Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
10
MAR
2017

PETER VELDSMAN: WAT DIE HART VAN VOL IS

Aangebied deur Penguin Random House
Die kos- en onthoustories van dié restaurateur en Sarie se voormalige kosredakteur is so ryk soos die botter en jerseyroom waarop hy op sy deftige Oupa en Ouma Cilliers se plaas in
die Hokoe-vallei van die Klein-Karoo grootgeword het. Maar hy vertel
ook vir Kerneels Breytenbach van liefde vind en verloor, gay-wees as ’n plattelande seun, geloof en oudword.
10
MAR
2017

SJ NAUDÉ: LEË WIT RUIMTES EN DIE POLITIEK VAN NOSTALGIE

Hoe is dit moontlik om vandag in Afrikaans te skryf? En veral as ’n mens vir en oor die wyer wêreld sou skryf? En is daar enigiemand wat nog oor
50 jaar Afrikaanse fiksie sal lees? Dit is van die vrae wat SJ (Fanie) Naudé, die 2013 Jan Rabie en Marjorie Wallace- beurshouer vir Alfabet van die voëls, vra in sy Jan Rabie en Marjorie Wallace- gedenklesing van verlede jaar by die Universiteit van Wes-Kaapland
10
MAR
2017

HERMANN GILIOMEE: HISTORIKUS,
’N OUTOBIOGRAFIE

Aangebied deur NB-Uitgewers
Hy word as ’n wêreldklas-geskiedkundige gereken. Sy magnum opus, Die Afrikaners, het nie net die Jan H Marais-prys verower nie, maar is in die proses om verfilm
en op kykNET uitgesaai te word. Albert Grundlingh lei die gesprek met Hermann.
10
MAR
2017

KARINA SZCZUREK:
THE LIFE AND TIMES OF THE FINAL MRS BRINK

Ingrid Winterbach talks to Karina about her life with one of our most celebrated and controversial novelists, André P Brink, and her forthcoming memoir, The Fifth Mrs Brink/Die vyfde mev. Brink. She was 29 when they were married, he 71. They shared 10 years of married life, never being apart, before he died on
a plane next to her and she landed in what she calls ‘the foreign land of grief ’.
10
MAR
2017

DIE UITGEWERSWESE – WAT’S NUUS, WAT’S WARM, WAT KOM?

Van Pokémon Go tot Brexit, oudioboeke tot ’n al hoe sterker papierboek,
Ferrante tot Knausgaard – wat is die jongste neigings in die internasionale boekwêreld? Jonathan Ball se Jeremy Boraine, Marga Stoffer van NB, en Penguin Random House se Melt Myburgh gesels met die hoof van die US Woordfees se Skrywersprogram Elmari Rautenbach.
10
MAR
2017

DEON MEYER EN KARIN BRYNARD:
VAN FEITE TOT PAPIER

Hoe lyk ’n wêreld waarin honde vir hulleself moet sorg? Wat gaan word as ons eerste mense verdwyn? Ernstige vrae, maar seepglad in misdaadfiksie ingeweef. Antropoloog en ekoloog Dave Pepler gesels saam oor feite wat (misdaad)storie word; Rudie van Rensburg stel die vrae.
09
MAR
2017

HARRY KALMER:
OP SOEK NA BRAM FISCHER

Aangebied deur Wits University Press
Harry wou ’n toneelstuk skryf wat mense roer soos net teater kan. Maar dit het
eers roerend lewe gekry ná sy geprekke met mense na aan Bram, soos struggle- aktivis en Rivonia-beskuldigde Denis Goldberg, die vriend in wie se arms Bram die laaste twee nagte in die tronk geslaap het. Denis kom spesiaal saamgesels wanneer Jan-Jan Joubert Harry uitvra
09
MAR
2017

MARGARET BAKKES - ONS VIER ’N LEWE

Die Stormberge is armer ná die afsterwe verlede jaar van die fier rooikopskrywer Margaret Bakkes, niggie van skryfgenoot Hennie Aucamp. Twee van haar seuns, die reisskrywer en pelgrim Johan
Bakkes en Marius, ’n joernalis, en vriendin Reneé Conradie onthou die ma agter die skrywer, wat ondanks vier robuuste kinders in die huis meer as 35 boeke en bundels gepen het.
09
MAR
2017

NEDERLANDS EN DIE INVLOED VAN DIE ‘INKOMMERS’

Moontlik gemaak deur die Kaapse Forum van Neerlandistiek en Nederlandse Taalunie
Berbers, Indies, Arubaans ... soveel kulture, soveel invloede. Wat is die impak daarvan op die Nederlandse taal en
hoe vergelyk dit met Afrikaans? Digter Alfred Schaffer, self van Arubaans- Nederlandse afkoms, gesels met die Amsterdamse skrywer Abdelkader Benali, wat in Marokko gebore is, en Pamela Pattynama, wat oor identiteit
en herinneringe aan Indië skryf.

78 episodes

« Back 13—24 More »