Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
25
FEB

DIE VIS - ERIC JG FISHER deur Fritz Klaaste

Sy voetspore is in die beton van Suid-Afrikaanse Onderwys verhard oor 'n tydperk van 41 jaar, waarvan 24 jaar as rektor van een van die gewildste onderwyskolleges in Suid-Afrika, Dower Onderwyskollege in West End, Port Elizabeth. Alumni gee onderrig dwarsoor Suid-Afrika, die VSA, Brittanje, Kanada, Australië, Nieu-Seeland, die Midde-Ooste en Oos-Asië. Hulle het ook rektore van ander kolleges geword, soos Jakes Gerwel by die Universiteit van Wes-Kaapland. Dis Vis, soos hy bekend was, was 'n besonder gedisiplineerde pedagoog wat respek ingeboesem by student, leerder, kollega en onderwysadministrasie. Ander bekendes wat met groot bewondering praat oor hom wat hulle lewe verander en in 'n nuwe rigting gestuur het,  is Springbokafrigter Allister Coetzee, die wêreldbekende kunskilder Selwyn Pekeur en Fritz Klaaste. Die onderwys het 'n reus verloor op 19 Augustus 2020 toe Eric Fisher gesterf het, 'n dag voor sy 94ste verjaardag.
11
FEB

HEMELSE HEUNINGBOSTEE UIT DIE KOUGABERGE deur Mariska Spoormaker

Dit groei op eie bodem, is deel van die fynbosfamilie en lewer 'n tee wat so lekker is dat sommige mense praat van hemelse heuningbostee. Japan voer dit per tonnemaat in, en hulle verkies die Melmont-heuningbostee wat hoog teen die Oos-Kaapse Kougaberge groei. Mariska Spoormaker het soontoe gegaan om meer te gaan uitvind.
04
FEB

EUGENE MARAIS: EWIGE ENIGMA deur Ina Strydom

Eugene Marais is vanjaar 150 jaar gelede gebore.  Sy gedig Winternag word as die eerste Afrikaanse gedig van werklik hoë letterkundige waarde beskou. Mense wat hom geken het, vertel meer van die skrywer en mens – en word die lig én donker van dié veelsydige en merkwaardige man ook vanuit ‘n hedendaagse perspektief weergegee.
28
JAN

‘N TRONK VAN PYN deur Esté de Klerk – Deel 4

‘n Tronk van Pyn is ‘n dokumentêre reeks van vier episodes wat jou op ‘n reis neem deur die daaglikse worsteling van mense wat ly aan outo-immuun, chroniese pyn- en chroniese moegheidsiektes, en hoe hulle moeisaam, maar dapper voortbeur om aan ‘n nuwe normaal gewoond te raak.  Esté praat met Silezia Pretorius wat reeds meer as 20 jaar ly aan die outo-immuunsiektes, Lupus, Scleroderma, Sjögrens en Vaskulitis. “Jy het jou goeie dae, en dan het jy jou slegte dae en dan het jy jou verskriklike slegte dae.  Dit is partykeer baie moeilik op die slegste van dae om die positiewe in die lewe te sien - om te sien: is hierdie baklei die moeite werd? Is dit nie maar net beter om tou op te gooi nie? Dis ‘n geloofstryd, voortdurend. Jy worstel met die Here en vra vrae soos: ‘Here, hoekom ek?’ Ek het geleer hoe belangrik mense in my lewe is, veral wanneer ek deur ‘n moeilike tyd gaan. Ek moes myself herontdek en ek het agtergekom ek is nie my siekte nie, ek is nie die pyn nie. My lewe is kort, my lewe het ‘n doel.” Esté, wat aan die outo-immuunsiekte, Chrohn se Siekte, ly, vertel ook haar eie verhaal oor die afloop van die vier episodes.
21
JAN

'N TRONK VAN PYN deur Esté de Klerk - Deel 3

‘n Tronk van Pyn is ‘n dokumentêre reeks van vier episodes wat jou op ‘n reis neem deur die daaglikse worsteling van mense wat ly aan outo-immuun, chroniese pyn- en chroniese moegheidsiektes, en hoe hulle moeisaam, maar dapper voortbeur om aan ‘n nuwe normaal gewoond te raak. Esté praat met die akademikus, dr. Elsabé Pepler, wat reeds die afgelope vyf dekades lank veg teen die outo-immuunsiektes Ulseratiewe Kolitis, Rumatoïde Arthritis en Ankoliserende Spondilititis. “Dit word, ek dink, nogal ‘n stryd tussen jou en jou Skepper. ‘n Mens wil natuurlik weet: hoekom ek? Dit is met groot opstandigheid wat ‘n mens jou elke dag onderhandel, want ek wil myself in alle opsigte soos ‘n normale mens sien wat vir dieselfde prys kompeteer. Dit is vir my ongelooflik moeilik om te sê: ‘Ek is nie soos ander nie.’ Ek wil dit eintlik nie aanvaar nie. Ek het besef ek gaan nooit tot suksesvolle aanvaarding kom en sê: ‘Dis perfek, dis okei dat ek hierdie siekte het nie. Ek weier om dit te doen, want dan gee ek tog aan die siekte ‘n sekere outoriteit, wat ek nie wil gee nie. Baklei maar teen die siekte. ‘n Mens word moedeloos, dit word pikswart, maar baklei tog.” Esté, wat aan die outo-immuunsiekte, Chrohn se Siekte, ly, vertel ook haar eie verhaal oor die afloop van die vier episodes.
14
JAN

'N TRONK VAN PYN deur Esté de Klerk - Deel 2

‘n Tronk van Pyn is ‘n dokumentêre reeks van vier episodes wat jou op ‘n reis neem deur die daaglikse worsteling van mense wat ly aan outo-immuun, chroniese pyn- en chroniese moegheidsiektes, en hoe hulle moeisaam, maar dapper voortbeur om aan ‘n nuwe normaal gewoond te raak. Die gewilde Afrikaanse liedjieskrywer en sangeres, Anneli van Rooyen, vertel hoe sy aanhou baklei teen die chroniese gesigsenuweesiekte, Trigeminale Neuralgie, waaraan sy al 22 jaar lank ly. “Ek is ‘n gevangene hiervan. Ek wil nie gedefinieer word deur pyn nie, ek stry met alles wat in my is, daarteen. Maar op die ou end bestaan die lewe uit dit wat jy in staat is om te doen, en ek is in staat om verskriklik min te doen. Maar ek hou aan hoop.” Esté, wat aan die outo-immuunsiekte, Chrohn se Siekte, ly, vertel ook haar eie verhaal oor die afloop van die vier episodes.
07
JAN

'N TRONK VAN PYN deur Esté de Klerk - Deel 1

'n Tronk van Pyn is ‘n dokumentêre reeks van vier episodes wat jou op ‘n reis neem deur die daaglikse worsteling van mense wat ly aan outo-immuun, chroniese pyn- en chroniese moegheidsiektes, en hoe hulle moeisaam, maar dapper voortbeur om aan ‘n nuwe normaal gewoond te raak. Retha Viviers vertel watter uitdagings die chroniese moegheidsiekte, Myalgic Encephalomyelitis, of ME, in haar lewe bied. “Jy moet fisies afskeid neem van wie jy was, want daardie persoon is net ‘n herinnering.” Esté, wat aan die outo-immuunsiekte, Chrohn se Siekte, ly, vertel ook haar eie verhaal oor die afloop van die vier episodes.
24
SEP
2020

DIE CHINESE GEMEENSKAP IN SUID-AFRIKA deur Jacqui January

Die Chinese gemeenskap in Suid-Afrika is al ouer as 300 jaar. Hulle het 'n manier om hulle te vestig met 'n eiesoortige kultuur van ekonomie en leefstyl. Die eeue oue kultuur is ingeweef in 'n Westerse kultuur, en is ook deel van die reënboognasie se lief en leed.
17
SEP
2020

DIE MUSIEKBEDRYF BY ‘N KRUISPAD deur Fritz Klaaste

Die musiekbedryf moes homself telkemale die agelope paar dekades herontwerp. Ons het die grammafoon sien kom en gaan met vinielplate, kassette, CD's en deesdae elektroniese weergawes. Die kompakskyf, wat die ruggraat van musiekverspreiding geword het, is besig om sy laaste asemteue te neem. Daar is vandag slegs een CD-pers in Suid-Afrika, en die produksiekoste het die hoogte ingeskiet. Musiek is nou bykans heeltemal digitaal, en die bedryf wat dit bemark en voorsien aan die verbruiker, moes met groot spronge probeer byhou by ontwikkeling. Selfs kunstenaars kan nie byhou met die vinnige verandering nie. Apple Music is besig om internetradiostasies daar te stel, wat toegewyd is aan spesifieke populêre kunstenaars. Met slegs die betaling van 'n klein maandelikse subskripsiefooi, het die verbruiker konstante toegang tot 'n tamaai groot aanlynmediateek. Waar staan die bedryf vandag? Fritz Klaaste het gaan ondersoek instel.
10
SEP
2020

HUISE VAN HOOP – DIE ECHO JEUGONTWIKKELINGSPROGRAM deur Hennie Maas

Die program skets die besondere projek o.l.v. Jaco Strydom waar jong mense, wat om een of ander rede die pad byster geraak het, aan die hand gevat word. Hulle word gehuisves in verskillende huise waar hulle menswees teruggegee word, en hulle voorberei word om die lewe aan te pak. Die huise is besondere plekke want hulle woon saam met ander jongmense wat ook 'n plek in die lewe soek. Elk van die huise het jong mense soos 'n argitek en maatskaplike werker wat die vader of moeder in die huise is, en na wie die jongmense kan gaan as daar probleme is.
13
AUG
2020

NP VAN WYK LOUW SE NALATENSKAP VIR DIE MODERNE GESLAG deur Johan Rademan

NP van Wyk Louw, selfs 50 jaar ná sy dood, het steeds deur sy werk die vermoë om skrywers en filosowe te inspireer. Johan Rademan gesels in 'n rondetafelgesprek met twee filosowe oor Louw se nalatenskap vir 'n moderne geslag. Prof. Louise du Toit (Universiteit Stellenbosch) kyk o.a. na die drie volkskrisisse wat Johan Degenaar en NP van Wyk Louw in 'n gesprek met mekaar gevoer het, en hoe universeel dit selfs tot vandag is. En Prof. Pieter Duvenhage (Akademia) belig drie fasette van Van Wyk Louw wat vir die modern geslag ter sake kan wees.

222 episodes

« Back 1—12 More »