12
MAR
2016

STELLENBOSCH 360: Wat maak Stellenbosch uniek?

Wat maak Stellenbosch uniek?
Fasiliteerder: Prof Andreas van Wyk
Deelnemers: Prof Wim de Villiers (US-rektor en vise-kanselier), Raadsheer Conrad Sidego (Burgemeester), Hilton Mandela Andries, Porchia Adams, Alayne Reesberg en Annemarie Ferns
Dit word dikwels beweer dat Stellenbosch ’n unieke plek is. Is dit inderdaad so?
En wat beteken dit?
12
MAR
2016

Met bier en bloed en dans en trom

frikaanse kunstefeeste en Van Wyk Louw se kultuurkritiek: In die gees van N.P. van Wyk Louw se ‘oop gesprek’ tree Tertius Kapp (2015 se Hertzogpryswenner vir drama) op as fasiliteerder vir ’n dialoog tussen twee omvattende stelle idees. Aan die een kant is Van Wyk Louw se kultuurkritiek, sedert die 1930s ʼn roer en weerspieëling van Afrikanerdenke. Aan die ander kant is die kunstefeeste as ’n ontluikende, grootliks ongeformuleerde kultuurverskynsel wat oor die afgelope twintig jaar die grootste platform vir Afrikaanse kultuur geword het. Hierdie lesing is oorspronklik aangebied as ’n voordrag by die Universiteit van Johannesburg by geleentheid van die jaarlikse NP van Wyk Louw-gedenklesing op 10 September 2015.
11
MAR
2016

In watter kerk bly God? Oor kerk-kompetisie en Godsverbruik

Met: o.a. Amos Petersen, Daleen Myburgh en Sias le Roux
Soos ’n supermark - daar is ’n kerk vir elke smaak. Kan ons van die McDonaldisering van geloof begin praat? Is kerk net nog een van die vermaaklikheidsopsies van ons dag? Mag ’n kerk bemark en wie wen hierdie resies?
11
MAR
2016

Minstens drie tale vir staatsinstansies: Laksheid of onwilligheid?

Met: Anne-Marie Beukes van die Departement Linguïstiek (Universiteit van Johannesburg) en voorsitter van die Afrikaanse Taalraad en Cerneels Lourens, prokureur en taalaktivis van Brits: 
Die Taalwet van 2012 vereis dat die 207 staatsdepartemente, openbare entiteite soos Eskom en openbare onderneming soos die nasionale lugdiens ’n taalbeleid opstel waarin onder meer met minstens drie tale rekening gehou moet word. Die Afrikaanse Taalraad het in samewerking met die Departement Linguïstiek van die Universiteit van Johannesburg vasgestel dat in November 2015 nog geen 30 persent van die instellings die Taalwet se verpligtings opgevolg het nie en dat die res dit miskien maar bloot as ’n lastigheid beskou. Gaan dit hier om laksheid of onwilligheid en ’n toegee aan die maklike uitweg van Engels ten koste van die publiek se taalregte? Of word daar nie oor die kundigheid beskik om ’n billike taalbeleid op te stel nie? Hoe moet opgetree word teenoor onwillige staatsinstansies? Wat is die konsekwensies van die huidige situasie vir Afrikaans? Die twee deelnemers bespreek al die moontlikhede van optrede: positief of negatief.
11
MAR
2016

Huldigingsgesprek: T.T. Cloete

Heilna du Plooy, Joan Hambidge en Bernard Odendaal gesels oor die werk en lewe van die geliefde digter T.T. Cloete. Hulle deel staaltjies oor hulle vriendskap met hom, sy lewe en die groot skat wat hy met sy digkuns vir ons agterlaat.
10
MAR
2016

Francis Visagie – Nanibees

Op die plaas Nanibees naby Kakamas in die Boesmanland boer Francis Visagie reeds dekades lank met sy gunsteling skaapras, die Dorper. Vir Francis is dit belangrik dat die ras waarmee ’n mens boer, in die omgewing kan aanpas. Hierdie beleid het hom in 1989 en in 1991 die titel van Meesterbewaringsboer in Kenhardt besorg. Visagie is een van die grootste Dorperboere in die land.
09
MAR
2016

Etiese mediese navorsing in Afrika: Is dit moontlik?

Moontlik gemaak deur Edwin Hertzog en Mediclinic Met: Mariana Kruger, Hoof aan die US Pediatrie en Kindergesondheid, Lyn Horn,
US Navorsingsetiekdeskundige en Navorsingsintegriteitbeampte, met Anton van Niekerk, direkteur: US Sentrum vir Toegepaste Etiek, as die gespreksleier.
Die Afrika-kontinent dra baie swaar aan siektes en epidemies. Heelwat mediese navorsing, veral deur oorsese agente, word in Afrika gedoen. Die vraag is of Afrika werklik voordeel daaruit trek, en of die Weste meer bevoordeel word deur navorsing in Afrika. Kom luister hoe deskundiges wat pas ’n boek hieroor gepubliseer het, hierdie aktuele morele vraagstuk bespreek.
09
MAR
2016

Bly of gly? Oor emigrasie na binne of na ver

Wat het geword van ’n gelowige se “roeping” en dat God jou op ’n plek en tyd geplaas het om daar ’n verskil te maak? As ’n gelowige die tentpenne optrek en groener weivelde in ander lande gaan soek, of na binne emigreer en apaties staan teenoor gebeure in Suid-Afrika, is dit nie ’n mosie van wantroue in God nie? En het materialisme,en in sommige gevalle rassisme, nie dan die oorhand gekry nie?
07
MAR
2016

Phillip Retief – Van Loveren

In 1939 maak Hennie Retief Sr sy eerste wyn (’n muscadel) op die Van Loveren-familieplaas in die Robertsonvallei. Saam met sy seuns, Nico en Wynand, bottel hulle die eerste wyne onder die Van Loveren-etiket in 1980. Uiteindelik sluit vier kleinseuns ook aan by die boerdery, vandag bekend as die vier neefs in die bedryf (handelsnaam Four Cousins). Van Loveren is Suid-Afika se grootste familie-wynmakery.

11 episodes