Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
11
MAR
2016

Nicol Stassen: Die Dorslandtrek

Aangebied deur Protea:
Van Nicol Stassen se boek sê André Wessels dit is “so omvattend en ensiklopedies van aard, dat die legkaart van die Dorslandtrek van 1874 tot 1881 vir alle praktiese doeleindes nou voltooi is”. Stassen tree in gesprek met Fransjohan Pretorius en Andries Bezuidenhout oor hierdie kragtoer.
11
MAR
2016

Willie Esterhuyse: Geagte Jahwe

Aangebied deur Naledi
In opvolg tot God en die gode van Egipte en Die God van Genesis, sluit Willie Esterhuyse dié trilogie af met Geagte Jahwe, elf briewe gerig aan God. Chris Jones gesels met die skrywer oor die stryd tussen gelowe, die ineenstorting van samelewings en hoe om na die wêreld te kyk in ʼn gees van omgee.
11
MAR
2016

Johan Bakkes: Openbaring

Aangebied deur Queillerie, ʼn druknaam van NB-Uitgewers Openbaring is ’n reisstorie wat wipplank ry tussen twee uiterstes – die skrywer en sy reisgenote besoek die koudste en warmste plekke op aarde waar mense nog leef en ’n bestaan maak, onderskeidelik die Danakil-depressie en die Siberiese dorpie Oymyakon. Kom reis saam met dié supergewilde skrywer-storieverteller tydens sy gesprek met Ernst Grundling.
11
MAR
2016

Joyce Kotzè: The Runaway Horses

Presented by Jonathan Ball
From Transvaal to Victorian England, two sets of cousins, Boer and Brit, form strong bonds which are tested on the battlefields of South Africa during the Anglo Boer War. Jonathan Amid in conversation with novelist Joyce Kotzè.
11
MAR
2016

Louis en Cora de Kock – WildeKlawer

Louis en Cora de Kock van WildeKlawer by Barkley-Wes in die NoordKaap, is Suid-Afrika se grootste uie-produsent vir sowel die plaaslike as die internasionale mark. Binne seisoen pak die maatskappy meer as 2,4 miljoen uie per dag. Hulle lewer ’n aansienlike bydrae tot die land se aartappelproduksie en verskaf omtrent 5% van Suid-Afrika se aartappels. Wildeklawer verbou ook pitlose waatlemoene.
10
MAR
2016

Robin Brown: The Secret Society

Presented by Penguin Random House
Robin Brown is in conversation with Bill Nasson about Cecil John Rhodes’s secret society. The society was set up to establish a new world order and played a key role in the governance of Britain during the Great War. It shows how Rhodes’s powerful influence persists in institutions such as the Rhodes Scholarships and the Mandela Rhodes Foundation.
10
MAR
2016

Ena Jansen: Soos familie

Aangebied deur Protea
Ena Jansen het jare lank ondersoek ingestel na die uitbeelding van huiswerkers in Suid-Afrikaanse boeke en hoe die huiswerker en werkgewer mekaar ervaar en teenoor mekaar optree. Sy tree in gesprek met Ingrid Winterbach oor haar aangrypende boek, Soos familie, wat uit dié studie voortgespruit het.
10
MAR
2016

Bettina Wyngaard: Slaafs

Aangebied deur Penguin Random House:

Vuilspel was die eerste roman in Afrikaans wat fokus op lesbiese karakters uit die bruin gemeenskap. Haar nuwe roman, Slaafs, breek grond in Afrikaanse fiksie met sy fokus op mensehandel. Melt Myburgh gesels met die bekroonde krimi-skrywer.
10
MAR
2016

Chris Schoeman: Die onbekende Van Gogh

Aangebied deur Penguin Random House
Chris Schoeman gesels met Albert Grundling oor die derde Van Gogh-broer, Cornelis, wat in Nederland grootgeword het, maar in Suid-Afrika gewerk, getrou en gesterf het. Sy boek steun op briewe en argiefstukke wat lig werp op Cornelis se verhouding met sy beroemde broer Vincent.
10
MAR
2016

Kos vir kwale

Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers
Adele van der Merwe en Jeske Wellman (Eet gesond, voel gesond:
Beveg kanker met voeding), Arien van der Merwe (Hanteer diabetes)
en Hilda Lategan (SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit)
gesels met Carmen Niehaus oor hoe die regte voeding ons
gesondheid beïnvloed en verbeter.
10
MAR
2016

Danny Fourie: Vir ewig en altyd saam

Aangebied deur Lux Verbi, ʼn druknaam van NB-Uitgewers
Adri-Louise was die redakteur van LiG en die eerste vroulike redakteur van Kerkbode. Danny werk as vryskut in die mediabedryf. Hulle het laat in hulle lewe verloof geraak, maar kort daarna is Adri-Louise gediagnoseer met fase 4 kanker. Milanie Vosloo vra Danny uit oor dié roerende verhaal van ware liefde in die skadu van die dood.

56 episodes

« Back 13—24 More »