Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
11
DEC

Praat Saam

Lynette Francis kry 'n oorsig van die afgelope jaar se woelinge in die parlement. Het die Nasionale Vergadering beter gevorder sonder die voormalige president?
10
DEC

Praat Saam

Die parlement het hom by die res van die land aangesluit en gesê genoeg is genoeg wanneer dit kom by misdade teen vroue en kinders, terwyl die land 16 dae van aktivisme teen geslagsgeweld gedenk. Hoe skep drankmisbruik en verslawing die klimaat vir geweld teen vroue en kinders?
07
DEC

Praat Saam

Die Staatsdiens Werknemerspensioenfonds het sy belegging van R4.3 miljard in Steinhoff se bemagtigingsaandeelhouer, die Lancaster-groep, afgeskryf. Dit is glo direk gekoppel aan die ineenstorting van die Steinhoff-aandeelprys. Wat is die impak en gevolge van verlore beleggings op die kontantvloei van die fonds en die bestuur daarvan?
06
DEC

Praat Saam

Meer as die helfte (56%) van middel-inkomste verbruikers in Suid-Afrika spandeer hulle hele maandelikse salaris in vyf dae of minder nadat hulle dit ontvang het. Dit is volgens data van FNB se kleinhandelafdeling wat middelinkomsteverbruikers kategoriseer as die wat 'n bruto maandelikse inkomste van tussen R7 000 en R60 000 verdien.Waarom spartel ons met ons skuldlas?
05
DEC

Praat Saam

Freedom of Religion SA het die Konstitusionele Hof genader om te appelleer teen 'n vroeëre uitspraak van die Hooggeregshof in Johannesburg dat lyfstraf kinderregte skend. Hoofregter Mogoeng Mogoeng het kinderregte-aktiviste uitgedaag oor die uitwerking van 'n pak slae op kinders. Mogoeng wou weet of daar ander wetenskaplike bewese metodes beskikbaar is om kinders te straf. Die hoofregter het ook onderskeid getref tussen 'n pak slae en mishandeling. Die hof het uitspraak voorbehou.
04
DEC

Praat Saam

Politieke ontleders sê die veteraanpolitikus, Patricia de Lille, het te lank gewag om haar eie party tot stand te bring vir aanstaande jaar se verkiesing. De Lille het vroeër aangekondig dat haar party, Good, amptelik in Januarie aanstaande jaar bekendgestel sal word wanneer die premierskandidate en verkiesingshandves aangekondig word. Sommige ontleders is vol vertroue dat die party goed sal vaar, terwyl ander dink die uitdagings vorentoe is te groot. Hoe volhoubaar is wegbreekpartye, en wie se verbeelding gryp hulle aan?
03
DEC

Praat Saam

Die waarnemende president, David Mabuza, sê die regering is besig om `n gesondheidsdiens te skep wat alle Suid-Afrikaners sal bevoordeel ongeag hulle ras, geslag of status. Mabuza was die hoofspreker by die nasionale herdenking van Wêreld Vigsdag in Dobsonville in Soweto. Hy het die jeug aangemoedig om verantwoordelikheid vir hulle eie lewe te neem, toetse te ondergaan en veilige seks toe te pas. Hoe hanteer Suid-Afrika tans die MIV/Vigs-uitdagings?
30
NOV

Praat Saam

Die minister in die presidensie belas met vrouesake, Bathabile Dlamini, vra nie-regeringsorganisasies en vrouegroepe om 'n databasis saam te stel van alle slagoffers van geslagsgeweld. Het die kerk 'n verantwoordelikheid om vroue en kinders te beskerm?
29
NOV

Praat Saam

Die saak tussen Afriforum en die parlement word vandag voor 'n volbank regters in die Kaapstadse Hooggeregshof aangehoor. Afriforum het die hof genader om 'n debat te verhoed oor 'n verslag van die Gesamentlike Grondwetlike Hersieningskomitee se aanbeveling dat artikel 25 van die Grondwet gewysig word om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Waar staan die proses tans?
28
NOV

Praat Saam

Die DA het bevestig dat sy hoofsweep, John Steenhuisen, slegs 'n matrieksertifikaat het, nadat die DA in KwaZulu-Natal voorgestel het dat seniorleiers in hulle party minstens 'n graad moet hê. Dit het weer die debat oor ons politieke leiers se kwalifikasies in die kollig geplaas. Is 'n graad 'n voorvereiste vir politici?
27
NOV

Praat Saam

Regters in die Appèlhof in Bloemfontein het die Swifambo-spooragentskap gevra hoe hulle vir die Passasierspooragentskap (PRASA) se tender kon aansoek doen terwyl hulle geen ondervinding gehad het nie. Die agentskap teken appèl aan teen `n hooggereghofbeslissing om sy Prasa-kontrak vir nuwe lokomotiewe op te skort. Hoe is die tenderproses veronderstel om te werk, en hoe kan dit verbeter word?
26
NOV

Praat Saam

Die ANC het aangekondig dat president Cyril Ramaphosa die R500 000 skenking wat die bestuurshoof van Bosasa, Gavin Watson, aan hom gemaak het, sal terugbetaal. Intussen ontken die EFF-leierskap dat hulle enigsins uit die VBS-skandaal voordeel getrek het. Dan was daar ook bewerings van korrupsie wat die DA teen die die oudburgermeester van Kaapstad, Patricia De Lille, gemaak het. Wat dink jy behoort die verhouding tussen politici en skenkers te wees?

50 episodes

« Back 1—12 More »