Klitsgras en Sekelbos

GROOTFM 90.5  |  Podcast , ±8 min episodes every 2 weeks, 6 days  |  Broadcast schedule  | 
Storievertel is ‘n kuns wat almal geniet. Veral om die kampvuur, in die wilde bosveld met die naggeluide rondom jou. Maar sulke ervarings en kuiers, raak redelik skaars. Klitsgras en Sekelbos is ‘n tipiese, heerlike kampvuur- en storievertelprogram. Of dit gaan oor jag, hengel, die natuur, ervarings met leeus, olifante wat storm, toere in Botswana, die Serengeti of selfs oor begrafnisse, spoke en die donker - mense se ervarings, stories en gebeurtenisse word gedeel. Soms is dit ernstig, soms is dit net verrassend en ander kere skreeu-snaaks. Natuurlik sal die waarheid nooit verdraai word nie – dit word sommer vermink. Watter hout maak die beste kole maak – rooibos, kameeldoring of mopanie? Watter vleis braai die lekkerste? Wie weet die meeste van vleisbraai? Van die gereelde gaste is : Alex Smith – met sy “gaat”koffie en vertellings oor die “Ka’lari”, Kaokoland, Botswana en toere in Afrika. Jurie v. d. Walt se grappies en kwinkslae en Louis Olivier se 45 jaar in die Kruger Wildtuin. Sy aangrypende verhaal van sy geveg met ‘n vier meter krokodil - steeds hoendervleis. Dan is daar nog prokureur Pierre du Preez wat altyd die waarheid praat, Piet Cruiser Landcruiser – baie geheimsinnig, Petrus Nel wat die hele S.A. al plat geklim en gestap het. Aanbieder : Kobus Rudolph. Sedert 1984 by Radio SA, TV & SAUK en vir 18 jaar die HUB van Radio Rippel 90.5 gewees. Hy tans is ‘n lektor in Radio, bied Noord-Sotho klasse aan, is vryskutaanbieder en doen radio- en advertensieproduksies. En natuurlik, word daar altyd na Klitsgras-gaste gesoek, wat dalk met ‘n draai, oor die lewe en dinge kan gesels. Bel gerus : Sel : 082-969-0907 of - kobusr@absamail.co.za

Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
12
MAR

BUITE : SWARTBAARS EN VISSE - ONS VARSWATERDAMME

Kan mens varswatervis eet, of proe dit dalk te veel na modder? En indien jy dit wel kan eet, watter varswatervis smaak die lekkerste? Kobus Rudolph gesels met Kobus Hermitage – hengelskrywer, spanbestuurder en hengelafrigter al vir jare - en Rennie Sada, ‘n Protea hengelaar en ‘n legende in varswaterhengel in die program BUITE hier op Grootfm - vanaand om 9. Hulle gesels oor die kwaliteit van ons damme en water en die bedreiging van visspesies soos die Karp en Swartbaars op ons inheemse spesies. Kan mens varswatervis eet? Dit hang deesdae ongelukkig af in watter dam jy die vis vang – want ons damme is tans te veel besoedeld. Rennie vertel meer oor die oorbevolking van swartbaars in die Loskopdam asook die honderde klein karpe wat tydens hengelkompetisies gevang word. Die groot visse het net skaars geword. As jy ‘n swartbaars van 1.5 kilogram vang, haal die vis uit, want dit is hierdie grootte vis wat geweldig eet en groei en ons ander inheemse spesies opeet. BUITE elke Maandagaand om 9 – en hoor gerus by Rennie watter tegnieke hy gebruik om seker te maak dat hy sy vis kry.
07
MAR

KLITSGRAS EN SEKELBOS : Met Johan Klopper van 4 x 4 Kungwini en Afrika Stories

As jy 'n plaas koop en daar is 'n rooi koppie op met Koedoes, dan word jou plaas Rooikop of Koedoeskop genoem. As daar 'n berg is met baie kalkklipe noem jy dit Kalkberg. maar wat noop jou om 'n plaas "Glaar" te noem? Johan Klopper vertel hoe hy in die maer jare 4, 4 x 4 toere gereël het sonder om self eers 'n 4 x 4 te hê - dan klim hy op 'nb trein en ontmoet die mense iewers op 'n bestemming. Margueriet Jones vertel van die korrupte polissie in Zimbabwe en Willie van Niekerk gesels oor versamelneste in Namibië.
www.facebook.com
28
FEB

Koos Bronkhorst, sy broer ds. Willem Bronkhorst en Jurie v d Walt gesels oor Koos se oompa-dae en hoe om R20.00 te rek.

“Vanaand om 9 op Grootfm 90.5 : KLITSGRAS EN SEKELBOS saam met Kobus Rudolph en die vuurmaker Jurie van der Walt. Hulle gaste is die bekende skilder en tromboonspeler Koos Bronkhorst en sy broer Willem Bronkorst wat sorg vir die kitaar en musiek om die kampvuur. Koos vertel van hoe hy in Swaziland gaan bly en werk het, saam met sy vrou, met slegs 20 rand in sy sak. Willem vertel ‘n staaljie oor die Briels en Kobus probeer een van hulle liedjies sing. Koos vertel ook meer van sy jare in ‘n oompa-orkes tydens feestelike bierfeeste. KLITSGRAS EN SEKELBOS vanaand om 9 op Grootfm en vanaand word daar hoender op ‘n spit gebraai!! Om 9 uur.”

35 episodes

« Back 1—12 More »