Su-an en so aan

GROOTFM 90.5  |  Podcast , ±12 min episodes every 3 weeks, 1 day  |  Broadcast schedule  | 
Su-an is ewe tuis voor die mikrofoon, op die verhoog en voor die kamera. Sy het ‘n Honneursgraad in Afrikaans en Nederlands, kan 4 musiekinstrumente bespeel en kan 7 verskillende diere se geluide maak! Sy is ook gereeld te sien as inset-aanbieder op Die GROOT Ontbyt. In 2016 én 2017 is Su-an bekroon met ‘n ATKV-mediaveertjie vir Beste aanbieder by ‘n gemeenskapradiostasie. Skakel weeksoggende tussen 09:00 – 12:00 in vir ‘n reguit, skerp, alternatiewe blik op die lewe… en so aan en Su-an. Vanaf Augustus het Su-an ‘n nuwe aktuele gleuf in haar program vanaf 11:00 – 11:30 waar daar nuus en ander aktuele kwessies met ‘n paneel bespreek word.

Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
22
MAR

#RenosterRadar Mrt 2018

Die laaste noordelike witrenoster-bul op aarde, Sudan, is hierdie week oorlede. Is kloning 'n opsie om hierdie subspesie te red? Watter ander opsies is daar? Dan is daar ook vordering in die plaaslike handeldryf met renosterhoring... Luister hier! #RenosterRadar #BonneDeBod #SuanEnSoAan
08
FEB

#RenosterRadar Feb 2018

Vir die vyfde agtereenvolgende jaar het ons meer as ‘n duisend renosters verloor… kan ons hierdie slagting enigsens keer? Wat van “driedimensioneel-gedrukte horings”? Ons gesels oook oor die nuutste (kommerwekkende) olifantstropingsyfers asook Hong Kong se moontlike ivoorverbod. Su-an (en so aan) soan maandeliks saam met bekende joernalis en kampvegter vir renosters, Bonné de Bod, om luisteraars op hoogte te bring van die nuutste verwikkelinge in die renosterstroop-krisis – in die veld, howe, wêreld, regering en agter die skerms. ‘n In-diepte, aktuele reeks met ‘n maandelikse blik op die renosterkrisis, wat jy nêrens anders gaan hoor nie. Die volgende #RenosterRadar is 22 Mrt om 10:10 op GROOTfm 90.5 (DSTV-audiokanaal 820)
www.sdbfilms.com www.bonnedebod.co.za
06
FEB

Intiem-onderhoud: Romanse en passie

Ouerbegeleiding word aanbeveel. Dis die maand van LIEFDE en Liezel en Su-an raak stuitig... en so aan! Ons gesels reguit oor 'n "make-over" vir jou huwelik en ruil 'n paar stoute wenke uit!
16
JAN

#RenosterRadar Jan 2018

Hoe gaan dit werk as daar met renosterhoring handelgedryf word soos met ‘n gewone kommoditeit? China se besluit om sy ivoormarkte toe te maak het groot opspraak gemaak, maar was die verkoop van ivoor nie reeds verban nie? #Handelsmarkte Instagram se betrokkenheid by Renosterbewaring.
www.facebook.com www.facebook.com
09
NOV
2017

#RenosterRadar Nov 2017

Waarom sloer stroopsake so in die hof? #Regsisteme #Skuldigbevindings ’n Beweerde sindikaat- leier in KwaZulu-Natal se saak is hierdie maand vir die 17de keer uitgestel! Hoekom is daar so baie vertragings… Is dit normaal en tipies vir ‘n renosterstropingsaak? Word die vertragings gewoonlik deur die beskuldigde se verdedigingsspan veroorsaak? Wat doen die staat omtrent al die vertragings? Luister en vind uit!

40 episodes

« Back 1—12 More »