Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
21
SEP

Middag op RSG 1

Indringerplante is 'n groot kopseer vir boere, veral in streke waar water skaars is. Die plante, wat baie vinnig versprei en water soos sponse opsuig, dra onder meer by tot 'n verlies aan biodiversiteit, verhoog die risiko van brande en veroorsaak blokkasies in rivierstelsels. Lizma van Zyl praat met twee kenners wat eerstehandse ondervinding het van die skade wat indringerplante aanrig.
21
SEP

Middag op RSG 1

Braai is een van Suid-Afrika se erfenisse wat mense oor grense bymekaarbring. Maar hoe braai mense in ander lande? Ettienne Ludick het gaan uitvind of dit werklik so baie verskil van die manier waarop ons dit hier doen.
19
SEP

Middag op RSG 1

Besighede kan nie deesdae sonder 'n webwerf oorleef nie. Sue Pyler wou by grafiese ontwerper Jolande Coetzee-De Bruin weet wat'n webtuiste laat uitstaan en uniek maak.
19
SEP

Middag op RSG 1

Pieter Geldenhuys en Juanita Vorster ondersoek die moontlikhede van die toekoms. Dit is 2 November 2035, en ons hoor hoe kuberkrakers verantwoordelik was vir vullisopeenhoping in 'n gewilde rykmansbuurt in Kanada.
18
SEP

Middag op RSG 1

Toeganklikheid tot openbare plekke vir mense met gestremdhede bly 'n kopseer omdat instansies nie behoorlik hiervoor voorsiening maak nie. Ettienne Ludick en Sue Pyler praat met Danie Marais, bestuurder by die Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremdhede, oor strande en die rol wat hulle gespeel het om te verseker dat Muizenbergstrand in die Wes-Kaap strand-rolstoele gekry het.
14
SEP

Middag op RSG 1

Jy kan geld bespaar deur mooi na jou motor te kyk, en slimmer te bestuur. Ettienne Ludick gee 'n paar wenke.
14
SEP

Middag op RSG 1

Daar is onteenseglike bewyse dat klimaatsverandering 'n uitwerking op die mens se psige het. Al hoe meer mense begin aan geestessiektes ly weens onsekerheid oor die toekoms. Boere gaan veral gebuk onder geweldige spanning. Lizma van Zyl praat met psigiater dr. John Parker oor wat mens te doen staan wanneer vrese oor klimaatsverandering en die toekoms gemoedsrus begin bedreig.
13
SEP

Middag op RSG 1

Vier vriende en 'n hond. Wie sou kon dink dat 'n televisie-animasiereeks vir so lank op die kassie sou bly om jonk en oud te vermaak. Sue Pyler gaan soek vir Scooby-Doo...
12
SEP

Middag op RSG 1

Pieter Geldenhuys en Juanita Vorster ondersoek die moontlikhede van die toekoms. Dit is 16 Augustus 2029, en ons hoor hoekom dokters gesukkel het om 'n uitbreking van malaria te identifiseer.
11
SEP

Middag op RSG 1

Fetale Alkoholsindroom is 'n groot probleem in Suid-Afrika. Ettienne Ludick praat met Jaco Louw, projekbestuurder by die Instituut vir Alkoholverwantenavorsing, oor die probleem van verwagtende vroue wat alkohol drink.
10
SEP

Middag op RSG 1

Dis Toerismemaand en die fokus is nie net op wat gedoen kan word as toeris in Suid-Afrika nie, maar ook op die broodnodige finansiële inspuiting wat dit aan die ekonomie besorg.
07
SEP

Middag op RSG 1

Vrydag 7 September is weer Loslitdag en vanjaar se tema is “Be an Everyday Hero with persons with disabilities!” . Die doel met die bewusmakingsveldtog is om geld in te samel vir persone met gestremdhede. Sue en Ettienne gesels met Danie Marais Swanepoel, bestuurder by die nasionale raad vir mense met gestremdhede.

813 episodes

« Back 1—12 More »