Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
19
JUN

#JouMenseMyMense 19 Junie 2018

Hendrik Brits is ‘n enkelpappa wat van Mei maand af as sekuriteitsbeampte werk by Laerskool Hermanstad – die skool waar ons span laas week gekuier het vir ons #Skoolmetdiebestegees projek. En Hendrik moes duidelik indruk gemaak het, want soveel van GROOTfm se personeel het kom vertel van hierdie pappa wat elke oggend reeds 05:30 op sy pos is vir sy dag se skof wat eintlik eers 06:00 begin tot 5 uur die middag. Wanneer die skool Vrydag sluit en die kinders en onderwysers en baie van die ouers ook met vakansie gaan, sal Hendrik daar wees om die skool op te pas. Hy het voorheen ook vir ‘n sekuriteitsmaatskappy gewerk en daarom het hy geweet hy kort ‘n uniform om professioneel te lyk – wat hy toe uit sy eie sak gekoop het tot die skool om terug betaal het. Hy verdien nie ‘n groot salaris nie, maar hy is geweldig trots op sy werk en dit stel hom in staat om vir sy seuntjie in Graad 4 te kan sorg en is ook hoe hy die skoolfonds kan betaal elke maand. Die onderwyers getuig hy is altyd dankbaar, altyd nederig en altyd daar op te dien. GROOTfm 90.5 is trots op elke Pa wat ten spyte van moeilike omstandighede met trots vir hulle gesinne sorg en ‘n bydrae maak in hulle gemeenskap op watter manier ook al. Danksy ons vriende, Retha Ingenbleek van SPAR Northrand en Jacques Jones van Monumentpark SuperSPAR, kan ons vandag vir Hendrik bederf met R1000 se kruideniersware! Ons het gehoor sy kantoortjie waar hy dan reeds baie vroeg aanmeld, het nie ‘n ketel nie – so ons vriende van SPAR het daarvoor ook gesorg saam met die koffie, melk en suiker! Ons kollegas het ‘n ander spesifieke behoefte by Hendrik raakgesien toe hulle Vrydag by die skool gekuier het – sy bril waarvan die een lens heeltemal gekraak is. Toe ons navraag doen by die skool, het Truleen ons vertel Hendrik het net mooi gisteroggend verlof kom vra om te kyk of hy nie iewers Maandag kan regkom met ‘n nuwe bril nie… Ons vriende van Torga Optical Wonderpark het juis vir die hele Juniemaand ‘n promosie waar enige
12
JUN

#JouMenseMyMense

Annerike Heyneke (9) van Laerskool Menlopark het tydens een van die landloopwedlope waaraan sy deelgeneem het, raakgesien dat daar atlete saam met haar hardloop wat nie een tekkies het nie. Hulle het nie eers ‘n stel klere van hulle eie gehad nie en moes tussen die hardloopitems die gehawende en flenter klere uittrek om vir die volgende een aan te gee. Dit is ‘n groep van 65 atlete van Modiba Olieven Atletiekklub in Olievenhoutbosch. Hulle word deur David Modiba afgerig wat 15 jaar gelede die klub geregistreer het. Toe hulle bietjie uitvra, het David vir Annerike en haar ma, Aneli vertel dat baie van hierdie behoeftige atlete Maandag tot Vrydag elke middag getrou kom oefen net omdat hy vir hulle kos gee by die oefening. So begin Annerike haar “Tekkie Buddies” projek om vir hierdie atlete tekkies in te samel, want sy wil sien dat hulle net so voluit kan deelneem aan die sport wat sy so geniet. Sy kon al 50 pare tekkies insamel en het by die laaste byeenkoms vir 30 atlete hulle inskrywingsfooie en vervoer betaal en ook ‘n kospakkie gegee met geld wat sy al ingesamel het. Intussen het Annerike en 27 van David se atlete die Gauteng-Noord landloopspan gehaal wat nou Saterdag, 16 Junie, op Jeugdag in Zeerust gaan deelneem aan die Interprovinsiale byeenkoms. Danksy ons vriende van SPAR en spesifiek Jacques van Monumentpark SuperSPAR, kon ons vanoggend vir elkeen van die atlete ‘n cool bag met padkos gee vir die naweek se reis na Zeerust ter waarde van R2800! En as deel van ons #blikkiesenbaadjies Winterprojek, kon ons, met komplimente van Christien van den Berg van Cotton dot Co, vir elkeen van David se 65 atlete ‘n splinternuwe baadjie skenk ter waarde van R14 500! #Jeugdag #FindYourWingz
29
MAY

#JouMenseMyMense

Henru Grobler was maar 8 maande oud toe hy in 2001 saam met sy boeties en sussie in ‘n motorongeluk was. Sy ma en pa was besig om te skei en Pappa Hendrik was nie daardie dag by toe dit gebeur het nie. Hy het die oproep gekry en dadelik gery na die ongelukstoneel op die N3. Henru het op sy ma se skoot gesit tydens die botsing. Hy het baie ernstige kopbeserings opgedoen en verstik. Die trauma berader het vir Hendrik gebel en gesê ek moet hom klaarmaak vir die ergste... Hendrik het dag en nag by Henru gewaak. Die hospitaalpersoneel het snags na 12 vir hom ‘n bed gegee om te slaap. Soggens 05:00 was hy weer by Henru. Hy kon elke vraag wat die dokter wou weet beter as die verpleegsters antwoord - tot op die milliliter wat Henru ingeneem het en hoeveel doeke. Hendrik het 80 dae se opgehoopte verlof gehad en ‘n goeie versorger vir Henru gekry. ‘n Neuro Ontwikkelingsterapeut het vir Hendrik en Roselinah by die huis kom oplei.
22
MAY

#JouMenseMyMense 22 Mei 2018

‘n Konvooi van 6 noodvoertuie van die @HiRiskUnit met opwindende ligte en sirenes het vanoggend voor Gidion du Toit (9) se huis gestop vir ‘n adrenalien-belaaide uitstappie na die Centurion Brandweerstasie!
08
MAY

#JouMenseMyMense

Tannie Annalie (63) is na 7 jaar met Lupus in Januarie 2018 met baie aggressiewe Motor Neuron Siekte gediagnoseer. Dit het haar bolyf heel eerste getref wat beteken sy sukkel om te praat, eet en asemhaal, maar sy was tot nou toe nog redelik beweeglik tot sy gister ongelukkig geval het. Sy het ‘n wonderlike sin vir humor en sal haar laaste sente vir die boemelaar gee. Toe haar man vier jaar gelede siek geword het en na 6 weke in die hospitaal ontslaan is met brein skade en dementia as gevolg van ‘n virus wat sy brein aangeval het, was sy die een wat hom nog al die tyd versorg het. Tannie Annalie en haar man het na die diagnose van die Kaap af by haar dogter en hulle gesin ingetrek. Met die besef dat die dokter haar ‘n maksimum van 1- 2 maande gee om te leef, het haar dogter ons genader om hierdie droom te help bewaarheid… Tannie Annalie het deur soveel swaarkry nog altyd krag gevind in haar geloof en ‘n rustigheid in Manie Jackson se musiek. Sy het elke konsert in die Strand bygewoon tot sy nie meer kon nie en luister sy CD’s oor en oor… Inteendeel, elke aand lê sy met die foon teen haar oor en luister sy musiek tot sy aan die slaap raak… Soos Natasha sê: “Daar is so min wat ek kan doen om die pyn en agteruitgang beter te maak, maar ek moes ‘n kans vat om te hoor of Manie nie bereid sal wees om een keer vir my ma te kom sing nie…”
24
APR

#JouMenseMyMense saam met SPAR – 24 April 2018

Maria Bere is ‘n huishulp en ‘n enkelma wat hard werk om vir haar kinders ‘n beter toekoms te kan gee. Haar een dogter, Octovia, het ‘n beurs gekry en studeer hierdie jaar Skakelwese en kommunikasie deur UNISA. Op die 20ste Maart was Octovia ‘n slagoffer van ‘n gewapende roof toe sy met ‘n taxi gery het. Die man het ‘n mes by hom gehad waarmee hy die mense gedreig het. Hy het Octovia se laptop, selfoon en handboeke gesteel wat haar ma met hardverdiende geld vir haar gekoop het en nou is daar net eenvoudig nie geld om enige van hierdie items weer te kan vervang nie. Een van die gesinne vir wie Maria werk, kon vir Octovia help met ‘n ou laptop, en Octovia het self ‘n duisend rand bymekaar gemaak waarmee sy so amper die helfte van haar studiemateriaal weer kon vervang. Toe ons hoor wat met haar gebeur het, was daar nog R1500 se handboeke wat sy weer moet aankoop en ook maar ‘n behoefte vir ‘n selfoon sodat sy as jong meisie in kontak kan bly met haar mense, kan kommunikeer en laat weet waar reis sy wanneer. Danksy ons vriende van SPAR Northrand en spesifiek Monumentpark SuperSPAR, kan ons vandag vir ma Maria bederf met ‘n bietjie kruideniersware om net weer vir ‘n maand voor te kom na hulle boeke moes koop en toe weer vervang. En vir Octovia – danksy anonieme borge, kan ons vandag R2000 gee om die laaste handboeke wat sy nodig het weer te koop EN vir ‘n selfoon!

72 episodes

« Back 1—12 More »