RSG Nuus & Aktualiteit

SABC NEWS AND CURRENT AFFAIRS  |  Podcast , ±15 min episodes every 22 hours  | 
Die span van RSG Nuus & Aktualiteit hou jou op hoogte van die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure. Nuus word heeldag, elke dag in Afrikaans net op RSG uitgesaai. Luister na ons aktualiteitsprogram Monitor weeksoggende tussen 06:00 en 8:00 en Spektrum in die middae tussen 13:00 en 14:00. Op Saterdae kan jy tussen 12:00 en 13:00 na Naweekaktueel luister. En Sondae om 20:00 is Kommentaar aan die beurt. Op dié program praat die aktualiteitspan met redakteurs en kommentators oor die vernaamste nuusgebeure van die afgelope week.

Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
09
APR
1am

Monitor 9 April 2021 - Deel 2

'n Noodberaad van SADEK-leiers het gevra vir 'n streeksbenadering tot die veiligheidsprobleme in die noorde van Mosambiek. Ons bespreek 'n hofbevel wat ouers die reg gee om hulle ongebore babas te begrawe. En ons vind meer uit oor 'n moontlike vyfde fundamentele natuurkrag.
09
APR
12am

Monitor 9 April 2021 - Deel 1

Die regering het 51-miljoen dosisse Covid-19-entstof bekom, wat later vandeesmaand in die land sal aankom. 'n Kenner deel sy mening oor of die entstofverspreidingsprogram behoorlik geïmplementeer kan word. Suid-Afrika se tafeldruifbedryf het 'n rekord oesjaar gehad. Is die ANC besig om guns te wen vir die plaaslike verkiesings deur plekname te verander?
08
APR
1am

Monitor 8 April 2021 - Deel 2

Daar is onsekerheid of die polisie se DNS-rekenaarstelsel funksioneer of nie. Die Departement van Gesondheid en Pfizer het glo 'n ooreenkoms vir 20-miljoen dosisse entstof gesluit - ons praat hieroor asook ander Covid-19-kwessies. Suid-Afrika verloor die eendag internasionale krieketreeks teen Pakistan.
08
APR
12am

Monitor 8 April 2021 - Deel 1

Die plaaslike lugvaartbedryf trek nog swaar weens die Covid-19-pandemie. Ses SADC-lande vergader van vandag af om oor die militante geweld in die noorde van Mosambiek te praat.
07
APR
1am

Monitor 7 April 2021 - Deel 2

Bome groei vier keer vinniger in 'n gebied wat met koffiemoer behandel is. Die eerste rit van die Marshelikopter vind plaas van die Van Zyl-uitkykpunt af.
07
APR
12am

Monitor 7 April 2021 - Deel 1

Kenaiaanse terroriste word nou gekoppel aan die terreur in Mosambiek. Meer as 165 miljoen Amerikaners het reeds minstens een dosis Coronavirus-entstof ontvang.
06
APR
1am

Monitor 6 April 2021 - Deel 2

Die DA het verlede week met boere in die Gert Sibande-distrik gepraat wat van hulle grond afgesit gaan word. Aardbewoners hoef vir eers nie té bekommerd oor asteroïede te wees nie.
06
APR
12am

Monitor 6 April 2021 - Deel 1

Musi Maimane kap terug na die oud-leier van die DA, Tony Leon, se opmerking dat Maimane 'n eksperiment is wat skeefgeloop het. Die toutrekkery tussen inwoners van Koster in Noordwes en die munisipaliteit oor die plaaslike watersuiweringsaanleg gaan voort.
05
APR
12am

Monitor 5 April 2021 - Deel 1

Ons praat met 'n konflikontleder oor die verslegtende situasie in die noorde van Mosambiek. Die EFF en Solidariteit eis die LUR van Onderwys in Gauteng se kop.
02
APR
1am

Monitor 2 April 2021

Die Britse regering stel 'n elektroniese stelsel bekend wat oortreders op parool se drankinname monitor. In Suid-Afrika begin verkeersowerhede sogenaamde "bodycams" gebruik. In Mianmar kondig die militêre regering 'n skietstilstand van 'n maand aan te midde van 'n vergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad oor die situasie in dié land.
31
MAR
1am

Monitor 31 Maart 2021 - Deel 2

Twee kenners praat oor hoe terreurbedrywighede op die langtermyn sal uitspeel in Mosambiek, en moontlik Suid-Afrika. Ons groet 'n kollega en bekroonde joernalis in die Oos-Kaap, Veronica Fourie. Die George munisipaliteit het besluit om waterbeperkings op te hef.

2108 episodes

« Back 1—12 More »