Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
23
NOV

Middag op RSG 1

Voor jy die pad vat na jou vakansiebestemming, is daar 'n paar veiligheidsmaatreëls wat jy in plek moet hê om te verseker dat jou vakansie sonder voorval verloop. Ettienne Ludick kyk na 'n paar van die gewildste veiligheidswenke vir die feesseisoen.
22
NOV

Middag op RSG 1

Hoe kry bekendes dit reg om altyd so goed te lyk met hulle hare, grimering en uitrustings? Sue Pyler het gaan uitvind wat 'n stilis se werk behels.
22
NOV

Middag op RSG 1

Hoeveel van die dinge wat Antoniem uit haar kinderjare onthou, het ouer luisteraars eerstehands ervaar? Destyds was grootmense glo 'n groter bedreiging as misdadigers...
21
NOV

Middag op RSG 1

Die sportwêreld span die heeltyd nuwe tegnologie in om toerusting sterker of ligter of beter te maak om vertonings te verbeter. Hoewel koolstofvesel reeds sedert die laat jare vyftig 'n opsie is, het die gebruik daarvan in sport eers laat in die jare negentig goed posgevat. Ettienne Ludick praat David Maree oor koolstofversel in fietse en die onlangse toetse oor die gebruik van die vesel in basketbalskoene.
20
NOV

Middag op RSG 1

Kul jou hier, kul jou daar… en siedaar. Dit is bekende toorwoorde wat ons al van kleins af ken. Tog is die woorde nie net gebonde aan kulkuns by kinderpartytjies nie. Volwassenes kan ook betower word met kulkuns. Werener van der Westhuizen is 'n professionele kulkunstenaar wat sy gehore terugneem na daardie kinderlike gevoel van verwondering.
17
NOV

Middag op RSG 1

Iewers oor die jare heen het die meeste van ons al kennis gemaak met die Amerikaanse sepie DAYS OF OUR LIVES. Christelle van Tonder het 'n paar feite oor hierdie gewilde sepie gaan uitkrap.
16
NOV

Middag op RSG 1

Sue Pyler sing nou al die hele week saam met al die liedjies op die radio, toe stuur ons haar vir sanglesse by Pedro Kruger…
15
NOV

Middag op RSG 1

Ondersteuners van sport sit nie net meer in die paviljoene of voor die televisie nie - hulle is deesdae ook meer aktief op hulle slimfone in die virtuele wêreld van interaktiewe sportspeletjies, veral fantasieligas.
15
NOV

Middag op RSG 1

In 'n kultuur waar ons strewe na besitreg, standvastigheid en dit wat myne is ten alle koste wil behou, leer aanvaarding van die werklikheid ons dat niks permanent is nie. Verandering is al waarvan jy seker kan wees.
13
NOV

Middag op RSG 1

Die hermeng en vermenging van musiek is iets wat al jare met ons is. Dis nou daai tegniek wat plattejoggies gebruik om ou treffers te omskep in nuwe danstreffers. Wie het dit eerste gedoen?
10
NOV

Middag op RSG 1

Sue Pyler hark vir Haidee Muller nader om meer oor hierdie sprankelende RSG-omroeper uit te vind.
09
NOV

Middag op RSG 1

Suid-Afrikaanse paaie kan 'n baie gevaarlike plek wees, maar daar is gelukkig tegnologie wat in baie motors ingebou word om bestuurders en passiers te beveilig. Martin Headger het met Albert van Urk, die ontwerper van die gratis MySOS-toepassing, gepraat om meer hieroor uit te vind.

573 episodes

« Back 1—12 More »