaklike gesprek.
02
JUN
2017

Middagvervolgverhaal

Daar het 'n groot brand uitgebreek in een van die Meyers se plantasies. Al die mans is daar om te help. Adriaan wil so gou moontlik die plantasie invaar, maar Rex wil eers seker maak dat daar 'n veilige pad in is. Adriaan het 'n plan om die brand onder beheer te bring.

49 episodes

« Back 13—24 More »