Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
06
DEC

Praat Saam

Die ANC is weer in beheer van Tshwane Metro nadat die DA-burgemeester, Stevens Mokgalapa, uit die pos verwyder is ná 'n geslaagde mosie van wantroue teen hom. Daar was ook 'n geslaagde ontseteling van die burgemeester van die Nelson Mandelabaai Metro, Mongameli Bobani, en dan het Johannesburg Metro ook 'n nuwe ANC-burgemeester. Dit alles binne twee dae. Wat lees ons in die politieke verwikkelinge in die metropole op pad na die plaaslike verkiesing in 2021?
05
DEC

Praat Saam

Die Minister van Kuns en Kultuur, Nathi Mthethwa, het die Bo-Kaap op 1 Mei as 'n erfenisgebied verklaar. Hy sê die woonbuurt is deur die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronne-agentskap as 'n erfenisgebied goedgekeur. Die agentskap het die mandaat om erfenis op 'n nasionale vlak te beskerm. 'n Voorstel om die Bo-Kaap in te sluit in die Erfenisbewarea is daarop gemik om die woonbuurt se unieke historiese karakter te bewaar. Dit is egter noodsaaklik om balans te kry tussen ontwikkeling van 'n gebied en die beskerming van die erfenis.
04
DEC

Praat Saam

Drie van die vier verdagtes in die ontvoeringsaak van die sesjarige Amy Leigh de Jager sal die feestyd agter tralies deurbring. Tharina Human, Pieter van Zyl, Laetitia Nel en Molemohi Bafokeng het verlede maand vlugtig in die Vanderbijlpark Landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel tot 9 Januarie. Nel se bogrtog is verleng. Die staat wag nog op DNS-uitslae wat sal help om die verdagtes met die misdaad te verbind. Die beskuldigdes het na bewering 'n losprys van R2-miljoen van die meisie se ouers geëis, voordat sy ongedeerd vrygelaat is. Hierdie saak het die kollig op ontvoering as misdaad geplaas. Jody Hendricks kyk na die modus operandi, statistiek en die faktore wat tot hierdie soort misdaad bydra.
03
DEC

Praat Saam

Die DA het die burgemeester van Tshwane, Stevens Mokgalapa, op spesiale verlof geplaas hangende 'n ondersoek na 'n beweerde verhouding met 'n kollega. Seksskandale het ook al leiers soos Bill Clinton, Donald Trump, Jacob Zuma en selfs Prins Andrew van Brittanje laat bontstaan. Is politici se bedsake in openbare belang?
02
DEC

Praat Saam

Die organisasie, People Against Petrol and Paraffin Price Increases, het 'n beroep op die regering gedoen om wetgewing in te stel vir die vasstelling van die petrolprys op R8 per liter. Hulle meen die regering behoort die brandstofheffing af te skaf, en eerder 'n welvaartbelasting in te stel op maatskappye op die aandelebeurs, wat wins maak uit natuurlike hulpbronne soos steenkool en ander minerale. Wat is die voor- en nadele van welvaartbelasting?
29
NOV

Praat Saam

Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum sê verbruikers moet ekstra waaksaam wees indien hulle op Swart Vrydag en tydens die feestyd aankope aanlyn doen. Die waarnemende bestuurshoof van die inligtingsentrum sê mense moenie op vreemde e-posse reageer nie omdat dit hulle blootstel aan moontlike kubermisdaad. Hoe bestuur verbruikers die versoekings van Swart Vrydag dan?
28
NOV

Praat Saam

Suid-Afrikaners sal moontlik hulle pensioen te vinnig uitput. Dit is die mening van ekonoom Mike Schussler van economists.co.za. Data in die jongste BankservAfrica-private pensioenindeks wat onlangs bekend gemaak is, dui daarop dat Suid-Afrikaners wat private pensioene kry, die fondse vinniger gebruik as wat hulle moet. Wat is die tendense met die uitbetaling van 'n pensioenfonds, en hoe ontvangers dit bestuur?
27
NOV

Praat Saam

President Cyril Ramaphosa het gemaan dat oortreders van geslagsgeweld se dae getel is. Hy sê bestaande wetgewing oor borgtog en vonnisoplegging word hersien om te verseker dat diegene wat van geslagsgeweld aangekla word, nie maklik borgtog of ligte vonnisse kan kry nie. Tientalle vroue en kinders in die land is sedert die begin van die jaar mishandel, verkrag en vermoor. Die 16 dae van aktivisme-veldtog eindig op 10 Desember. Watter hulpbronne is op grondvlak beskikbaar vir slagoffers van geweld?
26
NOV

Praat Saam

Die Gautengse LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi, sê daar is genoeg plek in die provinsie se skole. Hy het by 'n mediakonferensie in Johannesburg ontken dat die aanlynregistrasiestelsel die oorsaak van die probleme is. Hy ontken ook dat skole gedwing word om meer leerlinge in te neem as waarvoor daar plek is. Die departement verwag dat daar sowat 18,000 laat aansoeke sal wees. Wat is ouers se frustrasies met die registrasieproses?
25
NOV

Praat Saam

President Cyril Ramaphosa het opnuut die aanstelling van Andre de Ruyter as Eskom se nuwe bestuurshoof verdedig terwyl hy onder fel kritiek van die EFF, die vakbond SAFTU en die ANC-Jeugliga deurgeloop het oor die regering se beleid van transformasie. Ramaphosa sê die regering is verbind tot sowel transformasie as nie-rassigheid.
22
NOV

Praat Saam

Die hoofekonoom van Econometrix, Azar Jammine, sê ekonome verwag dat die graderingsagentskap Standard & Poor's die land se vooruitsig verder kan afgradeer. S&P gradeer Suid-Afrika tans op rommelstatus met 'n stabiele vooruitsig, maar die trae ekonomie en stygende staatskuld kan die gradeerder noop om sy vooruitsig vir die land na negatief aan te pas. Watter rol kan die kleinsakesektor speel om die ekonomie te help groei?
21
NOV

Praat Saam

Motoriste wat onregmatig op parkeerplekke vir mense met gestremdhede parkeer, sal in die toekoms met die gereg bots. Die QuadPara-vereniging van Suid-Afrika, het verlede jaar 'n Whatsapp-lyn bekend gestel waar die publiek oortreders kan aankla. Die organisasie kry daagliks klagtes oor motoriste wat op spesiale parkeerplekke stop sonder dat hulle gestrem is. Wat is van die ander uitdagings wat persone met gestremdhede pootjie, wat ons as vanselfsprekend ervaar en hulle keuses belemmer?

50 episodes

« Back 1—12 More »