Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
05
JUL
2017

Middagvervolgverhaal

Rex soek sy pa op nadat sy planne nie uitgewerk het nie. Annabel en Adriaan probeer uitwerk wat die Meyers volgende sal doen. Ulrigh besluit om beheer te neem. Wat voer hy in die mou?
04
JUL
2017

Middagvervolgverhaal

Sally en Margie maak planne om die Meyers te uitoorlê. Rex en Anel wil van Adriaan ontslae raak. Sal Adriaan vir hulle planne val?
03
JUL
2017

Middagvervolgverhaal

Luann deel haar vermoede met Adriaan oor wat met haar oom gebeur het. Anel glo dat sy vir Margie sal kan oorreed om te trek. Adriaan konfronteer vir Rex oor wat hulle met al die mense se huise wil doen. Sal Maggie die kontrak teken?
30
JUN
2017

Middagvervolgverhaal

Ulrigh en Anel begin om die inwoners van Karatara se handtekeninge te kry om hulle huise oor te teken aan Meyer en seun. Luann en Sally gaan kyk waar Solly sy hartaanval gekry het. Sy maak 'n groot ontdekking.
29
JUN
2017

Middagvervolgverhaal

Adriaan begin die los drade bymekaar trek. Ulrigh en Anel dien hulle dokumente in vir die tender vir die skoolgeboue, en Ulrigh waarsku Anel dat Adriaan nie sonder handskoene aangevat moet word nie.
28
JUN
2017

Middagvervolgverhaal

Ulrigh is reg om 'n groot tjek te oorhandig. Daar is 'n groot ontploffing en chaos wat uitbreek. Wat het van Solly geword?
27
JUN
2017

Middagvervolgverhaal

Dis die dag van die fees. Adriaan en Solly is paraat en weet dat daar enige oomblik iets fout kan loop. Ulrigh en Rex is uitgevat in hulle deftigste en moet 'n groot tjek oorhandig. Rex en Anel besef dat Solly hulle plan gaan ontbloot en maak 'n plan met hom.
26
JUN
2017

Middagvervolgverhaal

Die Barnard-huis is in rep en roer. Annabel slaap daar oor, en Adriaan kry die harde bank in die sitkamer. Rex en Anel breek in by die feesterrein om die fees te saboteur. Solly en Adriaan kom agter dat daar iets fout is op die terrein, maar kan nie hulle vinger daarop sit nie.
23
JUN
2017

Middagvervolgverhaal

Dis die aand voor die groot fees. Oom Solly probeer aan Annabel verduidelik hoe die houtkapkompetisie werk. Adriaan oorreed Luann dat hy aan haar kant is. Sy neem hom in haar vertroue en vertel hom alles wat sy weet.
22
JUN
2017

Middagvervolgverhaal

Anel kry dit reg om die tenderdokumente vir die skoolgeboue so aan te pas dat dit die Meyers soos 'n handskoen pas. Oom Solly en Jonathan gaan haal Daan se kar, wat steeds by die Meul staan. Daar kry hulle nog bewyse dat hy saam met iemand gewerk het om die brande te begin. Anel probeer onmin tussen Jonathan en Adriaan saai.
21
JUN
2017

Middagvervolgverhaal

Almal is in rep en roer om die sportgronde reg te kry vir die fees. Solly vat beheer van die logistieke reëlings. Anel wil na die departement van bosbou toe gaan. Sy voel hulle moet Adriaan van sy mag ontneem.
20
JUN
2017

Middagvervolgverhaal

Anel begin dadelik om nuwe planne in werking te stel. Sy wil Karatara sien, en Rex neem haar. Adriaan en Sally is besig met feesreëlings. Adriaan sien vir Rex en Anel op die dorp, en weet dadelik dat hulle iets in die mou voer.

49 episodes

« Back 1—12 More »